Semenya kry steun van VN, uitspraak uitgestel

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Caster Semenya se regsverteenwoordiger sê die Olimpiese kampioen is “optimisties” dat sy sal seëvier in haar appèl teen die IAAF wat nuwe regulasies wil bring om natuurlike hoë vlakke van testosteroon in vroueatlete te beheer.

Semenya is optimisties dat die internasionale hof vir sportarbitrasie (CAS) die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se regulasies “onwettig, ongeldig en van geen effek” sal verklaar.

Die IAAF wil nuwe regulasies bring waarvolgens atlete wat buitengewoon hoë natuurlike testosteroonvlakke het gedwing sal word om medikasie te gebruik om dié vlakke te verlaag.

Die CAS het Vrydag gesê sy besluit sal nou eers einde April bekend gemaak word. Die besluit is aanvanklik voor 26 Maart verwag.

Dit kom ook nadat die Verenigde Nasies se Raad vir Menseregte Donderdag in Genève ’n resolusie deur Suid-Afrika aanvaar het om Semenya se reg te beskerm om as vrou aan internasionale atletiekbyeenkomste te bly deelneem.

Atletiek Suid-Afrika het die resolusie verwelkom. Die resolusie is deur Eswatini, Mosambiek, Namibië, Zambië, Zimbabwe, Burundi, Indië, Ysland en Kanada ondersteun.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in reaksie gesê die internasionale gemeenskap het ʼn plig om Semenya se regte te verdedig en te beskerm.

“Die internasionale veldtog om Semenya se reg op deelname aan wêreldwye sport te beskerm, is ʼn stryd vir alle vroue in die wêreld teen diskriminasie, seksisme en patriargie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Marius ·

Veronderstel die uitspraak is in Caster we guns- wat van al die vroue wat benadeel word ten gunste van been “vrou”?

Gert ·

Dit is een van die grootste onregte van ons tyd, dat mans as vrouens mag deelneem.

Andreas ·

Maar Cyril, Julius die ANC en die hele Afrika sal RASSISTE skree.

Buite Stander ·

Hierdie situasie gaan nou al ‘n stap verder. Daar is nou gemiddelde manlike atlete wat besig is met wettige prosedures om hul geslag te verander. Wie gaan hulle stop om teen vroue mee te ding.

Anel ·

Nou wat van die ander dames. Hoekom word hulle regte nie beskerm nie?

John ·

As die atleet nie ‘n vrou of ‘n man is nie… wie bepaal die hy of sy benaming? Semenya is met ‘n vrou getroud… so dan is hy/sy ‘n hy of sy? Ek as sy vrou ‘n baba van hom/haar verwag, wie is die pa? Alle rekords, deur vroue opgestel, gaan nou gebreek word met ‘n besluit om enige hoeveelheid tostesteroon toe te laat, wat sport dramaties gaan laat verander. Mind you kerke gaan ook anders begin lyk en dominees en modes en en en…

Anel ·

Nou wat van die ander dames. Hoekom word hulle regte nie beskerm nie?

Liza ·

Dalk moet die IAAF alle vrouens toelaat om middels te gebruik om hul prestasies te verbeter.

Andreas ·

Liza, ek is toenterjare met kortisoon behandel, destyds ‘n nuwe in SA om spermtelings te verbeter, dit het nie die gewensde uitwerking gehad nie, maar omdat dit nie reg bestuur was nie, het ek by die dood agv amper nierversaking omgdraai.

Hierdie het nou niks met die saak van Caster uit te waai nie, maar dit gee mens insig hoe dinge gemanipuleer kan word. My roep is om te besluit wat ‘n man of ‘n vrou is, die basiese soos dit in die Bybel beskryf word, en as jy iets anders is, kry ‘n ander naam vir daardie kategorie.

François du Bruyn ·

Ek wonder wat sou gebeur het as Semenya wit was?

Hanna Hoekom ·

Lankal uitgeskop gewees het! Sy sou GEEN ondersteuning van die Suid-afrikaanse regering gekry het nie.

WitBlits ·

Nogal ironies dat die regte van minderhede (seker omdat hulle nie-wit is) nou eweskielik belangrik is en ten alle koste (van normale sportvroue) beskerm moet word!
Selfs die VN raak betrokke, maar wanneer dit by blankes in SA kom is minderheidsregte nie meer belangrik nie!
Die eenvoudige oplossing is dat die IAAF ‘n nuwe kategorie vir “vroue” met ‘n testosteroonvlakke bo die normaal skep en dan kan Caster & kie daarin teen mekaar deelneem sonder om normale vroue atlete te benadeel.

Nel ·

Hierdie is ‘n tameletjie van formaat en kort beslis koning Salomo se wysheid…

HopHop ·

Die oplossing vir die IAAF is voor die handliggend!
Seuns onder 18 (hoë testosteroonvlakke) kan nie teen seuns onder 8 (lae testosteroonvlakke) deelneem nie en net so val die Semenyasaak in dieselfde kategorie. Skep hulle eie kategorie en laat die “lae testosteroon vroue kategorie” op hulle eie deelneem. Dis mos nou billik en regverdig?
Anders moet hulle gewone vroue toelaat om hul testosteroonvlakke aan te vul en dan kan hulle netso-goed-en-wel alle steroides toelaat.

Wilma ·

Francois dis ook my vraag
Hou maar dop in geval daar n baba kom. Wat sal anc dan se. Seker maar net se dis regso semenya is n vrou wat kinders ksn verwek. OH NO

Johann M van Heerden ·

Jammer maar Semenya behoort nie teen vroue deel te neem nie. Die goed is vertroulik, maar ek is seker Semenya is nie ‘n normale vrou nie. Daar behoort ‘n kategorie vir sulke mense te wees of anders moet hulle teen mans meeding.

Koos de Meyer. ·

In die. Eerste plek is dit ‘n onreg teenoor ander dames. Wat gaan die sport klomp sê as sy/hy die saak verloor. Die hele storie is lagwekkend. Wag om te sien wat gaan die uitslag wees.

Smirre ·

Tipies – Caster het interne testikels. Hy is ‘n man. Punt.

Ek stem ·

Dis net so goed die ander vroue hardloop teen n man. Is dit regverdig? Dis nou wel nie haar skuld nie, maar is dit nou so erg om die testosteroonvlakke af te bring. As sy dan nog wen, well done, dan weet ons almal sy verdien dit.

Danie Basson ·

Hy is ‘n pragtige vroutjie, getroud met .. wel, <n ander vrou. Ek ondersteun kaster as I vrou.. met testikels.

Asjas ·

Ek het al gewonder wat sal gebeur as die ander atlete net daar staan en / of glad nie opdaag nie.

Manie ·

SA is pateties as atlete sakke hulle altyd probeer om n onregverdige voordeel te kry. Daar is niks eties om die vrou te laat deelneem. Ongelukkig dink ek haar omstandighede word uitgebuit deur klomp patete wat wil probeer voorgee dat sy nie bevoordeel word

Pim ·

Ek het nog nooit soveel ‘mean’ op en aanmerkings gelees nie. SY is gebore soos sy is, sy het nie manlike uitwendige geslagsorgane nie. Hoekom mag SY nie as ‘n vrou deelneem nie. Julle is flippen ongeskik. Miskien moet die wit girls bietjie harder oefen. Die rekord isnog nie eers deur haar gebreek nie. Regtig!

Wit Atleet ·

Sy is goed, niemand Kan dit van haar af wegvat nie. Ek gun haar om te wen.
Wonder as sy Meer boobs gehad het mense minder beledigend sou wees?
As sy wit was het hulle haar dalk nie eers getoets nie.
Ek voel jammer vir haar en hoop sy wen die saak.

Wit Atleet ·

Het julle al gesien hoeveel wit lesbian atlete lyk soos mans, en dra net broeke?? Vrek baie!! Kyk bietjie 3 kampe, fietsry en comrades.

Lekker lag ·

Daar is ‘n groot verskil tussen “mean” en realiteit. Vandag moet niks mos gese word soos dit is nie. “Motherhood and applepie” is wat gehoor will word. Solank niemand geaffronteer word nie. Wel ongelukkig stem ek saam sy is ‘n man.

Carin ·

As ‘n persoon inwendige testes het met geen baarmoeder of eierstokke nie en ook nie die xx chromosoom nie, maar by geboorte as vroulik geklassifiseer is omdat die manlike geslagsorgaan nie na behore ontwikkel het nie, is dit dan regverdig om as vrou mee te ding? Ek wonder waarom word die vraag nooit gestel nie.

Gerty ·

VN…klomp ou toppies met dasse, wat net so ongeloofwaardig is soos die MRK. Selektief, voorspelbaar in hul “beslissings”

Gert van Wierdapark ·

Kom ons maak die speelveld gelyk met ander atlete – laat “Eishkom” of SAL Caster se nuwe borg(e) word! Sy gaan dan flippen min van haar wengeld sien na hul basiese aftrekkings!

Daan ·

Net een vraag, wat word dan van al die vroue wat normaal gebore is dan. Dit beteken dat hulle dan nie meer g9ed genoeg sal wees om te kan deelneem nie. Moenie net an caster dink nie, dink an die ander atlete ook. Is dit regverdig teenoor hulle. Maak n spesiale byeenkoms waar die met hoer vlakke dan teen mekaar kan kompeteer.

E.K. die eerste ·

Wonder waar kry party mense heirbo hul “feite”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.