Semenya-saak: ‘Biologie troef identiteit’

Caster Semenya. (Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein)

In sommige gevalle moet biologie identiteit troef.

Só sê die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) nadat die Switserse federale hooggeregshof vandeesweek in die guns van die hiperandrogene Suid-Afrikaanse atleet Caster Semenya beslis het.

Semenya het teen die federasie se sogenaamde DSD-bepalings (wat verband hou met hiperandrogene atlete en diegene met verskille in seksuele ontwikkeling) geappelleer.

Ingevolge die IAAF se regulasies moet DSD-atlete behandeling ontvang om hul testosteroonvlakke te verlaag tot ʼn voorgeskrewe vlak as hulle (in sekere items) steeds as vroue wil deelneem.

Die hof het Maandag bevind Semenya mag minstens voorlopig weer aan wedlope oor enige afstand deelneem. Sy hoef ook nie medikasie te gebruik om haar testosteroonvlakke te verlaag om dit te kan doen nie.

Die hof het die IAAF beveel om die bepalings, wat atlete soos Semenya verhoed om aan wedlope tussen 400 m en ʼn myl deel te neem, dadelik op te skort.

Die IAAF het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van die beslissing en dat dit nie betrekking het op enige ander atleet, anders as Semenya wat die appèl ingedien het nie. Die hofbevel geld tot 25 Junie 2019 wanneer die IAAF in die hof op die kwessie moet reageer.

Die IAAF sê hy het nie die geleentheid gehad om aan die hof te verduidelik waarom DSD-regulasies steeds moet geld terwyl die appèlsaak hangende is nie.

“Die IAAF respekteer individue se persoonlike waardigheid en steun die maatskaplike beweging om mense in die samelewing te aanvaar met die wettige geslag of geslagsidentiteit wat hulle gekies het.

“Die IAAF is nogtans oortuig daar is sommige gevalle, waarvan sport een is, waar biologie identiteit moet troef.”

Caster Semenya. (Foto Facebook/IAAF)

Die IAAF sê hy glo die reg om aan sport deel te neem is nie terselfdertyd ʼn reg om self oor jou identiteit te besluit wanneer aan ʼn byeenkoms deelgeneem word nie, of om daarop aan te dring om by ʼn byeenkoms ingesluit te word, óf om ʼn spesifieke item te wen, sonder dat die geldige sportreëls of kriteria in ag geneem word nie.

“Dit is aanvaarbaar vir sport in die algemeen en die IAAF in die besonder, om ʼn beskermde kategorie vir vroue te skep en om kwalifikasie daarvoor op biologie, en nie geslagsidentiteit nie, te grond.”

Die federasie sê ook om die kategorie op enigiets ánders as biologie te grond, sal beteken daar is geen nut vir ʼn vrouekategorie nie en dat dit jong meisies wêreldwyd gaan ontmoedig om ná puberteit met mededingende en elite sport voort te gaan.

Die IAAF sê hy vra vir ʼn spoedige omkeer van die voorlopige bevel, sodat die DSD-bepalings vir alle geraakte atlete geld. Dit moet gedoen word om onder meer verwarring onder atlete en byeenkomsorganiseerders uit te skakel en om die integriteit van die sport te beskerm.

Hy gaan ook te gelegener tyd sy DSD-regulasies in die hof verdedig.

Semenya, ʼn Olimpiese medaljewenner, se stryd teen die IAAF se bepaling duur nou al maande lank. Haar saak word onder meer gesteun deur die Wêreld- Mediese Vereniging (WMA), wat glo die bepalings is teenstrydig met sy basiese, etiese beginsels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jimmy ·

Eenvoudige oplossing: Sodra Caster of enige van haar maters inskryf vir ‘n IAAF byeenkoms moet die item(s) waaraan hulle wil deelneem eenvoudig net geskrap word van die program.

welkom ·

Chris Du Preez
Ek stem saam met jou. maar die IAAF is selektief teen wie hy wil optree.
Indien dit regdeur die bank toegepas word, kon geen persoon sê dit is nie regverdig nie.

sweis ·

Of die ander deelnemers moet onttrek dan kan sy allen hardloop ,dikvelligheid.

piet piet ·

N skande, regverdigheid het nie geseëvier nie die ander deelnemers het nie n gelyke kans nie net soos minderhede in hierdie piesang republiek.

Asjas ·

Dis net so goed ek skryf in vir gestremdes se items, natuurlik gaan ek mos wen, altans ek hoop so.
Hoe vergelyk CS se tye met die van mans?

Perspektief ·

Alhoewel Caster nou wel die Suid-Afrikaanse rekordhouer is vir die 400 en 800m, en ook al ‘n paar medaljes gewen het by die Olimpiese Spele, is sy nie die huidige wêreldrekordhouer in enige van die items nie. So ver ek dit het is sy nie eers die Afrikarekordhouer nie. So sy is huidiglik dalk wêreldwyd die vinnigste in hierdie items, maar in vergeleke met vroue uit die verlede is daar heelparty wat vir haar sou weghol. Veral Russe, Duitsers, Keniane en Pole. En nee, haar tye is baie swakker as die van mans en is nie eers vergelykbaar nie (dink net aan Wayde van Niekerk!!).

Baardman ·

Nee wat waaragtig ander vrouens het nie ‘n kat se kans om te wen nie en intussen ryg sy die land se geld in haar ,sy gaan die land bankrot maak soos sy aangaan,ahahahahh

Gert ·

Dankie tog die IAAF het nie oogklappe op soos al hierdie SJW’s nie, hulle sien darem in dat vroue-items geen sin maak as daar nie net vrouens aan deelneem nie. Bravo!

madels ·

Ek voel as sy deelneem as “vrou” moet die ander “vrouens” net eenvouding weier om teen haar te hardloop, dis SO eenvouding..

Alida ·

Ek dink die vroulike atlete moet n ander sport beoefen dan kan CS teen haar/homself hardloop. Geen vrou het n kans teen CS nie.

Leon ·

Die probleem kom van manlike atlete wat geslagsveranderings ondergaan. Hulle is nog manlik, maar word as vroulik geklassifiseer. Nou dink die IAAF dat Caster is ook in dieselfde kategorie, terwyl sy as vrou gebore is.
Hoekom het hulle nie gekla toe die oosblok lande hulle mannetjies gemmakte atlete Olimpiese spele toegestuur het nie. Of was daar iewers vir hulle voordeel uit daardie situasie. Was van hulle land se atlete nie dalk ook biologies verhoogde atlete nie en dit is hoekom hulle stilgebly het en nou is Caster wat ‘n vrou is vir hulle ‘n bedreiging. ‘n Mens wonder maar net aan watter voet is die skoen. Ek sê VIVA Caster.

Judge Dredd ·

Foeitog hoor – in die 80’er jare was toetse nog nie so behoorlik soos vandag.

Rupert Ashford ·

Soos die jats se was die toetse daardie jare nog ontoereikend. U sal opmerk dat verskeie sportliggame uit bv Rusland tans verban is as gevolg van “doping” skandale om ‘n herhaling van die 80s te verhoed. Russiese atlete wat bereid is om hulleself aan streng toetsprotokolle te onderwerp word individueel toegelaat om deel te neem.

Eliz ·

Sy het nie gevra of beplan om so te wees nie, sy is so gebore. Jy kan mos nie verander wie jy is of middels gebruik wat jou benadeel omdat jou natuurlike God gegewe talente onoorwinbaar is nie. Sy stel haarself en haar intieme identiteit bloot om te baklei vir waarin sy glo. Go Caster Go!

Judge Dredd ·

Mans ook – so hoekom dan nou maar nie almal saam laat hardloop nie?

Gaitsigubib ·

Yes, Eliz! Ek ek se ook mens kan dit nie verander nie.

Hendrik van George ·

Die CS saga is ‘n skandvlek op ASA en vroulike atletiek in die algemeen.

LHS ·

Is daar nie n fonds iewers vir IAAF gestig om hierdie saak te dryf in belang van vroue atletiek nie?

jaco ·

Ek wens die noordelike halfrond se wit regerings en graderingsagentskappe wil ook so tegemoetkomend wees teenoor derde wereld lande se nie-wit regerings soos wat dié Switserse hof teenoor ‘n nie-wit atleet uit ‘n derde wêreld land is.

Adam ·

Ek het in beginsel nie ‘n probleem met die IAAF se nuwe beleid nie, maar wel ‘n probleem met die feit dat hulle nie konsekwent is nie. Indien so’n beleid egvolg word moet dit teen alle vroulike atlete bo ‘n sekere testosteroon vlak geld, ongeag die item waaraan hulle deelneem. Indien hulle dit nie doen nie sal dit altyd lyk asof hulle ‘n spesifieke individu of groep teiken.

Stephan ·

Ek hoef ook nie na Semenya te kyk, of te ondersteun nie. As Semenya die vermetelheid het om die IAAF hof toe te sleep oor hul uitspraak, verloor Semenya oombliklik my respek…Semenya moet maar aanhou hardloop…”run Forest run” (Forest Gump).

LHS ·

As 56 wit dogters wat op meriete in Gauteng netbalspanne moes wees deur blatante diskriminasie uit spanne gelaat word is dit nie n probleem, maar as een Caster weens korrekte feite nie mag deelneem , word miljoene rande deur die dept sport bewillig om ten duurste dit in die howe te beveg.

bosluis ·

Deur te appelleer teen die IAAF se regulasie , erken Caster mos nou maar eintlik dat die verhoogde testosteroon haar bevoordeel. Neem die medikasie en oefen harder en wys die wêreld jy is steeds die beste…. of nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.