Semenya se inskrywing geweier ondanks hofbeslissing

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Die Switserse federale hooggeregshof het die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se jongste poging om Caster Semenya aan sy regulasies te onderwerp van die hand gewys.

Die IAAF het die hof versoek om Semenya te verbied om deel te neem terwyl die appèlsaak aan die gang is. Die uitspraak beteken egter Semenya mag voortgaan om deel te neem sonder dat sy medikasie hoef te neem om haar testosteroonvlakke te verlaag.

Ondanks die jongste uitspraak het Marokko se Atletiekfederasie Semenya se versoek om Sondag aan die 800 m-item by die Diamantligabyeenkoms in Rabat te kan deelneem van die hand gewys.

Volgens Semenya se regsverteenwoordigers is sy op 11 Junie deur die president van Marokko se Atletiekfederasie verwittig dat sy nie mag deelneem nie.

“Caster probeer tans duidelikheid kry oor die spesifieke redes vir die besluit en doen ʼn beroep op die IAAF om te verseker dat sy lidfederasies aan die wet en die hof se uitspraak voldoen.”

Volgens Semenya het sy dit oorweeg om uit solidariteit nie aan die 800 m-item deel te neem nie, tensy alle vroue vry is om te hardloop. “Geen vrou moet aan die reëls onderwerp word nie. Ek sal egter nou hardloop om die IAAF te wys dat hulle ons nie kan bedwelm nie.”

Die Olimpiese 800 m-kampioen het gesê sy is ʼn vrou, maar dat die IAAF haar weer probeer keer het om te hardloop juis oor hoe sy gebore is.

“Die IAAF bevraagteken my geslag. Dit is die oorsaak van groot hartseer en het vereis dat ek vir baie jare hormoonbehandeling moes ondergaan wat my deurentyd siek laat voel het en verhinder het om te fokus.

“Geen ander vroue moet gedwing word om hierdeur te gaan nie ten einde dieselfde regte te hê as wat alle vroue het, naamlik om te doen waarvoor ons lief is en te hardloop op die manier waarop ons gebore is,” het Semenya gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Db ·

Besef hierdie mense dat die hormoonbehandeling jou lyf seermaak. Ek het maar net gewone hormoonbehandeling gekry aangesien ek dit nodig het volgens die dokter. Dit hou verband met vrouehormoon aanvulling. Was se klomp nonsies. Dit het my ellendig laat voel en het ek dit sommer self gestaak want dit verander nie die feit dat ek sonder dit nog steeds ‘n vrou is nie. Hoekom kan die klomp mans wat so gal braak teenoor Semenya nie self op hormoonbehandeling gaan om te voel wat dit aan jou lyf doen nie. Jy kry pyne waar jy nie eers geweet het jy het plekke nie

Ongelooflik ·

Db, jy het die kat aan die stert beet. Dalks moet jy ‘n basiese idee kry wat met hormone aangaan voor jy ‘n opinie daaroor lug.

khat ·

mmmm Ek verstaan jou probleem maar jy maak nie geld iut dit nie dis wat ons se elkeen moet op selfde vlak deel neem jy kan nie n laerskool dogter in n onder negentien hokie span sit en se sy moet kompeteur nie dis belaglik jy kan ook nie n wp rugby speler dis nou man in die vroue rugby span laat speel nie hoekom nie kaster hardloop dan teen vrouens haar vlakke is selfde as die van n man

Smirre ·

Dis omtrent tyd dat die internasionale sportlui en politici begin opstaan vir wat reg is. Goed gedoen Marokko. Meeste van die sport wereld is siek vir die saga. Daar is die geleentheid om teen mans deel te neem soos die IAAF reeds gese het.

Jimmy ·

Indien Caster en haar maters inskryf vir die 400 tot myl moet die items net gekanselleer word. Hulle sal gou die boodskap kry.

sê net ·

Stem saam. Sy lyk soos ‘n man en trek aan soos ‘n man…Neem dan deel teen die mans.

Malhuis ·

Nou hoop ek net hulle het die integriteit om te staan by die besluit en nie toe te gee aan enige druk nie.

MissDemeanor ·

Super atlete is nie gewone mense nie. Ussain Bolt (en ander Jamaicans) het n mutasie wat maak dat hul spier weefsels baie vinnig saamttek. Michael Phelps se borskas is “misvorm” en maak dat hy gly deur die water soos n dolfyn. Die Sherpas in die Himalayas wat oor en oor Everest uitlkim het n mutasie wat maak dat hul meer suurstof in hul bloed kan dra…. Deesdae “dope” sport mense baie omdat gewone mense nie meer merkwaardig kan verbeter op die rekkords van vorige atlete nie. Dis net die “super mense” en die “dopers” wat merkwaardig is. Nou wil die atletiek federasie ontslae raak van mense wat natuurlik “super” vermoens het, al wat gaan oorbly is die dopers. Kyk Icarus (dokumenter oor ‘doping’ in fietsry en atletiek), amoer almal dope, en die “anti doping” agentskappe help die atlete om weg tekom daarmee….Los vir Caster uit, sy is ‘n natuurlike merkwaardige atleet.

Jacqui ·

Ek stem saam! Elke persoon wat Caster teenstaan, behoort hulle te skaam. Sy is wat en wie sy is. n YSTER vrou. Sy is merkwaardig en het super veemoeëns. Nie op n oneerlike manier bekom nie. Mens sou dink dat ons as Afrikaners sal besin oor oordeel van wie en wat jy is. Diskriminasie is vieslik en laag.

HPV ·

Nee Jacqui, nie super vermoëns nie maar manlike vermoëns, dit is waaroor die hele aangeleentheid gaan.

Kallie ·

Missy, wil jy sien dat embrios geneties gemanipuleer word om super atlete te produseer, ongeag die gevolge?

Alles waar.. ·

Ek stem sy is ons super atleet..
Maar as ek so na die opmerkings kyk kan ek sien dit is die mans wat saamstem met Moroko se besluit en die vrouens wat dit veroordeel. Wat gaan aan in die lewe. Kom aan mans, gaan staan voor die spieël en sê vir jouself dis okay om ‘n man te wees..

Jimmy ·

Gaan Google die 800 meter finaal tydends die Rio Spele. Caster her goud gewen. Atlete van Burundi en Kenya het silwer en brons gevat. Hulle is ook androgene soos Caster. Kyk na die fotos. Hulle lyk dieselfde. Die atleet wat 8ste en laaste geëindig het was 4 sekondes na Caster. Dit is ongehoord vir ‘n 800 Olimpiese finaal.

Mmmm? ·

Kan sy nie net die medikasie los en saam teen die mans deelneem?

Reinhardt ·

HPV, het Semenya manlike geslagsorgane? Indien nie, is sy mos n vrou. Ek kan nie dink dat dit engigsins meer ingewikkeld as dit moet wees nie. As sy as vrou n hoër vlak van testostoroon het dan is dit mos haar voordeel. Alle rugby spelers is byna 1.9m lank met n sterk beenstruktuur. Moet ons nou n aparte liga maak vir kort ouens onder 1.7m sodat hulle ook n kansie kan kry?

Annie Webb ·

In die lig van die malligheid in die VSA waar biologiese mans nou bloot kan “identifiseer as vroulik” en dan al die vrouenommers by ‘n byeenkoms wen, raak Caster se geval belaglik. Sy is as vrou gebore en was nog altyd ‘n vrou. Sy het bloot ‘n genetiese voordeel, soos hierbo genoem word oor verskeie ander atlete. Dié wat in dieselfde wedlope meeding as Caster, kan steeds trots wees op hul onderskeie prestasies. (Of gaan dit oor geld?) Marokko? Wie gee om? You go, Caster!

Frank ·

Reinhardt, soos ek verstaan het sy nie volledige vroulike organe nie, of so iets.

Boerseun ·

Laat dan die ander toe om hul testosteroon vlakke te verhoog na haar vlak toe

Trol ·

Hiwr kan sy nie die raskaart speel nie, so sy gaan die geslagskaart gooi. Caster, ter wille van die gewone vroue-atlete, sê ons dankie dat hulle beskerm gaan word. Baklei eerder dat mense soos jy, n eie klas kry om in deel te neem.

Jr ·

Wel missdemeanour jou argument hou nie water nie want Wayde van Niekerk het die superatlete met ” harde training ” gewen. Geen tekens van verbode middels nie.

Baardman ·

Daardie Caster van jou gaan die land bankrot maak sy wen elke item waarin sy deel is sys net selfsugtig,laat sy saam met die manne deelneem waar die kompetisie bietjie harder is dan sal sy voel hoe haar mede deelnemers voel,intussen verryk haar familie hulle.

Gert ·

@Annie jy het verkeerde inligting. Caster is nie as vrou gebore nie.

Cherokee ·

Die hele Caster Semenya sage het my nog nooit meer geïnteresseer as om berigte met bloot normale belangstelling te lees. Kommentare is egter altyd lekker leesbaar en meer interessant.

‘Alles waar’, het jy bedoel om so lekker filosofies te wees? Miskien het jy net geskryf en gepos maar, en ek kan nie werklik plaas wat so treffend is aan jou kommentaar, maar dit het op ‘n manier ‘n dieper inslag as wat jy sou dink. Jou kommentaar staan uit.

Reinhardt, as jy haar heel terloops sou ontmoet in ‘n hotelsitkamer een aand, sal jy haar uitneem vir ‘n ete? En lekker saam kuiers daarna?

Sien en verstaan waarom ek kommentare geniet.

Bul ·

Michael Phelps is ‘n man wat teen mans deelneem. Dis waar jou argument vou.

Reinhardt ·

Cherokee, soos Trevor Noah een keer gese het: Sy’s nie daai tipe vrou nie!
Maar in die lig van inligting oor haar genetika waarvan ek nie bewus was nie, is hierdie saak nogal ingewikkeld.

Cherokee ·

Nogal ingewikkeld soos jy sê, Reinhard. Soos kleurlinge al meer kere gesê het, hulle weet nie waar hulle in die politiek pas nie, want hulle is nie wit of swart nie. Dit is ook, maar miskien in ‘n veel erger graad, die tipe probleem waarmee transseksuele mense te kampe het.

Pb ·

Dankie vir n paar sinvolle opmerkings. Die paar ou omies wat so teem het in elk geval bitter min testosteroon. Go Caster…trots van Suid Afrika…jys n puik atleet

marous ·

Marokko weier en die appel kar word nie omgegooi nie . As dit Aus was het alles weer gebrand . Dis die waarheid.

Martiens ·

Sal interesant wees indien vroue atlete met ñ laer testosteroon vlak, wettig hul vlakke mag verhoog. Dalk moet alle atlete elke 5 jaar hul hormoon vlakke laat meet en dan het die met minder die geleentheid om bietjie aan te vul.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat’s volgende? Gaan studente met ‘n besondere goeie akademiese vermoëns nou moet begin pille drink om hulle dommer te maak sodat die minder goeie studente kan beter voel oor hulleself? Medikasie om jou testosteroonvlakke te onderdruk is aanvaarbaar, maar ‘n bietjie juice om jou testosteroonvlakke op te jaag is nie? What a joke…

marco polo ·

Nee Sopbeen, hulle word bloot op grond van hul ras uitgesluit.

willem Botha ·

Ek ondersteun die beslissing nou kan die ander atlete op n gelyke vlak meeding.

???? leser ·

indien iemand nou die aand die onderhoud met haar op sabc 2 nuus gevolg het en jy maak jou oe toe, sien jy in jou geestesoog ‘n swrtman wat praat en nie ‘n vrou nie
dan haar frokkie wat sy aan het is die van ‘n man s’n, ‘n vrou trek nie so aan nie

Al ·

Ek het simpatie dat sy nie ñ keuse gehad het hoe sy gebore is nie.
Maar sy het ñ keuse gemaak deur soos ñ man te leef en ñ vrou te hê. Selfs haar kleredrag is manlik.
Jammer Caster maar ek stem saam met Marokko se besluit.
Jy kan nie net ñ vrou wees wanneer dit jou agenda pas nie.

Jimmy ·

Indien Caster nederig was en aangebied het om medikasie te ontvang sou almal haar met respek en empatie behandel het, ongeag waar sy eindig.

Maxi ·

Stem 100% saam. Sy wil haar brood aan albei kante gebotter he.

Marie S ·

Sy praat ook van haar vrou. Ek sou weier om teen haar deel te neem.

Louis ·

Maklikste oplossing: Skep nuwe sport byeenkomste vir transgeslag [transgender] en hou dan Olimpiese Spele waar al drie geslagte op gelyke basis meeding.

Frank ·

Dis juis die probleem wat haar onderskei van ander transe. Sy’s blykbaar nie ‘n man wat besluit het om vrou te word nie (soos Bruce Jenner of daai Ce Ce storietjie). Sy’s blykbaar iets tussen die twee, ietsie van alles. Dis wat haar geval so moeilik maak. Ons kry haar wel jammer, maar dit beteken nie sy moet self aanmatigend word nie.

Tuptop ·

Truth to be told, daar is baie meer mense soos sy. Sommige tot n mindere mate, ander meer. Hulle was gebore met albei (swak ontwikkelde) geslagsdele. In puberteit eers, wen die geslag. Ander is dan beslis vroue, ander mans. Maar dis ongelukkig n feit dat hulle feitlik almal as dogters grootgemaak word. Dis aan almal behalwe caster self duidelik dat alhoewel sy as n dogter grootgemaak was, het die vrouedeel van haar nie gewen nie.

Maljan ·

Frank sy is nie transgender nie. Sy wil nie van geslag verander nie. Tuppot, dis n feit. Ek weet van twee hardebaard dames. Hulle was as vroue grootgemaak. Dis wat hulle ken. Nie een van die twee kon kinders hê nie. By een is onlangs bevind die uhm, manlike tools is nog in die Skrotum.

Wie weet ·

Sy het spiere soos n man sy lyk soos n man maar sy is n vrou dis nie haar skuld dat sy so gebore is nie laat sy hardloop en wen hulle Atletiek is die talent wat God haar gegee het en sy woeker daarmee Ek sien glad nie vout daarmee nie

Petrus ·

Dit is nie God se werk nie. Blameer DDT wat gebruik word om malaria te bestry. Daar is duisende Casters. Van hulle wil ook atlete word.

NET EK ·

Stem saam jou. Ai tog los die vrou uit. Sy is n uitstekende atleet. People are just jeaslous. Semenya you go for it!!

Koos ·

God het hier ‘n erge klip in die hoenderhok gegooi. Maar dis nie die enigste snaakse ding wat hy aangevang het nie. Talle mense en diere word gebreklik gebore en dan moet die dokters probeer regmaak

Ja swaer ·

Wie weet & MissD: Die atleet Semenya het onnatuurlike hoë vlakke van manlike hormone en lae vlakke van vroulike hormone. Die persoon het uiterlike vroulike geslagsdele en natuurlik is nie te blameer nie (tensy manlike hormone geneem was). Gemeet teen die gemiddelde vrou is Semenya se vroulike hormoonvlak onnatuurlik laag. Die gevolg is dat Semenya se deelname aan ander vroue-atlete ‘haar’ onregverdig bevoordeel. Die IAAF probeer die speelveld meer regverdig maak vir alle vroue-atlete. En daar is net een manier, dis deur hormoonvlakke te meet en te monitor. Semenya moet dit aanvaar en nie probeer wegkruip agter mensregte ens ens om haar onregverdige voordeel te behou nie

Kallie ·

Rondom 2012 was sy verplig om medikasie te gebruik om haar testoreen vlakke af te bring. Sy was nêrens op ‘n podium nie. Toe het die arbitrasiehof vir sport die IAAF se besuit ter syde gestel. Siedaar, madaam begin weer presteer.

Droomland ·

@Koos

Wow! Wat ‘n redenasie… Dus volgens jou is ALLES God se skuld en die mens is TOTAAL onskuldig. Wonder wie het die vrug in die tuin van Eden geeet? Dit was nie God sover ek weet nie. Toe die mens GESONDIG het, het die skepping tot ‘n val gekom en is onder die vloek. Die mens het hom self te blameer, definatief nie vir God nie. Groetnis.

Jack Klok ·

Hoekom is die beginsel van “equal outcomes” polities die doelwit van die huidige regering en word mense wat “voorheen bevoordeel” was nou deur wetgewing benadeel om almal gelyk te stel, maar in die geval van Caster Semenya word daardie beginsel nie ook toegepas nie. In CS se geval moet haar natuurlike bevoordeelde biologiese toestand ten opsigte van atletiese vermoëns nie teen haar gehou word nie en die “equal outcomes” beginsel word geignoreer.

Transgender persone wat in die VSA toegelaat word om op gelyke vlak teen regte vroue deel te neem is besig om regte egte vroue so te oorheers dat hulle in sekere dissiplines soos byvoorbeeld boks vroue se lewens in gevaar stel. Ek sal graag wil sien dat vroue atlete weier om teen iemand soos Caster te hardloop omdat die speelveld vir hulle nie gelyk is nie. Caster kan dan alleen hardloop en gelykertyd eerste en laaste kom.

MM ·

Louis ek stem saam met jou. Skep dan ‘n item vir almal wat se hormoonvlakke nie normaal is nie, dan kan jy mos nou deelneem en appels met appels vergelyk. ‘n Vrou met normale hormoonvlakke kan nie deelneem teen haar nie.

TN ·

Semenya wil net ‘n vrou wees om maklike geld te verdien __ werklike vroue kan nie teen hierdie mense deelneem nie . Geslag is ook net ‘n klas soos wat ouderdom is __ neem deel waar jy hoort en daar behoort geen probleme te wees nie . Dit sal egter baie probleme oplos indien die IAAF die vroue-klas behoorlik definieer bv ; ‘n vrou se chomosomale samestelling , teenwoordigheid van normale geslagsdele , die aanwesigheid van uterus en ovaria en die afwesigheid van manlike organe soos bv testes wat hormonale probleme kan veroorsaak sodat oa testosteroon buite die normale vroulike grense val . Sonder regverdigheid sal alle sport ‘n stille dood sterf .

pieter ·

AS EK NIE NIE WELKOM IS OP N PLEK NIE DAN VERMY EK DIT, HIERDIE IS NUUS MEDIA SENSASIE, HOU OP OM HIEROOR TE BERIG EN SIEN HOE DIT STIL OORWAAI.

Wat? ·

Ag hel TN jy praat te veel, en jy probeer slim klink maar jy weet niks. Sy neem deel waar sy hoort my magtag man kom by! Sy is nie ‘n monster nie

TN ·

@ Wat __ is daar enige iets wat ek geskryf het wat nie feitelik korrek is nie ? Help my dan reg aub . Niemand sê dat Semenya ‘n monster is nie ___ ons sê dat werklike vroue nie teen hierdie mense kan deelneem nie en dat regverdigheid nagestreef moet word . Het jy iets daarteen ?

Frank ·

Ja, maar sy is nie ‘n normale vrou nie en nou ontneem sy ander briljante vroue atlete wat bitter hard oefen van prestasie en finansiele gewin. Sy is werklik ‘n moeilke geval omdat sy nie suiwer trans is nie.
Met al hierdie polities korrekte gemors wat deesdae in vroue sport aangaan, is vroue sport gedoem. Die graf word net daagliks dieper gegrawe. Sê jy iets, is jy diskriminerend, haatspraak, bigotted, transfobies, seksisties ens ens. Jy word geboelie om nie jou opinie te lig nie.

Reinhardt ·

In daardie geval moet abnormale mans wat 2.1m lank is verbied word om deel te neem aan sporte soos rugby en basketball, waar lengte vir jou n voordeel gee. Dis mos regverdig?

Lange ·

2.1 m is normaal in my gesin. Nie n teken van te min of te veel, testosteroon, estrogeen of kollageen nie.

Jan Brand ·

‘n Mens se geslag word deur sy/haar gene en chromosome bepaal, en nie testosteroonvlakke nie:
Manlik: XY
Vroulik: XX
en alles anders (XXY, ens) is tussenin.
Castor se chromosome is bepaal, maar niemand kan jou dwing om jou persoonlike mediese besonderhede bekend te maak nie. Anders as bloedtoetse waartoe alle sportmense instem.
Hoekom sê Castor nie wat haar chromosome is nie?

TN ·

@ Reinhardt __ wat het ‘n man se lengte met sy geslag te doen ? Kan ‘n o / 10 seun teen ‘n o / 19 seun deelneem ? Nee ! Dit is funksie van klasse in sport . Kan vroue teen mans deelneem ? Ook , nee . Definisie van klasse sal die meeste van die probleme oplos .

Reinhardt ·

Ekt nooit genoem dit het iets met geslag te doen nie. Lengte is n genetiese voordeel, so ook is beenmassa en testostoroon vlakke. Sekere mense is langer as ander, so ook het sekere mense meer testostoroon as ander. Net genetika bepaal geslag, soos genoem deur Jan Brand hierbo. Indien Caster XX chromosome het dan is sy geneties n vrou. Eenvoudig.

TN ·

@ Reinhardt __ Semenya se se chomosomale samestelling is bekend en dit is NIE XX nie . Jan het iewers iets gehoor maar ken onglukkig nie die variasies goed genoeg nie __ Semenya is volgens die IAAF , XXY wat in die ouer en minder politiek korrekte terme , ‘n hermafrodiet genoem was . Semenya het verder geen uterus en / of ovaria nie maar wel inwendige testes wat verantwoordelik is vir die hoë testosteroon-vlakke . Wat is meer eenvoudig as dit ? Semenya wil die brood aan alle kante gebotter hê maar dit werk gelukkig nie so nie .

Reinhardt ·

TN, dit is inligting waarvan ek nie bewus was nie. Indien waar stem ek saam met jou. Dan sal ek saamstem dat daar n klas vir XXY of wat ook al geskep moet word.

Gaitsigubib ·

Daar is so klas Reinhardt. XXY beteken jy is n man en moet dus teen ander mans meeding. Dis van die begin af bekend, maar die land moet eers weer n spektakel van homself maak voor logika gaan inskop.

stuiwer ·

Ek hou nie van Caster nie. Ek vind haar arrogant. Ek stem egter nie saam met hoe sy op die oomblik behandel word en die opmerkings wat van haar gemaak word nie. Of jy nou saamstem of nie, sy is maar ook net ‘n mens. Ek wonder waarom daar nou so ‘n bohaai opgeskop word? Sy neem mos nou al baie lank deel aan atletiek (spesifiek die items wat nou onder bespreking is)? Dis jammer dat hulle haar nou target. Dis nou nie asof sy onwettige middele gebruik nie. Sy kan ook nie help dat haar hormoonvlakke so hoog is nie. Kritiseer maar my kommentaar, maar plaas jouself ook in haar skoene. Die feit dat sy “manlike” klere dra en met ‘n vrou getroud is, moenie ook ‘n bepalende faktor wees nie. Daar is tog baie lesbieërs wat deelneem aan vroue atletiek?

Reinhardt ·

Stem saam, maar ongelukig werk logika nie gewoonlik in die kommentaar afdeling nie.

Maljan ·

Sy word nie getarget nie. Altans nie deur die IAAF nie. Sy target haarself vir politieke en beslis vir finansiële gewin. Sy weet hoekom sy geweier word. Maar daar is nie geld in haar waarheid nie. Nou bly oor ANY PUBLICITY IS GOOD (for me) PUBLICITY. Dan gaan almal in haar hoek baklei en sy trek n vet tjek in ten koste van die vroue teen wie sy deelneem. Hoekom aanvaar sy nie? Sy weet mos wat genetiese toetse haar bevind het. Van die graad het niks gekom nie, al wat sy het is weg hardloop van vroue

Nel ·

Wat is nou die plesier daarin om te weet dat jy elke keer gaan wen?? En die ander atlete dat jy elke keer maar net weer tweede gaan kom??

Riaan ·

Maklike oplossing – Skryf jouself in vir die 800m vir mans. Dan kry jy dieselfde gevoel wat die ander vrouens ervaar wanneer hulle teen jou moet meeding.

Jo ·

Ek wonder of die kommentaar dieselfde trant sou wees indien Caster nie vir Suid Afrika deelgeneem het nie, maar indien ‘n ander land die voordeel sou trek uit die testoroon vlakke?

charmaine ·

Laat haar saam met die mans hardloop hoop sy wen wonder wat gaan die verskonings dan wees. Jaloesie is n lelike ding.

TN ·

Die arme mens het niks om op jaloers te wees nie . Semenya het ‘n tyd lank die middels gebruik om die testosteroon vlakke te verlaag en het deurentyd LAASTE teen vroue gekom . Ek weet nie hoeveel jy van atletiek weet nie __ Semenya se beste is steeds so tussen 80 en 120 m,eter AGTER die laaste man wat tans aan die elite items in wêreld atletiek deelneem . Die o / 17 seuns sal vir Semenya verpletter . Die daarstelling van items vir hierdie mense lyk vir my na die enigste oplossing .

Mariana ·

Dit is jammer om haar/hom so uitmekaar te trek. Sy is so gebore maar sy lyk, praat, klink, trek aan soos ‘n man. Sy moet besluit om by die beslissing te hou of uit te tree. Die sage gaan nou te lank aan. Het sy al probeer om teen mans deel te neem?

Edd ·

Vir almal wat nou afgaan oor die lengte van rugby spelers julle praat nonsens. Daai mans se lengtes is nie abnormaal nie, dit gesê voel ek dis belangrik om by te voeg dat dit ‘n SPAN sport is. Net lank wees beteken niks nie. Dis nie ‘n hormoon wat jou herstel tyd en spier massa beinvloed nie. In enkel sporte soos boks is daar gewigs klasse jys oor daai rede. Tegniek gaan net so ver voor gewig en krag wen. Eks kort en gevolglik sukkel ek in my gewigs klas, tot doen ek uitstekend teen ander van my lengte, gewoonlik 10kg ligter. Dis nie lekker nie maar dis regverdig. Kom ons maak die nou uitdriklik verstaanbaar. As die lat laat sak word vir jou is jy nie so goed soos die wat oor sy gewone hoogte kon spring nie. As C so goed was sou C teen mans kon deelneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.