Semenya-uitspraak sal verreikende gevolge hê

Caster Semenya en haar regsverteenwoordiger Gregory Nott. Foto: (Laurent Gillieron/Keystone via AP)

Die internasionale hof vir sportarbitrasie (CAS) in Switserland het Maandag die saak begin aanhoor tussen Caster Semenya en die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF).

Semenya, tesame met Atletiek Suid-Afrika (ASA), is slaags met die IAAF aangesien laasgenoemde nuwe regulasies wil bring waarvolgens atlete wat buitengewoon hoë natuurlike testosteroonvlakke het gedwing sal word om medikasie te gebruik om dié vlakke te verlaag.

Albei partye gee toe dat die uitspraak in die saak, wat eers einde Maart verwag word, verreikende gevolge kan inhou.

Semenya se regspan het die IAAF intussen gekritiseer nadat die liggaam ʼn lys van vyf kenners se name bekend gemaak het wat hy beplan om te roep ter getuienis in sy saak. Volgens Semenya se regspan skend dié aksie die gees van vertroulikheid van die verrigtinge “in ʼn poging om die openbare mening te beïnvloed”.

Semenya se regspan het intussen ook toestemming gekry om hul lys van kenners Dinsdag bekend te maak.

Die IAAF dring aan op die noodsaaklikheid van regverdigheid en sê atlete wat as vroue identifiseer, maar wat positief toets vir hormoonvlakke van mans moet minstens hul testosteroonvlakke verlaag tot op die vlak waarin vroue val ten einde teen vroue deel te neem.

Suid-Afrika se kommissie vir geslagsgelykheid het intussen sy steun aan Semenya toegesê. Volgens die kommissie is hy gekant teen die IAAF se nuwe regulasie aangesien dit nadelig en ʼn ernstige skending van die regte van vroueatlete sal wees.

Die kommissie het gesê hy is oortuig dat die onlangse wysiging van die regulasie ʼn ernstige skending van die reg op liggaamlike integriteit, menswaardigheid en privaatheid inhou vir atlete soos Semenya wie se liggame, sonder hul eie toedoen, hoë vlakke van testosteroon produseer.

“Ons doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering as ʼn ondertekenaar van ʼn reeks internasionale protokolle en verklarings oor die regte van vroue om sy internasionale kantore en diplomatieke kanale te gebruik om druk op die IAAF te plaas om hierdie besluit te keer en Semenya en ander vroueatlete wat geraak word toe te laat om vrylik deel te neem sonder enige onetiese beperkings wat ʼn negatiewe impak op die reg tot liggaamlike integriteit het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Niel ·

ek stem saam met die voorstel. Laat daar dan ‘n groep wees waar mans/vrouens teen mekaar kan deelneem – en waar die geslag nie ‘n probleem gaan wees nie. So los dit dan die probleme op van vrouens wat mans word, mans wat vrouens word of waar testorone ‘n “rol” speel rondom die perspeksie van “onregverdige voordeel” van testorone wat daai ietsie ekstra gee of hoe ook al.

Lukie Carelsen ·

Al wat ons vra is vir REGVERDIGE mededinging. Vroue teen vroue en mans teen mans. Hoe kan iemand wat bo normale manlike testorone het as ‘n vrou meeding teen ander vroue wat normale vlakke het?

LOL ·

Ek is onkundig op die gebied; kan toetse bewys of die addisionele testosteroon kunsmatig of natuurlik teenwoordig is ?

Judge Dredd ·

Skep aparte items vir vroue met buitengewoon hoe testosteroon vlakke – dan moet Caster maar alleen hardloop.

Clairi ·

Jarmila Kratochvílová , same whatsaap group as Caster, maar haar geslag was nog nooit bevraagteken nie.

Sanet ·

JAAA…NEE…CLAIRI EN OOK NOG NOOIT MARTINA NAVRATILOVA VAN TENNIS NIE? ?
?ENN CASTER WORD GEJAG SOOS DIER,OOR IETS,WAARAAN SÝ NIKS KAN DOEN NIE…?
WREDE WÊRELD,WREDE MENSDOM EN WREDE MAROELA MENINGS…BID DIT GEBEUR NIÉ,ÓÓK MET Ñ EIE KIND, VAN JÚLLE NIE…SIES!!!!

Judge Dredd ·

Sy het in die vroee 80’s deelgeneem toe toetsing nie so goed was.

Net omdat iemand in die verlede daarmee weggekom het beteken nie dat ons maar vir ewig anderpad moet kyk nie.

Deon ·

Sanet, sy kan middels gebruik om haar testo vlakke af te bring. Sy ding tans mee teen vrouens met normale vlakke. Is dit regverdig?

Wie weet ·

Caster ek hoop jy wen hierdie saak staan op vir jou vroulike regte Dis nie jou skuld dat jy is wie jy is nie God het jou so geskape en jy is spesiaal vir hom Hoop jy wen nog baie medaljes

Vryheid ·

Asb. Wat van die regte van 99.9% van die res van die wêreld se vroue wat atletiek doen. Daar is nie tans of was ooit n regverdige wedloop deur normale vroue teen haar/hom.

Vra n klomp 4 jarige om te kies “watter een pas nie in die wedloop op die baan nie” en jy gaan waarskynlik 100% terugvoer kry, daai een is n man wat hom opmaak soos n vrou.

Dit is aan die orde van die dag dat uitsonderings voorgehou word as reëls en dit is eenvoudig teen doidgewone,gesonde logika.

Roger ·

IAAF, is ‘n klomp huigelaars. Hulle praat verskillende stories, op verskillende dae. Meeste internasionale sportbeheerliggame voer nie hul grondwette konsekwent uit nie. Almal is duidelik dat rassisme en seksisme nie geduld sal word nie, maar wat doen World Rugby byvoorbeeld, omtrent SARU se etniese voorkeure as dit by kies van spanne kom? Die antwoord is NIKS. IAAF maak van Caster ‘n verleentheid vir hulself.

Oorgewig mans word beslis soos vrouens ·

Oorgewig en obese mans word beslis soos vrouens omdat hulle meer estrogeen en ander vroulike hormone produseer weens hulle addisionele gewig. En daar is heelwat van hulle.

Obserweer ·

Wat ek wil weet is hoekom dit net vir sekere items geld. En vir sekere atlete. Ek dink dus uiters diskriminerend van die IAAF. Ek sal nie graag aan my testosteroon vlak laat karing nie sou dit eerder opwaarts wil aanpas. Dit is ook net die items waar afrika atlete skoonskip maak wat nou aan gekaring word.

Janet ·

Obserweer, ek stem. Die Indiese naelloper Dutee Chand het haar saak teen die IAAF gewen toe hulle dieselfde met haar probeer het. Maar dan domineer sy nou ook nie die 100 m nie so niemand kla oor gelyke speelvelde in haar geval nie. Hierdie hele ding is suur druiwe van atlete wat gerieflikheidshalwe ook vergeet dat hulle van kleins af die voordeel van privaatskole, sportprogramme, ens. gehad het: iets wat iemand uit ‘n brandarm agtergrond soos Caster – en Dutee – nie gehad het nie.

Johan ·

Daar is reëls en regulasies binne die IAAF waaraan alle atlete in die werêld moet voldoen, punt! Paar jaar gelede was dit die Russiese atlete en dit het gegeld vir hul ook. Wat is die probleem … voldoen en neem deel of voldoen nie en word geskors. So maklik soos dit!

Maxi ·

Ja, stem of sy moet maar n ou pilletjie sluk om haar testosteroon vlakke af te bring. So maklik soos dit.

JP ·

Ek stem. Ek verstaan nie die bohaai nie, drink die pilletjie en kompeteer regverdig.

Chrisjan ·

Ai, foeitog, altyd die “victim”. Wat gee haar spesiale regte bo ander vroue wat op gelyke vlak wil deelneem?

Oorgewig/vet mans ·

Oorgewig en vet mans doen dit aan hulleself dat hulle soos vrouens word weens die vroulike estrogeen wat hulle produseer en die groot borste wat hulle ontwikkel.

Johan ·

As testoroon vlakke nie ‘n vrou se prestasie vermoë beïnvloed nie, waarom wil die Semenya nie haar vlakke laat afbring nie?
As sy haar saak wen, sal daar groot aanvraag deur baie vroue atlete wees om hulle testoroonvlakke kunsmatig te verhoog…
Miskien sal van hulle nie eers die moeite doen om hulle nuutgevonde baarde af te skeer nie!

Johnnie ·

Die spul van SA weet hulle het n absurte leuen die wêreld in gestuur en die wêreld het gesê dis reg so omdat julle n arm agtergeblewe onderdrukte mense was sal ons die leuen glo, nou dat hulle sien dat die wêreld kyk deur hul leuen sien nou wil hulle met alle mag keer dalk die leuen uitkom.

Anoniem ·

Hoe sy lyk, haar kleredrag, seksuele voorkeure het niks met die saak te doen nie. Die saak het net te doen met haar sport prestasies. Ek het gemengde gevoelens hieroor, dit is beslis nie regverdig teenoor ander vroulike deelnemers nie maar ook gooi sy alles in die stryd om te presteer. Testosteroon alleen gaan jou nie ‘n medalje laat wen nie. En sy is nie ‘n super atleet so dit het haar nie tot daar gehelp nie?

Edd ·

Ek stem! Die russe het ook net groot gelyk! Dit het niks destyds tedoen gehad met steriodes nie! Dit was net rassisme oor hulle politiese oortuigings!

Haar voordeel ·

Dit is haar voordeel, haar lyf produseer meer testosteroon as die gemiddelde vrou, dit is haar voordeel. Moet mense met lang bene nou by n spesiale groepie deelneem met hekkies? Dis haar lyf en sy het die reg om as ‘n vrou soos dit deel te neem,

Daan Erasmus ·

Dit is ander 100% vroue se REG dat hy/sy nie teen hul deelneem nie.

Judge Dredd ·

Dan is daar mos geen rede om aparte items vir mans en vrouens te he.
Dis mos mans se voordeel as hulle so gebore is – laat die vrouens probeer deelneem saam met mans – dis mos nou equality, Reg?

Die verskil vir 100m is 1 sekonde, vir 400m meer as 4 sekondes.

Perd ·

@HaarVoordeel, dit is 2 wereld verskille, as ‘sy’ teen ander hardloop met dieselfde testos vlakke, gaan ‘sy’ nie so maklik wen en rekords breuk nie. Dis die hoofrede dat ASA so hartseer is.

Obserweer ·

@haarvoordeel Dus n baie geldige punt as ek teen iemand hoogspring doen met langer bene as mynne is dit dan regverdig? As ek rugby speel teen ouens twee keer my grote is dit regverdig? Vra maar net?

Johan ·

En dit het gebeur … en toe …. nerêns enige betekenisvolle uitslae nie. Apelleer … presteer weer. Eish beat around the bush

KP ·

Stem saam met die meeste kommentaar hier. Die ANC regering het 25 miljoen rand
geborg om met die hofsaak te help, mense wat deur ANC terroriste aangeval word moet hul eie mediese koste en en betaal……. sonder dat die regering dit eers noem. ONS NOEM DIT SEKER N DEMOKRASIE.

hendrik ·

As sy wit was het die ANC niks daaraan gedoen nie nevermaaind R 25000000.

bosluis ·

Nou wat van die skending van die die vroue atlete se regte wat n normale hormoonvalk het??? Nou word hulle sin misken. Ek stem saam dat Caster die geslagkaart speel waar sy voordeel trek uit dit – wêreld rekord = baie geld. Kyk maar ook na die vorige 800m vroue wêreld rekord houer – Jarmila Kratochvilova – sy sal enige dag ook deurgaan as n Caster geval.

LHS ·

Ag asb. tipies SA en ASA. Baie maklik om hormoonvlakke te verlaag sonder enige stories. Maar hulle weet dat sy dan gladnie meer sal presteer nie. Niks minder as reg teenoor ander vroue atlete om alle rekords ook weg te vat nie.

Karin ·

@LHS, jy sien, as sy compete op gelyke grond, gaan sy glad nie wen en rekords maak nie, dis oor wat dit gaan

Ore ·

Wat vreemd is,is die feit dat ons regering R25m beskikbaar stel vir haar hofsaak maar vir Andre Hanekom en ander gevangenis is buiteland gee hulle n koue skouer.Vroue atlete moet net weier om teen haar deel te neem.

Katrien ·

Ek voel jammer vir haar, maar my dogter en julle dogter kan hoe hard oefen, en hulle sal nooit haar wen nie. Vrouwees is in jou hormone. Laat sy ietsie drink om dit gebalanseer te kry. Dis mos dan regverdig. Dis mos waaroor dit gaan.

Helizna ·

Dit gaan nie oor haar Testo vlakke nie. Dis oor hulle NET in die items wat Castor aan deelneem wil reguleer. Dis diskriminasie teen haar as persoon, want hulle moet dan eerder óf alle items so beperk óf geen items nie.

Sê net... ·

Julle almal weet dat dit bewys is dat ‘n estrogeen aanvulling borskanker kan veroorsaak?

Boet Fasie ·

Snaaks in die nuwe Suid Afrika word net sekere mense bevoordeel bo ander, laat sy ‘ n pil sluk of is dit deel van regstellende aksie. As sy die behandeling ontvang is sy seker so benadeel dat sy nader aan die wenstreep moet wegspring

Annie Webb ·

Dit móét deeglik uitgesorteer word, want daar is baie mans, veral in die VSA, wat deur operasies “vroue” word en dus aan vrouesport kan deelneem maar steeds eintlik dieselfde spierkrag het. Kyk maar na Caitlin Jenner, wat as Bruce Jenner in die 1970s (??) ‘n Olimpiese atleet was. As Caitlin op ‘n foto langs ‘n “normale” vrou staan, kan jy ‘n idee kry wat soveel groter en sterker spiere op die sportveld kan beteken.

jaco ·

WIT regsverteenwoordiger? Waars die regstellende aksie en BEE dan nou???

aj ·

Waar is die skeidslyn tussen mans en vrouens?

Antwoord”
Die hormoontelling.

Daarom VERSKILLENDE KOMPETISIES

Want manlike hormone produseer groter spiere en ledemate (arms en bene ens) en lewer beter prestasies.

Vroue wat testosteroon inspuit om groter en sterker spiere te kry word geskors uit sport.

Vroue wat gebore word met testikels wat manlike hormone intern vervaardig … moet ook geskors word … of teen mans deelneem (met gelyke testosteroon tellings).

Eenvoudig!

Edd ·

As jy nou regtig gelyk wil wees is dit tyd om ontslae te raak van geslag klasse! Ek wil na die beste atlete kyk! Nie na die ene wat net relatief die beste is nie!

Anoniem ·

Ek hoop die IAAF wen hierdie saak teen Caster Semenya. In atletiek is hierdie ‘n baie ongebalanseerde veld en indien dit in Caster Semenya se guns swaai gaan dit onregverdig teenoor die res van die wereld se vroueatlete met normale hormoonvlakke wees. Alles kan nie aangepas word net ter wille van EEN atleet nie. Waar laat dit die res van die wereld se vroueatlete.? Vrouens kan nie suksesvol teen mans kompeteer nie.

Grietjie ·

Die vraag hier is presies wat is Caster. Wat maak haar anders? Aanvanklik is beweer sy is ‘n hermafrodiet, maar skynbaar ly sy aan hiperandrogenisme. ‘n Vinnige Google soektog lei na ‘n artikel in The Sun. Hiervolgens het Caster 3 keer hoër testosteroonvlakke as ‘n normale vrou. Sy het nie ‘n uterus of ovaria nie, maar wel interne testes agv chromosoon abnormaliteite. Ek sou dink dis redelik voor die hand liggend dat iemand met testes nie kan meeding teen iemand sonder testes nie. Sy ‘identifiseer’ glo wel as ‘n vrou.

Flip ·

NIEMAND praat oor die 25 mijoen wat eenkant gesit is vir die surkus nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.