Sendeling hoor oor borgtog ná skietvoorval

Johan Potgieter.

Johan Potgieter.

Johan Potgieter (47) het vandag in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn nadat ʼn plaaswerker in die kop geskiet is toe Potgieter blouapies gejag het.

Johan en sy vrou, Cora, is sendelinge wat vir OM Ministries sendingwerk in die Letsitele-omgewing doen en ʼn huis op ʼn kleinhoewe in die omgewing huur.

Potgieter se aansoek om borgtog is toegestaan. OM Ministries het die borgtog van R5 000 betaal.

Die saak is uitgestel tot 28 April.

ʼn Plaaslike gemeenskapskoerant, die Far North Bulletin, het berig dat Anita Campbell, Potgieter se regsverteenwoordiger, aangevoer het dat hy nie ’n vlugrisiko sal wees indien hy borgtog sou kry nie. Ao. Patrick Mushwana, staatsaanklaer, het gesê Potgieter het sy samewerking aan die polisie gegee en dat hy die slagoffer se wonde help behandel het en hom hospitaal toe geneem het ná die voorval.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval “ten sterkste veroordeel” en vuurwapeneienaars gemaan om nié te skiet sonder dat hulle weet waarna hulle skiet nie.

Cora Potgieter het vroeër aan die Far North Bulletin gesê Potgieter het Woensdagoggend blouapies uit die lemoenbome langs hul huurhuis op die Novengilla-kleinhoewe met ʼn windbuks verwilder.

Ishmael Mathanene (55) het na bewering van agter ʼn buitegebou aan die ander kant van die lemoenbome uitgestap gekom en is toe bokant die regteroog getref met ʼn koeël uit Potgieter se windbuks.

“Johan het dadelik die man se wond skoongemaak en is saam met hom na die Letsitele-polisiestasie om ʼn verklaring te gaan lê oor die voorval. Die man is toe na die hospitaal geneem.”

Volgens haar is die man nie ernstig beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Charlotte ·

Los die apies uit man net sood jy honger word hulle doen ook……dis waar hul jare gebly het nou kom mense beset hul gebied en hul moet nou WEET dis tyd om te trek!!!!! God het hul ook gemaak…….ek is n ABSOLUTE DIERE LIEFHEBBER!!!!

aapsekind ·

Genugtig daar is……… Oeps vergeet ek wat ek wou sê

Wendy ·

Kry die berig reg asb! Hy het nie blou ape gejag nie! Die media maak almal sleg! Dit stem glad nie ooreen met die vorige berig nie, en selfs dit was nie reg nie. Los julle klip gooiery! Julle weet nie wat die omstandighede was nie. Los die man uit! Julle ken hom nie! Hy is n goeie man en dit was regtig net n ongeluk! Ongelukke gebeur met almal!

Okay, Wendy ·

Wendy, kan jy dan so gaaf wees om jou kennis onbaatsigtig met die media en die res van die burgers van RSA te deel. In daardie manier kan ons presies weet wat die oompie met die haelgeweer gedoen het en self tussen jou en die media besluit.
Dankie

Koos van den Berg ·

Stem met jou saam, die polisie offisier ken ook blykbaar nie die verskil tussen ń vuurwapen en ń windbuks nie.

Ast ·

Die wat sê apies moet uitgelos word is belaglik naief, weet NIKS van buite hulle stadshuisie nie.

Cherokee ·

Onkundiges soos jy se kommentare behoort nie geplaas te word nie. Ek het groot geword op ‘n beesplaas en woon nou in die stad. Nie op die plaas nie maar hièr in die stad het ek ape leer ken.

Apie ·

As ek dit nou nie mis het nie is die Blouape ‘n bedreigde spesie en die skiet van hulle onwettig!

Lees die berig ·

Die berig lees dat hy hulle wou verwilder en nie skiet. Ja, ‘n windbuks word soos ‘n vuurwapen behandel wanneer daar geskiet word. Wees dus versigtig veral in beboude gebiede. Miskien moes hy maar klappers gebruik het.
Dalk moet die kommissaris ook ‘n beroep doen op plaasaanvallers om ook seker te maak waarna hulle skiet . . .

Cherokee ·

Hi, ‘n windbuks sowel as vuurwapen kan nie behandel word nie! Dit word nagesien en gediens deur ‘n geweersmit. Nou weet jy wie om te kontak.

Gironki ·

Sover ek weet het lt.genl Ledwaba nog nooit openllik, soos hier, sy sterkste afkeer uitgespreek oor ons boere wat so vermoor word nie. Dit laat mens wonder ne

Liendempers ·

Okay Wendy, duidelik het jy n wanbegrip van n windbuks en n haelgeweer. As die werker met n haelgeweer bokant die oog geskiet was, sou sy wond nie skoongemaak word nie, dit sou van die grond af opgetel word! Genade! Soveel van katterigheid het ek laas op skool beleef…….

Jakkals ·

Daar is ‘n oorlog daar buite. Diegene wat dink dit is nie, staar hulle blind. Wat my die meeste van die hele storie bekommer is nie dat hy per ongeluk iemand geskiet het nie maar dat ons nie agter ons eie mense kan staan nie. Julle wil eerder baklei en hare kloof oor wie is reg en wie is verkeerd as om saam te staan soos wat ons moet.

Wendy ·

Dankie Jakkals. Die eerste persoon wat regtig sin maak. Hy het die blou ape skrik gemaak. Hoer waar ons woon het ons n monkey fondation wat alles blou ape in neem en gesond maak. Wat fantasties is, maar dan laat die man al die ape vry en ons boere loop deur onder hulle. Hulle pluk nie net een lemoen of avo nie. Hulle mors met die kos! Die man is n Gods man! Hy is n sagte mens. Almal oordeel maar hulle weet nie regtig wat gebeur het nie, en soos jy se! Daar is n oorlog daar buite en niemand kan saam staan nie. As jul nie die mense persoonlik ken nie en in daardie omgewing woon nie, bly liewer stil! Gaan lees gerus die berig op die Herald. Selfs swart mense praat net goed van die man.

Wendy ·

Liedempers, waar val jy uit met n harel geweer???? Dit was n windbuks. Maar net soos ons is. Maak n berg van n miershoop, steek mekaar in die rug en oordeel as ons niks weet nie.

Wendy ·

Jalkals, jy is regtig die enigste mens wat sin maak. Daar is n oorlog daar buite! Ek stem saam. Die man is n Gods mens. Hy is n sagte mens, n goeie mens. Hoekom mense so tekete moet gaan oor iets waarvan hulle niks weet nie, en alles glo wat hulle in n berig lees, gaan my verby. Dit was regtig net n ongeluk. Hy het self die man se wonde skoon gemaak en self polisie stasie te gery saam met die man en gaan verduidelik wat gebeur het. Maar nou is almal kwaad omdat hy die man geskiet het. Ons is boere en bewaar die kos wat ons op julle tafel sit. Blou ape word verdryf hier omdat daar so baie van hulle is. Die monkey foundation is hier en los baie ape vry op een slag wat dit moeilik maak vir ons. Jy kan nie n deur of n venster oop los nie dan is hy in en saai verwoesting net soos in die lande. Die mense verstaan nie want hulle is jie in ons skoene nie. Johan sal niemand leed aan doen nie. Ek hoop diep in my hart dat God ons sal vergewe wat so vinnig klip gooi.

Klaas ·

En die Swartman wat na n apie skiet kry n R1000 borg maar net omdat jy wit is moet jy R5000 borg betaal?

Thea Gerber ·

Nie net skiet nie -doodskiet. Ek het al gisteraand daarop kommentaar gelewer. Swart man skiet swart kind dood. Per ongeluk = R1000. Wit man skiet swart man met windbuks raak. Per ongeluk. Verpleeg sy wond en gaan rapporteer dit self . = R5000. Hoe onregverdig kan dit wees?

Grotman ·

Wat gaan aan? Almal se mekaar sleg en niemand stem met mekaar saam nie. Eendragt maak mag! Nee verdomp! Die Afrikaner het n gevaar vir hom self geword. As nonsens in die land finaal uitbreuk sal ek liewer niemand van my volk agter my soek nie. As die volkie van ons wil oorleef, gaan hulle moet leer om hande te vat en as een te kan staan.

Winston ·

Wanneer het windbukse vuurwapens geword? Vuurwapens moet lisensieer wees. Blouape word nie met n windbuks gejag nie. Dit is sinneloos en dieremishandeling. Boonop n beskermde spesie. My mening is dat sommige mense windbukse op n traak my nie agtige manier hanteer omdat dit nie as vuurwapen beskou word nie. Om die situasie so uit verband te ruk is egter ook onaanvaarbaar. Net omdat iemand per ongeluk raak geskiet was. Dink rasioneel

Tienie ·

Jakkals jy is so reg. Nou kom mense en lewer kommentaar op spelling en al sulke twak. Mense lees nie die berig reg nie en begin sommer die “perd ry voordat dit opgesaal is”. Ek bly nie in SA nie, maar in Botswana – maar is self al so siek en sat omdat die witmense (MEERDERHEID) so koelbloedig vermoor word….en waar is die DIERELIEFHEBBERS dan…….skreeu julle ook om hulp vir die MENSE LIEFHEBBERS!!!!! Ek haat nie diere nie, maar daai ape is ‘n verpesting – hier is duisende op ons plaas.

madels ·

Dankie Maroela Media dat julle die waarheid in die artikel gepubliseer het en dankie ook Wendy vir jou verduideliking van die situasie.

marous ·

Blou ape het die omgewing oorgeneem , Daar is honde in erwe verskeur deur troppe en gevalle waar kinders gebyt is. Nee hulle word nie gevoer nie. Ek stem saam , moet hulle nie met ‘n windbuks skiet nie , gebruik eerder ‘n regte vuurwapen . En vir diegene wat agter rekenaars sit en galbraak , kom haal vir julle in die omgewing waar die voorval plaasgevind het. Soveel as wat julle wil . Die dorpe se inwoners en die boere sal julle help vang …verniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.