Sendeling vas ná hy plaaswerker glo per ongeluk skiet

Johan Potgieter.

Johan Potgieter.

Twee weke nadat Stefan Hepburn op borgtog vrygelaat is nadat ʼn plaaswerker doodgeskiet is toe Hepburn bosvarke gejag het, verskyn nog ʼn man Vrydag in ʼn Limpopo-hof nadat ʼn plaaswerker in die kop geskiet is toe die man op blouapies geskiet het.

Die man, Johan Potgieter (47), is ʼn geliefde sendeling wat saam met sy vrou, Cora, vir OM Ministries sendingwerk in die Letsitele-omgewing doen en ʼn huis op ʼn kleinhoewe in die omgewing huur.

Die provinsiale polisie het Woensdag aanvanklik in ʼn verklaring gesê ʼn “boer” het die plaaswerker geskiet terwyl die man, Ishmael Mathanene (55), ʼn werkopdrag op die plaas Novengilla uitgevoer het.

“Sy voorman het hom aangesê om iets te gaan haal en op pad terug op sy fiets is hy glo in die kop geskiet deur sy werkgewer. Die verdagte beweer hy het hom vir ʼn aap misgis. Die slagoffer is met ʼn windbuks geskiet. Die polisie het op die vuurwapen beslag gelê,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het ook die voorval “ten sterkste veroordeel” en vuurwapeneienaars gemaan om nie te skiet sonder dat hulle weet waarna hulle skiet nie.

ʼn Plaaslike gemeenskapskoerant, die Far North Bulletin, kon egter kort daarna vasstel dat Potgieter ʼn sendeling is en dat inligting wat in die verklaring vervat is, glo nie met die waarheid strook nie.

“Die bewerings oor die inhegtenisneming is ʼn verdraaiing van die waarheid en ʼn soektog na sensasie,” het Cora Donderdag aan die Bulletin gesê.

“Ons is nie huis- of plaaseienaars nie en huur net hierdie huis. Dit is ook nie een van ons werkers nie, ons is sendelinge.”

Volgens haar het Potgieter Woensdagoggend blouapies uit die lemoenbome langs hul huurhuis op die Novengilla-kleinhoewe met ʼn windbuks weggejaag.

Mathanene het na bewering van agter ʼn buitegebou aan die ander kant van die lemoenbome uitgestap en is toe per ongeluk bo die regteroog in die kop getref met die koeël uit Potgieter se windbuks.

“Johan het dadelik die man se wond skoongemaak en is saam met hom na die Letsitele-polisiestasie om ʼn verklaring te gaan lê oor die voorval. Die man is toe na die hospitaal geneem.”

Volgens haar is die man nie ernstig beseer nie.

Potgieter is Donderdag by sy huis in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, waarna gerugte versprei het dat dit “nog ʼn voorval” is waar ʼn slagoffer vir ʼn dier aangesien is.

Potgieter was Vrydag teen voormiddag steeds in die Ritavi-landdroshof waar hy wag vir sy saak om voor te kom. Meer inligting volg binnekort.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn en sy vrou het op 11 Februarie op ʼn plaas in die Tuinplaas-omgewing buite Modimolle bosvarke gaan jag. Hepburn het in sy verklaring wat aan die hof voorgelê is, gesê hulle het ná sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag. Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp in die land gesien, wat soos ʼn groot bosvark gelyk en in sy rigting gekyk het. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant afstroop.

Hepburn het gesê hy het na die voorwerp gemik en geskiet en dit het ʼn vreemde geluid gemaak wat soos ʼn mens geklink het. Dit is toe dat hy besef het hy het moontlik iemand raakgeskiet. Die oorledene is later as Jan Railo (23), ʼn werker op een van die buurplase, geïdentifiseer. Hepburn is op 24 Februarie op borgtog van R15 000 vrygelaat. Sy saak kom weer 20 April voor.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Jakkals ·

” Die verdagte beweer hy het hom na bewering vir ‘n aap misgis” #HKGK

Janie Monsieur ·

Dagsê Jakkals,

Dankie vir jou valkoog! Ons het gou die berig gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Fritz ·

MM hoekom word witmense wat perongeluk iemand skiet se gesigte gepubliseer maar die wat vir al die plaasmoorde in hegtenis geneem word word net hul rugkant gewys. Hoekom hepburn hierby insleep?

vera coetzer ·

Ai ja jai…. was dit nieblanke wat n blanke geskiet het was dit heel anders…so ironies….

Valerie ·

So, volgens die polisie het die sendeling gedink dit is ‘n aap wat fiets ry en toe word die aap deur die sendeling geklits? Dit is presies wat hulle suggereer, maar natuurlik met ‘n verskuilde agenda en propaganda daar agter. Iemand lieg verskriklik, en ek dink dit is nie die sendeling nie.

Kyk, as ek ‘n aap sien fiets ry sal ek ook skiet…met my selfoon en reguit YouTube toe.

Baz ·

Poging tot moord? Met ‘n windbuks?? Wat as dit ‘n kettie was?

Cornelia 1 ·

Die eerste paragraaf word gese die slagoffer is dood.
Maar Johan se vrou Cora se (in paragraaf 12) , hy is hospitaal toe geneem en is nie ernstig beseer nie.??
Maroela?

Janie Monsieur ·

Dagsê Cornelia,

Dankie vir jou kommentaar. Die inleiding van die paragraaf gaan oor twee afsonderlike gevalle.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Helene Heyns ·

Wie is nou so mal om met n windbuks te probeer moord pleeg? Die polisie maak hulself belaglik.

Adri ·

Is ‘n windbuks dan ‘n vuurwapen? Volgens die berig deur die polisie moet ons versigtig wees wanneer ons vuurwapens hanteer, maar in hierdie geval is dit mos nie van toepassing nie? Nee wat, ek het lanklaas ‘n storie so vol leuens en verdraaiings gehoor. Dit gaan net oor sensasie en om die boere (wat nie eens in hierdie geval ter sprake is nie) te veroordeel en beskuldig.

Andre ·

Ek het baie jare terug perongeluk n maaitjie van my op die plaas met n windbuks in die bo-been geskiet.Ons moes daai tyd nog n lisensie vir n windbuks gehad het. Nadat die Dr die koeeltjie uit gehaal het is ons polisiestasie toe, ” jy kyk waarna jy skiet boetman ” , en dit was die einde daarvan.Gelukkig was almal nie daardie tyd histeries nie.

Roelof ·

Hierdie is so onnodig , eerstens jy mag nie net blouapies skiet links en regs nie ,en ja sou anders wees indien die persoon ook agter die muur of in die boom gesit het ….. maar sjoe , iemand op n fiets ….., hoop nie my buurman sien my more oggend as n blouapie as ek die gras moet sny nie ….

Lienkie ·

Sterkte aan die Hepburn gesin. Ons glo en vertrou dat geregtigheid sal geskied.

amvi ·

Klomp snert net om aandag te probeer aftrek van die klomp moorde die afgelope tyd op ons mense. In gelk geval, het ek nie veel gevoel vir iemand wat op diere skiet nie. Ek praat nou van die blou apies. Het hy al gedink watse pyn hulle moet deurmaak en niemand kan help nie? Moenie so wreed wees nie!

ag nê ·

roelof en amvi vertel my asseblief, is dit nie wreder van die apies om dle mense te laat honger ly omdat hulle (apies, diere, bosvarke) die mens se voedselbron ( sekerheid) vernietig het nie?

Cherokee ·

Nee, dit is nie! Die blouape en bosvarke was lank voor hulle daar. Swartes beweer ons het hulle grond gesteel en dit is snert maar wel steel ons die diere se grond. Ek woon in blouaap wêreld en ruigtes word uitgedun en huise word gebou en gebou. Die ape was hier lank voor ons. So Roelof en amvi behoort jou daarop te wys hoe ons diere se voedselbron vernietig.

Lee ·

Ja en die swart man wat ‘n 12 jarige in sy guava bome doodgeskiet het is uit op borg. Is dit omdat hy swart is en al in sy 80’s en die ouers sê dis fine. Verdomp die is mos net ‘n ongeluk. Die polisie moet bykom en besluit wat hulle eintlik wil doen. As jy wit is is jy altyd in die moeilikheid. Dubbele standaarde SAPS!!!

Theresa ·

Deksels belaglik. Niemand gaan dood van ‘n windbuksskoot nie – tensy dit direk iewers in die brein ingeskiet is!!! En dan wonder ek net waarom loop almal so rond as hul moet werk. Hoop die waarheid kom uit.

Annie ·

Ek ken Johan en Cora persoonlik. Hulle is albei sulke sagte en mooi mensies! Hulle kan nie eers n vlieg seer maak nie. Johan het die ape skrik gemaak, nie dood geskiet nie. Sterkte aan albei van julle! Hoop die saak word uit gegooi. Dit was regtig net n ongeluk.

Francois le Cochon ·

@Annie. Hoe maak ‘n mens ‘n aap skrik met ‘n windbuks. ‘n Windbuks maak omtrent geen geluid nie. Ek dink die sagte Johan het op die apies geskiet om raak te skiet. Indien hy ‘n apie sou raakskiet, sal dit nie noodwendig ‘n doodskoot wees nie, maar die apie sal later van die wond vrek. Ietwat wreedaardig sou ek se^.

Gogie ·

Ek wonder wie sien n windbuks aan as n vuur wapen ? Dan moet n kettie n haal geweer ge noem word

m ·

Dis so belaglik dis eintlik snaaks. Sterkte meneer sendeling. Hulle gaan beslis n baie groot issue hiervan maak.

Annie ·

Francois, ken jy vir Johan? Weet jy enigsins wat die omstandighede is? Weet jy van the monkey foundation wat die ape vry laat hier waar ons woon en boer? Die boere in hierdie omgewing het hel met ape! As jy nie weet nie, moet liewer nie komentaar lewer nie asb. Windbukse maak n hengse geluid. My seun sin klink amper soos n .22. Dan wil ek ook weet hoekom Johan se foto gepubliseer is en sy naam bekend gemaak nog voor hy in die hof verskyn het MM? Julle mag dit kastig nie doen nie. Die berig is elk geval nie reg nie.

Ken2 ·

Annie jy is reg en almal die omgewing ken sal met jou saamstem. Francois is seker van die stad of kouer dele van die land, maar van ape weet hy niks.

ina ·

‘n bohaai oor 2 van hulle soort wat dood is!!! wat van al die duisende wit boere wat al uitgemoor is? vra iemand ooit die tipe vrae?

Cherokee ·

Nee! Dit is nie ‘n feit nie, dit is ‘n geweer! Nou wel nie ‘n vuurwapen nie maar ‘n windbuks.

Rosie ·

Ek ken Johan ook persoonlik en weet dat hy nooit iemand met opset sal seermaak nie. Sterkte Johan en Cora, ons bid vir julle

naomi ·

Verseker maak n windbuks n geluid, en ja as dit voeltjies by vrugte bome kan verjaag, glo ek blou apies sal ook skrik en padgee.Glo die werker op sy fiets was net verkeerde tyd op verkeerde plek, en n skoot wat apies moes verjaag het perongeluk die man op die fiets getref. Regtig, glo nie die sendeling sal sulke gesigte begin sien dat blou apies en werkers op fietse eenders begin lyk nie.

Freancois Le Cochon ·

@Naomi. Sal ‘n lekker hou met ‘n botterspaan teen ‘n metaaldrom ook apies verwilder?, of het mens ‘n windbuks nodig.

Cherokee ·

Naomi, die windbuks maak presies dieselfde geluid sonder ‘n koeëltjie. Indien dit dan net oor die geluid gaan, waarom is daar koeëls geskiet? Dit laat jou dink nê!

sioux ·

ek sien how lag die apies hulle dood vir die botterspaan teen n metaaldrom. ai die klank van onkunde. die diere was voor ons hier? volgens die bybel, ja. maar om as kos en hulpmiddel van die mens te wees. nie om verwoesting te saai nie.

maureen cronje ·

Het iemand van die regering al n woord gerep as n blanke boer vermoor word?
Of is dit net moordpogings op werkers bv op fietse wat met windbukse geskiet word wat ten sterkste veroordeel word?

Cherokee ·

Ag siestog Hein, en ek probeer nie gemeen wees nie want ek besef dat sommige mense ander kommintare moet lees om inhoud vir ‘n eie sêding te vorm maar probeer tog iets oorspronklik sê!!!!!!!!!! (ek het net so baie uitroeptekens in voorraad:-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.