Senekal: Beroep om kalmte gedoen

Hordes mense het verlede week na die Senekal-landdroshof opgeruk.

Die Menseregtekommissie (MRK) het ʼn beroep om kalmte in Senekal in die Vrystaat gedoen waar protesoptrede Vrydag sal plaasvind en die vermeende moordenaars van Brendin Horner weer in die hof sal verskyn.

Die burgerregteorganisasie AfriForum se lede en ondersteuners gaan om 10:00 by die terrein langs die Kommando N5-restaurant in Ad Keetstraat byeenkom om ʼn vreedsame protesoptrede teen plaasterreur te hou. Dié perseel is deur die SAPD aan AfriForum toegeken nadat die organisasie ʼn perseel versoek het waar hulle self beheer kan uitoefen om te verseker dat aktiwiteite daar georden en binne die raamwerk van die wet kan geskied.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die besluit geneem om die terrein langs die Kommando N5-restaurant te betrek om te verseker dat die vreedsame stem van die meerderheid – wat op ʼn geordende wyse hul woede en misnoeë oor plaasterreur wil toon – nie stilgemaak word deur ʼn klein groep opstokers en die EFF se uitlokkende optrede nie.

“AfriForum en geweldsgeteisterde gemeenskappe het die volste reg om woedend te wees oor moorde soos dié op die jong Horner. AfriForum glo egter dat dit belangrik is dat die billike saak om optrede teen plaasmoorde te eis nie besoedel word deur diegene wat die stryd teen plaasmoorde in onguns wil bring nie.”

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, en dr. Theo de Jager, president van die World Farmers’ Organisation en voorsitter van die familieboerorganisasie Saai, is onder diegene wat by AfriForum se byeenkoms gaan praat.

Daar is ook twee ander persele toegeken: een waar die EFF byeenkom en een waar ander organisasies byeenkom.

Die polisie het reeds Donderdag voorbereidings in Senekal begin tref vir vandag se protesoptrede en hofverskyning.

Die MRK het vir kalmte gevra te midde van “anekdotiese dreigemente van ʼn bereidwilligheid tot gewelddadige konfrontasie”.

Die kommissie eis dat die grondwetlike reg om te betoog binne die bestek van die Grondwet en die wet uitgeoefen word. “Dus moet alle deelnemers aan protesoptrede hierdie reg ongewapen en in vrede gebruik.

(Foto: Reint Dykema)

“Ons moet almal saamwerk om versoening tussen enersyds plaasbewoners en boere en andersyds boere en die SAPD te verseker en om vertroue in die wetstoepassingsagentskappe te herstel.”

Bheki Cele, minister van polisie, het vroeër die week gesê een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Horner, is al 16 keer vantevore in hegtenis geneem. Die ander verdagte in die saak is ook al twee keer vantevore in hegtenis geneem.

Woede het verlede Dinsdag by die Senekal-landdroshof oorgekook toe die verdagtes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, vir die moord op Horner verskyn het.

Honderde mense het na die hof opgeruk in ʼn spontane betoging teen landelike misdaad. ʼn Polisievoertuig is egter onder meer omgekeer en het aan die brand geraak. Skade is ook aan die hofgebou aangerig.

André Pienaar is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy is vroeër in die Senekal-landdroshof borgtog geweier waarna hy appèl aangeteken het in die hooggeregshof in Bloemfontein. Dié hof sal Maandag uitspraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Stefaan ·

Die eff het al met dagbreek die hoofstraat beset. Polisie is toeskouers soos gewoontlik.

Johan ·

Hulle gaan nog so kyk…dan kyk hul hoe word die VS n republiek sonder die ANC-EFF gemors.

Keelvol ·

Toe polisie optree teen die mynwerkers in Marikana het witmense ook moord geskee. Dis maklik om te kritiseer makliker om weg te hardloop en te emigreer.

Danie ·

Die mense wat geweet het wat by Marikana aangaan het nie. In teenstelling daarmee het die leunstoelkrygers en sleutelbordregters die einde van die wêreld aangekondig.

Johan ·

Ek hoop jy verstaan ek praat van die Republiek van die Vrystaat

Persheks Adri ·

Hou die rooi petters weg! Waar val die MRK uit? Hulle is ook rassisties! Kom ons kyk of die polisie daai klomp in toom kan hou met hulle dreigemente…

Here, beskerm ASB ons boere volk vandag!!!

Karlahari ·

Die MRK is n klug en blatant in hulle uitsprake teen blankes.
Versoening tussen plaaswerkers en boere.
En boere en polisie!!!!
Wat van die reg op lewe wat weggeneem word deur kriminele maar nie veroordeel word deur die Menslike Ongelykheids Kommisie nie?
Julle beteken NIKS vir geregtigheid in die land nie.
Net n mors van geld.

Renier johannes ·

Hulle moet malema ook toe sluit hy ook skuldig aan haatspraak.

Anoniem ·

Ek lees elders dat opleiding in self verdediging lesse aan boere word nou ondersoek. Sou graag wou weet hoekom. Mens mag jouself verdedig en indien jy opleiding daarin nodig het, hoekom nie. Gaan our people probeer om dit stop te sit?

Alta Alleman ·

Waarom vra hulle nie eerder vir die EFF om weg te bly nie. Hulle het NIKS daar te soek nie !!!!

Anoniem ·

Our people se siening is presies die teenoorgestelde as ons s’n. Daarom het hulle douvoordag opgedaag.

Connie ·

Die eff is net daar om ons mense uit te lok. Maar ons dien n groot God en Hy gaan saam met al ons mense daar wees vandag, en hul veilig hou. Dankie Abba Vader vir U troue liefde, beskerm asb al ons boere en al die mense wat saam met ons boere staan vandag, mag ons nie voor die bose swig nie, maar U kalmte ervaar Amen.

Elaine ·

Malema gebruik die verskoning om kamtig staadseiendom op te pas by Senekal maar in werklikheid gaan hy en sy minions om ondersteuning te gee aan die twee in die tronk wat verbind word met die wrede moord op die jong Brendin Horner

Spook ·

Ad Keet str is so ver van die hof af, julle kon net so wel by die huis gebly het. Dit is nou een van die nutteloooste oefeninge wat ek al ooit gesien het.

Louwrens ·

eff kadette sonder maskers, alreeds oproerig en raserig nes soos gewoonlik. Word aangehits deur hul leiers.
Boere bly op n afstand en is georden soos gewoonlik. Dis verbysterend om te sien hoe een groep alreeds nie voldoen aan die reëls nie maar NIKS word aan hulle gedoen nie. Is reëls dan net vir ons WITMENSE??
O ja ek het vergeet, ons kom uit huise waar ons dissipline geleer was. Ons is mos verantwoordelik

Dries ·

Waarom spreek die MRK nie die kwaadstoker vir eens en vir altyd VOLDOENDE aan nie? Almal weet wie dit is, die getuienis is oop en bloot sigbaar op twitter.

Hansie slim ·

Ons word aangemoedig tot kalmte….. Malema hits aan…..dis maar ‘n bitter pil om te sluk!!!

Pieter ·

Jy praat of onderhandel nie met n terroris nie dit het en sal nooit werk nie. Wat het ons dan in angola gaan soek.

Persheks Adri ·

Waar is die MRK nou met rassistiese uitlatings huh? Slap gat wat ook net ons geld eet!

Hoekom mag EFF sonder maskers loop? Die blou manne is daar en doen NIKS!!!!!

Werner ·

As hier vandag moeilikheid kom sal die polissie dit nie kan hanteer nie.Glo hulle sal hul lot dan by die EFF ingooi

Persheks Adri ·

Ek stem Werner! Hulle is so skynheilig! Waar de hel is die MRK rassiste? Hulle doen NIKS nie en petters loop sonder maskers

Maritha ·

Daardie rooi rassiste dreunsing al die hele tyd “kill the Boer” Hoe is dit nie terroriste ni! Kom Cele en Rampompi, WAT NOU? Wie stook nou op en wie is nou die terroriste. Maar Pienaar sit in die tronk. Mag God se toorn ontvlam oor al die goddelose gepeupel!

Mariana ·

Ons weet almal hoekom die rooi gedoentes daar is, soek moeilikheid. Hoop boere hou kop en hou hul afstand maar staan ook hul man as hulle sou aangeval word. Geen wapens nie maar EFF is gewapen. Reëls net vir wittes in plek. God sal met boere wees.

Jessica ·

Waarom mag die EFF brand , klippe gooi en plunder en Malema haat braak tenoor witmense? Waarom pla dit hulle oor wat in blankes se koppe aangaan? Blanke mense breek en brand nie alles wanneer hulle ontevrede voel nie en die hele rassehaat is belaglik. Moet ek nou Clicks afbreek omdat my hare lank en reguit is en dat daar Black like me en Dark and lovely op die rakke is??? Waarom is daar nie White like me en White and lovely op die rakke nie.

Blomme ·

Het die EFF toy toyers nie werk of iets konstruktiefs om te doen eerder as om hul tyd af te staan aan die oproep van ń ruggraatlose leier.. Lyk dan asof Malema verhewe bo die gereg is. As SA se leiers só lyk… Raak ek intens bekommerd oor die toekoms vd land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.