Senekal-beskuldigde vir sielkundige waarneming verwys

André Pienaar (Foto: Maroela Media)

André Pienaar en Stefanus Johannes (SJ) Fourie wat vroeër in hegtenis geneem is in verband met verlede jaar se oproer in Senekal in die Vrystaat, het Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Pienaar en Fourie word aangekla vir hul beweerde betrokkenheid by geweld in die dorp toe twee beskuldigdes in die Brendin Horner-moord vir die eerste keer in die hof verskyn het.

Die saak is nou uitgestel in afwagting van ’n sielkundige evalueringsverslag. Pienaar (55) se regsverteenwoordiger het vroeër gevra dat hy vir sielkundige waarneming verwys word.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Pienaar se regsverteenwoordiger het tydens gister se hofverskyning gesê sy het twee datums bevestig waarop haar kliënt ’n psigiater sal spreek.

Die datums is onderskeidelik 16 en 23 April.

Johan Niemann, Fourie se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê die saak is tot 7 Mei uitgestel. Volgens Niemann was daar gister geen oproerigheid buite die hof nie.

Pienaar staan tereg op aanklagte van openbare geweld, aanhitsing tot geweld en poging tot moord.

Fourie word op sy beurt aangekla van openbare geweld, brandstigting, poging tot moord en aanranding.

ʼn Polisievoertuig is die dag van die verdagtes in die Horner-moord se eerste hofverskyning omgekeer. Die voertuig het aan die brand geraak, terwyl skade glo ook aan die hofgebou aangerig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elize ·

Bietjie erg die beskrywing van die “misdade” teenoor wat regtig daar gebeur het?

Plaaskind ·

Baie sterkte vir hierdie twee manne – ek hoop julle regsverteenwoordigers hou julle uit die tronk agv ons dubbelstandaard regering se greep om ons Afrikaners se nekke.

Jannie van Niekerk ·

En die werklike moordenaars word mag en daad beskerm

Kokerboom ·

Dan moet die hele EFF verwys word! Klagtes ‘n absolute klug

Genis ·

Word die EFF aangekla, omdat hulle die plaas brande aangehits het? Wat se skade is daar aan gerig??? Of is nou weer n eensydige ding?

Pieter ·

Stuur die hele brein dood ANC vir sielkundige waarneming asb.

Pieter ·

Julle is bang anc en eff. Julle almal kort sielkundiges en dan reguit tronk toe en gooi sleutels weg. Die Boer is heeltemal reg.

Thom ·

Sy EIE regsverteenwoordiger het dit aangevra ___ wat verstaan jy nie ?

Anel ·

Alles wird nou gedoen om weg te doen met die einlike oorsaak. Hoeveel Anc en eff lede is al aangekla vir meer ernstuge gevalle? Hulle kan verwoes, afbrand en plunder, maar dit is niks!

Nico ·

Die howe praat asof die twee mal is, wat maak malema moet hy ook nie gaan sielkundige nie, stuur hom ook. Hy kan mos maak net wat hy wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.