Senekal: Beskuldigdes vra borgtog  

Sekwetje Mahlamba in die hof. Foto: Christel Cornelissen

Sekwetje Mahlamba (32), een van die beskuldigdes in die moord op Brendin Horner, het Vrydag in die landdroshof op Senekal in sy aansoek om borgtog ontken dat hy enigsins naby die plaas was waar die 21-jarige plaasbestuurder vermoor is, óf dat hy enigiets met die moord en rooftog te doen gehad het.

Luidens getuienis het die polisie onder meer op twee van Mahlamba se broeke beslag gelê. Volgens die staat is een van die broeke in ʼn vrieskas op die perseel gekry. Dit het bloedspatsels op gehad. Mahlambo het in die hof volgehou dat die bloed tydens ʼn tradisionele seremonie, waar ʼn skaap geslag is, op hom beland het. Dié seremonie is volgens hom by ʼn vriendin – ene Pinky – se huis gehou, maar volgens die staat ontken dié vriendin dat Mahlamba by die seremonie was. Hy ontken egter dat daar ʼn vrieskas in die huis is waar die polisie aanvoer hulle dit gevind het.

Mahlamba hou ook vol dat hy die aand van die moord op Horner saam met sy vriendin deurgebring het. Volgens die staat ontken die vriendin egter dat hy die hele nag by haar deurgebring het.

Die staat het dit aan Mahlamba gestel dat daar getuies is wat aanvoer dat hy en Sekola Piet Matlaletsa (44), sy medebeskuldigde, die aand ná die moord op Horner [op 2 Oktober] saam in ʼn taverne in Fateng tshe Ntho in Paul Roux gesien is. Mahlamba het volgens die getuie gespog dat hy ʼn wit boer op ʼn plaas aangerand het. Mahlamba en Matlaletsa het glo ook hulself op verskeie ander maniere by die moord en rooftog betrek.

Matlaletsa het volgens die staat die aanranding op só ʼn manier beskryf dat die afleiding gemaak kan word dat dit na die aanval op Horner verwys.

Brendin Horner (21), ‘n plaasbestuurder, is wreed vermoor. (Foto: Facebook)

Mahlamba ontken egter dat hy op die aand ná die moord in die taverne was en ontken ook dat hy saam met Matlaletsa was. Volgens hom ken hy Matlatletsa net van sien omdat hulle in dieselfde omgewing woon.

Die staat voer aan Mahlamba hou ʼn vlugrisiko in. Hy besit geen eiendom nie, het nie ʼn bank-, klere- of selfoonrekening nie en sal boonop nie ʼn sent verloor sou hy nie sy verhoor bywoon nie. Indien borgtog aan hom toegestaan word, sal sy ouers – wat staatspensioene ontvang – sy borgtog betaal indien dit toegestaan word.

Matlaletsa het in ʼn beëdigde verklaring wat aan die hof voorgelees is, aangevoer dat hy die enigste broodwinner vir sy vrou en vier kinders is, dat hy reeds 21 jaar lank in die gemeenskap woon en geen ander familie elders het nie.

Hy het in die verklaring bevestig dat hy vorige veroordelings vir veediefstal het, maar dat hy geen hangende sake teen hom het nie.

Hy voer aan hy dra geen kennis oor die misdade waarvan hy beskuldig word nie en sê hy was in ʼn taverne besig om te drink toe hy in hegtenis geneem is. Hy voer ook aan dat sy vrylating op borgtog nie openbare veiligheid in die gedrang sal bring nie en dat hy ook nie sy verhoor sal probeer ontduik nie.

Die minister van polisie, Bheki Cele, en die leier van die EFF, Julius Malema, het ook die hofverrigtinge bygewoon.

Die saak word ná middagete voortgesit.

Geen betogers is naby die hofgebou toegelaat nie en streng toegangsbeheer word gehandhaaf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Dries ·

Hoe word Malema in die hof toegelaat? Hoe???? Hy het absoluut niks daar verloor nie!

Anoniem ·

Malema is al so baie in howe gewees hy en die sekuriteit by die hof het seker gedink hy het n saak hangend in Senekal

Hercules ·

een van my swak punte is dat ek geensins onregverdigheid kan hanteer nie – maak my boere bloed kook teen 200°

Persheks Adri ·

Mense ons moet bid dat die kriminele NIE borg kry NIE! Hulle is gewoonte misdadigers en verdien NIE borg NIE!

Maklik om alles te ontken natuurlik en dan lieg hulle so hulle glo hulself.

#Boere lives matter!!!

Aai ·

Hy voer ook aan dat sy vrylating op borgtog nie openbare veiligheid in die gedrang sal bring nie en dat hy ook nie sy verhoor sal probeer ontduik nie.

Frank ·

Geen betogers naby die hof toegelaat nie, maar Mal lema sit binne in die hof?

Joanita ·

So, kan ek net vra. Wat maak Julius by die hof… ter ondersteuning van hierdie moordenaars? Wat ‘n grap!

Mariana ·

Is dit dalk Julius se minions die. Ons moet onthou hierdie is gewoonte leuenaars en krimimele. As borgtog toegestaan word sal dit wragtig skandalig wees. Want hulle moet nooit weer die buitekant van tronksel sien nie.

Karin ·

Maar natuurlik gaan hulle mos nou alles ontken!!! Skielik onthou hy nou dat hy die enigste broodwinnar met n vrou en 4 kinders is, maar geriefliks onthalwe vergeet hy toe hy die moord gepleeg het, dat Brendin Horner ook familie het!! Die wyse waarop sy pa op hom moes afkom!! Gee vir hulle borgtog en jy sien hulle nooit weer nie!

LiveAndLetLive ·

Malema sit in die hof terwyl sy EFF “ground troups” buite sing “Kill the boer Kill the farmer” by die verhoor van n plaas moordenaar………..hulle het getuie teen hom en hy gaan verdwyn as hulle hom los laat.

Persheks Adri ·

En niemand doen iets omtrent “Kill the boer” nie! Dis vertraag verby! My woordeskat sal hulle soos ‘n sprokie laat lyk as ek te veel sê. Ek’s boos kwaad verby

henndrik ·

Ek was nie daar nie so ek weet nie maar dit klink soos die gewone ANC en EFF storie, hulle glo mos as hulle iets ontken is dit nie so nie, maak nie saak hoeveel bewyse daar is nie

Jacobus ·

Mr Cele, jou persoon, jou amp is nou besoedel – as jy nog enige geloofwaardigheid gehad het is dit nou in die drein af!

My siening ·

Malema en Cele lekker hand om die blaas! So Cele jy “kill the boer” lied is volgens jou aanvaarbaar. Dis wat jou groot hoed ora impliseer.

Piet ·

Die feit is dat daai lied wel aanvaarbaar is volgens die land se wette. Die hoogste hof in die land het al lankal so daaroor beslis. Dis hoe dit is.

Dries ·

Verseker jou dat hy daai lied al duisende keer ook gesing het

Meneer ·

Ek dag hulle het bloed op die twee moordenaars se klere gekry?

saggiespraat ·

Hulle kan mos aan vra om DNA toetse te vat op die broek????? As daai man vry loop vendag is
daar groot proebleme. En so ver ek dink Malema kry tips in n hof om nog idees te kry wat hulle volgende kan doen sonder om hulle self vas te loop

Connie ·

En Pienaar moet sit en hy het niemand vermoor nie. Dis n skande, o ek het vergeet Pienaar is wit, die ander nie en hulle is cele en malema se brothers.

Michael ·

Malema is die enigste betoger war in die hof toegelaat was.

Michael ·

Sien cele en malema sit styf langs mekaar in die hof besig om planne te maak.

Anoniem ·

Waar is die ander 3 wat nog nie in hegtenis geneem is nie, want volgens vorige berigte was daar 5 aanvallers? Skuil hulle agter kader beskerming?

Talitha ·

Stuur lewenslange misdadigers na Robin Eiland om hulself te onderhou deur daar plase te bewerk. Ons tronke is te luuks, hulle word te gou weer uitgelaat.

Mieke ·

As Matlaletsa oor één ding kan lieg, dan kan mens absoluut geen stories van hom glo nie!!

Diva ·

Waar is ons mense in n eenheid?????
Hoekom staan ons nie bymekaar nie???

Andries ·

Klink my – die kat se stert sal by sy bek uithang en nog altyd sal hy stry dat hy dit nie ingesluk het nie.

Nicholaas ·

Dit is vir my verbysterend dat malema die hofsaak mag bywoon, ek het nie woorde om die situasie te beskryf.

Nico ·

Geen borg vir twee kriminele nie, het nou die verskoning hy het ‘n gesin om voor te sorg, moenie nou verskonings maak nie, sluit toe en gooi die sleutels weg, dat hulle kan verrot in die tronk.

Mieke ·

Het hy eintlik’n werk? Behalwe diefstal en plaasmoorde? Hy moes mos geweet het wat hom te wagte staan! Verskonings maak jou nie minder skuldig nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.