Senekal-boer die naweek agter tralies

André Pienaar (51) tydens Dinsdag se betoging buite die hof op Senekal.

André Pienaar, ʼn boer van Senekal in die Vrystaat wat in hegtenis geneem is ná Dinsdag se oproer op die dorp, sal die naweek agter tralies deurbring.

Pienaar (51) het Vrydag in die Senekal-landdroshof verskyn waar hy van terrorisme, poging tot moord, aanhitsing van geweld en openbare geweldpleging aangekla is.

Ilanie Oberholzer, Pienaar se regsverteenwoordiger, het gesê daar sal Dinsdag uitspraak gelewer word oor die borgtogaansoek. Volgens Oberholzer moet daar egter vir die terrorisme-aanklag ʼn sertifikaat uitgereik word en voer die staat aan dat hulle reeds hiervoor aansoek gedoen het.

Pienaar word deur die staat van poging tot moord aangekla omdat hy volgens hulle die aanhoudingselle by die hof aan die brand gesteek het terwyl daar aangehoudenes in die selle was.

Adriaan Jansen van Rensburg en adv. Jacques Potgieter is ook deel van Pienaar se regspan en volgens Oberholzer het hulle hul tydens vandag se hofverrigtinge uitstekend van hul taak gekwyt. Die staat staan borgtog teen.

Pienaar is Woensdag in hegtenis geneem in verband met Dinsdag se gebeure by die Senekal-landdroshof waar Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa vir die moord op Brendin Horner verskyn het. Hordes mense het na die hof opgeruk en gemoedere het in ʼn stadium hoog geloop waarna ʼn polisievoertuig onder meer omgestoot is en dit aan die brand geraak het.

Nadat dit duidelik geword het dat niemand die beskuldigdes gaan sien nie en dat die saak tot 16 Oktober uitgestel is, het ʼn groep mense die hof binnegestorm. Skote is in die hofgebou gehoor.

Die 21-jarige Horner se liggaam is verlede Vrydagoggend vroeg in ʼn veld op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux in die Vrystaat aangetref. Hy het glo verskeie steekwonde, asook ʼn kopwond gehad. Sy kneukels was na verneem word bebloed soos wat hy glo sy aanvallers probeer afweer het.

Horner se liggaam was met ʼn tou aan ʼn paal vasgemaak in ʼn stuk veld op die plaas waar hy gewerk het. Hy was ʼn plaasbestuurder vir Gilly Scheepers, eienaar van die Bloukruin-boerdery in die omgewing.

Die twee verdagtes is Saterdag in Fateng tse Ntho in Paul Roux in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

44 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Dit is lagwekkend hierdie aanklae teen hom.

FM

Verskoon my!!!!!!!!

Ek het nie lus om te lag nie. Nie lus om te huil nie.

Ek is bem….. kwaad

Indien hierdie stukkie geskiedenis terrorisme is

Wat maak die spul in die parlement? Waar hoort hulle?

Trotse Boervrou

Die wêreld dra kennis. Hierdie gaan die wêreld se oë oopmaak. Niemand gaan meer na SA kom of hier belê nie. André, jy is ‘n held in ons oë. Jammer dat jy die prys moet betaal. Ons bid vir jou. Dit is nie meer lank nie dan gaan die pot oorkook. Jy moet sterk staan.

Renata

Dis BELAGLIK verby. Dat die nasie darem so bang kan wees vir boere om sulke lagwekkende aanklagte teen 1 BOER in te bring!!

Byekonfyt

Staan sterk Andre Pienaar.