Senekal-boer Vrydag in hof ná oproer

André Pienaar (51) tydens Dinsdag se betoging buite die hof op Senekal.

André Pienaar, ʼn boer van Senekal in die Vrystaat wat in hegtenis geneem is ná Dinsdag se oproer op die dorp, verskyn na verwagting later vandag in die hof waar hy aansoek om borgtog sal doen.

Die polisie het Woensdag, kort na Pienaar se inhegtenisneming, gesê hy word beskuldig van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

Talle mense het Dinsdag na die hof opgeruk waar Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa vir die moord op die 21-jarige Brendin Horner verskyn het. Horner se liggaam is verlede Vrydag in ʼn veld op ʼn plaas buite Paul Roux aangetref. Hy is wreed vermoor.

Mahlamba en Matlaletsa, vermoedelik veediewe, is sowat ʼn dag later in verband met die moord aangekeer.

Tydens Dinsdag se betoging buite die hof het gemoedere hoog geloop en ʼn polisievoertuig is onder meer omgestoot en het aan die brand geraak.

Pienaar is die volgende dag op sy plaas in hegtenis geneem en volgens die polisie sou nog inhegtenisnemings volg.

Ilanie Oberholzer, Pienaar se regsverteenwoordiger, het bevestig dat Pienaar vandag ʼn formele borgtogaansoek in die Senekal-landdroshof gaan indien. Sy het vroeër gesê Pienaar kry steun uit talle oorde en dat dit onder die omstandighede met hom goed gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Lindi ·

My hart bloei vir die boere. Hoe veilig gaan die boer en sy familie wees na die storie? Hulle gaan hom, sy plaas en familie teiken.

Aai ·

Ja dit is ‘n probleem omdat een van die oortreding geweld is gaan hulle sy wapens vat.God hou jou wakende hand oor hom en sy familie.

Persheks Adri ·

Ek hoop hy kry vandag nog borg!

Watter vandalisme? Nou wil almal kla oor dit, maar as EFF so iets doen is dit heeltemal ok? Belaglik man.

Nou sê die artikel dat die voertuig aan die brand geraak het. Mooi so dit was nie hy nie!

Marius ·

Baie sterkte aan jou en jou familie . Ek hoop regtig sy regsverteenwoordiger is op en wakker net om die spul n punt te bewys . Ek hoor die twee wat gearesteer is , is SAPS lede. Nou wonder ek maar net hoe veilig is ons in die land as die mense wat ons moet beveilig so wreed is ???

#SHAMPOO(EFF) VS KOS OP DIE TAFEL (BOERE)

Spook ·

Waarom kon Andre se regsverteenwoordigers nie onmiddelik ‘n klagstaat van die staat kry nie? Probeer die aanklaers aanklagte uit hul duim suig?
Die polisie stuur 7 vangwaens om hom in hegtenis te neem, maar doen nie eers die moeite om ‘n vangwa uit te stuur om ‘n veediefstal te onder soek nie? So, jammer mense. Die polisie stel nie in wet en orde belang nie.

Genis ·

Hulle kan n fonds ook stig, ons sal help betaal vir enie regs kostes…almal is gatvol die regering en die hantering van plaasmoorde…

Riaana ·

Wonderlike idee, ek glo elke ander boer sal ons held wil bystaan… Hy boet vir ons almal so ons almal kan agter hom staan… Ons het meer boere soos hy nodig

Riaana ·

Ons bid vir jou Pienaar.. En in ons oe is jy n held want jy is een van die ware boere wat krag agter jou woorde kon sit… Met meer boere soos jy sal SA n punt maak en plaasmoorde stop sit

Fedup ·

I personally plead to all farmers to get in touch with the ICC.
Let them know what’s happening in this country.
Send them all the names of farmers who had to pay with their lives. For what exactly?
And this is going to sound freaky. Send them pitcures if each attack, let them see the gruesome reality of our farmers.
No one in this country can or will help you.
Once the circus see the seriousness of this problem, it will be too late.

Persheks Adri ·

I agree Fedup! The whole world must know about us and how corrupt they are

Wielspore ·

Ek verneem dat EEF lede gewerf word om teenwoordig te wees met die volgende verhoor van die plaasmoordenaars, die lede het almal aangedui dat hulle daardie dag werk!

Riaana ·

Hulle sal enige verskoning gebruik om ni face to face met n boer te kom ni, want praat is maklik… Maar vir bang wees is daar geen medikasie… Hulle het altyd bek, maar dis waar dit bly

Marius ·

Nou hoekom verbaas dit my nie ? Ek sal ook eerder werk as om met n boer te gaan sukkel .LOL

Androclus ·

Ek voel dit saam met julle boere,God sal hulle oë oopmaak sodat hulle kan sien dat die saam met julle is is meer as hulle soos in die geval van Elia en sy dienskeg.
Amen

Gert ·

Mense ons moet terug keer na God . Daar is geen ander manier wat die dinge gaan stop nie behalwe deur onse almagtige Vader se almagtigheid.S.A op julle kniee en bid !!!!

Jaco ·

Is daar ooggetuies dat dit wel Pienaar was wat die polisievoertuig omgestoot en aan die brand gesteek het?

Herpiet ·

Hulle gaan probeer om André in die tronk te hou tot na die 13de October. Bedreiging vir die duikpakbewoners

Louise ·

ONS WIT MENSE WORD GEVIKTIMISEER…. PUNT
ONS HET NE N STEM OF N LAND NIE…
WAT HIER AANGAAN IS N AANSLAG OP WIT MENSE.
WIT MENSE WAT UIT GEROEI WORD…
ONS NASIE ONS MENSE, BETEKEN NIKS IN DIE LAND NIE.
WENS NET ONS KAN HULLE GEE WAT HULLE SOEK EN ELKE WIT PERSOON OPPAK EN GAAN WAAR ONS WAARDEER WORD EN KAN LEEF SONDER VREES… WONDER WAT SAL OORBLY VAN DIE LAND.

Karina ·

Daar op oor die nuus gepraat van “boere was swaar gewapen” Het het weer op YouTube na videos gaan kyk, ek kon nie een persoon sien wat ‘n wapen gedra het, hetsy aan sy lyf of in sy hand nie. Of het ek mis gekyk. Andre Pienaar is in hegtenis geneem maar hoekom nie die EFF aanhangers wat verskeie Clicks gebrand het en verniel het? Geeneen is toegesluit nie. Die land is deurmekaar

gpsa ·

Iemand wat bereid is om op te staan vir waarin hy glo. Respek. Glo sy ondersteuners sal hom bly bystaan.

Net ek ·

Ek hoor hy het nie borg gekry nie!! Hoe kan dit wees dat hy nie kry nie maar moordenaars kry borg. dalk fopnuus??

My siening ·

Openbare geweld, malema doen elke dag openbare geweld met sy grondlafaard magte maar hy is bo die wet want groot hoed love hom.

ES ·

Nou wanneer word Malema bietjie in hegtenis geneem vir al sy oproerigheid en openbare geweld? Wat goed is vir een is mos goed vir ‘n ander?

Marie ·

Ek staan saam met enige iemand wat nou genoeg het van die ANC en die polisie wat betrokke is by veediefstal en ander korrupsie. Ek dink egter dit sal ‘n groter impak hê as daar bv. net vrouens en kinders opdaag by sulke potensieel gevaarlike situasies soos by die Senekalhof. As die EFF dan hardhandig raak is dit presies wat ons vir die wêreld wil wys nl. die lafaards val vrouens en kinders aan. Net ‘n idee.

pestilensie ·

Marie , geen ordentelike man gaan sy vrou en kinders alleen na n potensieele gevaar gebied stuur nie

Andre ·

Nou sal ons sien hoeveel verskil maak wit. Dit laat almal bewe en na strooihalms gryp.

Heinrich ·

Ek moet elke klompie dae ‘n ander pad ry wanneer informelew nedersettings nie hou van een of ander iets nie. dan word die padoppervlaktes waanmee ek met my belastinggeld betaal beskadig, onskuldige mense se karre word onder klippe gesteek, maar dié klomp slaap rustig in hulle eie beddens daardie aand. Geen sprake van arrestasies vir opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld nie. Indien hulle vasgetrek word is daar verdere onluste.

Johan ·

Kyk op boermedia. Tweede boer het opgepak en sy plaas gelos. Hulle kan net nie meer nie!

4ntj13 ·

Dis verskriklik belangrik dat die publiek die waarheid moet hoor hoe daardie polisievoertuig se kajuit begin brand het. As Pienaar daarvoor verantwoordelik was, verdien hy om daarvoor te boet, want nou het mý mense die reputasie gekry dat hulle ook nie vir ons gesamentlike eiendom omgee nie. Nou mag die moordenaars beskerm word om verhoor te word. Ai!

Dis nog méér nodig dat die publiek alle detail moet weet waarom die gemoedere juis ná die hofsaak juis só hoog geloop het. As dit net oor die vermoorde seun gegaan het, sou dit mos voor die hofsaak al gebeur het. Hoekom lees ons net van die oppervlakkighede heeltyd? Ons wil weet van als wat voor die moord ook gebeur het, asb!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.