Senekal: Cele eis dat ‘wettelose betogers’ vasgetrek word  

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Bheki Cele, minister van polisie, het gesê hy het met skok en afkeer kennis geneem van Dinsdag se gebeure buite die Senekal-landdroshof waar die vermeende moordenaars van Brendin Horner verskyn het.

Gemoedere het hoog geloop by die landdroshof op Senekal nadat duisende mense na die dorp opgeruk het om hul woede en misnoeë te kenne te gee. Horner, ’n plaasbestuurder van die Bloukruin Boerdery naby Paul Roux, is Donderdagaand wreed vermoor.

Mense het baie lank buite die hof gestaan en ook plakkate vertoon, terwyl gemeenskap- en landbouleiers toesprake gelewer het. Nadat dit duidelik geword het dat niemand die beskuldigdes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, gaan sien nie en dat die saak tot 16 Oktober uitgestel is, het ’n groep mense die hof binnegestorm. Skote is in die hofgebou gehoor, terwyl ’n polisievoertuig buite omgegooi is.

Cele het dié optrede veroordeel. “Volgens die polisieverslae het ongeveer ʼn honderd betogers, onder wie gewapende boere, die hofgebou binnegestorm en geëis dat die verdagtes oorhandig moet word.”

Dié “gewelddadige daad” het volgens Cele tot die vandalisering van hofeiendom gelei en ʼn polisievoertuig is omgegooi en aan die brand gesteek. “Die polisie moes traangas gebruik om die gewelddadige groep uitmekaar te jaag.”

Volgens Cele sal sulke misdadige gedrag nooit geduld word nie. Hy het ʼn beroep op die polisie gedoen om dadelik op te tree en die oortreders in hegtenis te neem.

“Terwyl ons almal die wrede moord op die jong man van Paul Roux veroordeel, het absoluut niemand die reg om reg in eie hande te neem nie, ongeag die situasie. Dié soort wetteloosheid kan nie geregverdig of ligtelik opgeneem word nie.”

Cele het die betogers se motiewe bevraagteken weens hul woede teenoor die polisie. “Daar is geen logika daarin nie wanneer betogers ʼn polisievoertuig aan die brand steek, dieselfde hulpbron wat bedoel is om hulle by te staan. Dit is ook verbysterend dat die gemeenskap se woede op die polisie gerig is, met inhegtenisnemings wat deur die polisie gedoen is en die verdagtes wat in die hof verskyn het.”

Cele het daarop gewys dat die reg op vreedsame protes deel is van enige demokratiese samelewing en in die Grondwet vervat is. “Die reg om te betoog is egter nie absoluut nie en dit hou verantwoordelikhede in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

121 Kommentare

Esta ·

Cele moet eers voor sy eie deur vee voor hy enige iemand anders kan beskuldig!! Weet hy werklik wat regtig daar gebeur het ?

Wondermaarnet ·

As ons witmense slagspreuke moet publiseer, sal ons seker lewenslank tronk toe gaan, maar as sy nasie dit doen is dit als in die haak.

Andre ·

Is dit moonlik dat hy ‘n hoed dra om sy kopdoek te verbloem?

Sobymykoolkop ·

Dankie André. Laat jy my dag sommer met ñ lekker lagbui begin. Skerp.

nell ·

Toe Flo Andy Capp vra wat hy onder sy pet wegsteek antwoord hy “Niks nie”…

LIEZL ·

Jy, Cele is nou geskok oor die ‘wettelose betogers’, maar waar noem jy dit dat jy geskok is oor die dood en daad wat teenoor die jongman gedoen is? En is jy ooit geskok oor wanneer daar miljoene rande se skade aan paaie, treine, busse gedoen word? Hierdie is n jongman wat vir sy lewe geveg het en lewelose mans wat gedink het dit is reg om sy lewe te neem. Wat het jy gedink? Natuurlik sal ons boos wees. Kyk n bietjie verby jou bril en sien vir wat dit is. Dis nou genoeg

Jana ·

Ek dink hy weet wat dit is Liezl hy gee eenvoudig nie om nie

Eish ·

Niemand was geskok toe betogers in Bronkhorstpruit met die hof winkelvensters stukkend geslaan het en winkels beroof het nie. Dit was maar reg omdat die kleur-wat-nie-genoem-mag-word-nie dit gedoen het?? Bele was nie geskok toe die kleur-wat-nie-genoem-mag-word-nie riool en rommel in Bronkhorstspruit gestrooi het nie. Is dit nou regverdigheid? Kom aan regering haal af julle oogklappe en sien almal raak. Oh ja ek het vergeet….. apartheid is mos net een rigting

Werner ·

Ou Cele is die eerste een wat toegesluit moet word.Hy het mos gesê die boere moet nie huil as hulle seerkry nie.As ek hy is bly ek liewer stil saam met sy pel Malema.Hulle Sal nie kan vat wat hulle gaan kry as hulle nou verder moeilikheid soek nie ons geduld is klaar

Antoinette ·

Mnr Cele jou woorde was “oog vir n oog”. Nooit in jou lewe het jy gedink die boere kan ook doen wat Malema en trawante doen nie.

MIA ·

Cele se reaksie is maar weereens ‘n bewys hoe die regering dubbele standaarde toepas. Infrastruktuur kan orals beskadig word, maar as die mindergroep bietjie opstaan vir hulle saak, dan moet daar opgetree word! Boere kan maar vermoor en vernietig word, dit is nie prioriteit vir die regering nie, want die grond moet mos nou uitgedeel word aan die wat nie het nie. Die ergste is die media wat die hele prentjie uit verband ruk, want ons was in Senekal en DIT is beslis nie wat daar gebeur het nie.

Pieter ·

Jammer MM, maar MIA dit gaan alles om hulle koerante en of tydskrifte te verkoop. EN baie van die media buite is vir anc en eff en teen die ‘BOER’. Dankie dam nog vir media soos MM.

Herman L ·

Wat van ‘n bietjie konsewentheid minister? Of is sekere mense meer gelyk voor die reg as ander?

Cornelius ·

As swart betogers dit doen gebeur niks, maar, as wit betoger optree dan reageer die staat blitsvinnig.

Gerhard ·

Cele kla nou oor ons mense wat betoog……wat van hulle wat baie meer skade aanrig as hulle betoog, mense dreig en hulle lewens in gevaar stel…..wonder nou of dit nie rassisme is nie…..wittes mag niks doen nie maar die ander kan…………

Cd ·

As “sy edele” sy werk doen sal sulke dinge nie gebeur nie.
Bevielig die mense wat jou salaris betaall

Andre ·

Nee wat Cele.Wat gister gebeur het moes al lankal gebeur het.Die boere se geduld het nou opgeraak.Ongelukkig kan ons weer sien dat net dade van boere hom regtig skok en dat hy optrede vra as boere hulle frustrasie toon.As our people dieselfde tipe gedrag toon is Cele min gepla.Die plaasmoorde was lankal ‘n tydbom wat sal en gaan ontplof.Cele het net nog nooit ‘n omgekrapte boer gesien nie.Is hy nou geskok daaroor ? Tyd sal leer.

Porseleintjie ·

Hierdie artikel is lagwekkend. Mense gaan soek op die internet en sien wat werklik daar gebeur het. Daar was geen betogers nie, net boere wat keelvol is. Die skote is afgevuur deur happy trigger SAPD lede. Maar nes ou cele se president is die blaam maar weer op die blanke. Hulle kan eenvoudig net nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

Adam Adriaan ·

Hulle politieke kultuur en ‘n totale gebrek aan oordeelsvermoë is hulle probleem

Snowball ·

Cele moenie huil as hulle ‘seerkry’ nie. Arresteer liewer die vrot ANC! Of die Clicks betogers. Simpleton!

Anoniem ·

Cele, is die daad wat teenoor hierdie jongman gepleeg nie ‘n duisend maal erger as wat die boere gedoen het. Ek praat dit wat die boere gedoen het geensins goed nie, maar hulle het dit gedoen uit pure frustrasie want hulle sit met ‘n polisiemag en ‘n regering wat net swyg oor die boere se dilemma. Ja, die Boere is kwaad, en dit is hoog tyd dat jy wakker skrik want dit wil vir my voorkom jy is vas aan die slaap oor wat besig is om in Suid-Afrika aan die gang is. Wat het jou EFF boeties by Clicks aangevang?

Plaaskind ·

Regtig Cele….veroordeel jy werklik die jongman se moord? Waarom het jy dan nie met jou skeinheiligheid en al Brendin se ouers en naasbestaandes ook besoek met jou nuttelose beloftes nie?

Hoopvol ·

Sjoe, ek is geskok om te sien hoe laag my eie “opgevoede” mense daal. Lyk my ons is deur EFF-taktiek geïnfiltreer. Hierdie optrede help nie geregtigheid aan nie; dit gee net skietgoed aan diegene wat die geweld waarteen óns beswaar maak, wel geregverdig is .

Ons móét ons stem dik maak.
Ons móét hierdie wrede en sinnelose moorde veroordeel.
MAAR: Ons moet steeds met integriteit optree. Vandag sal ek op my knieë en smeek God vir ons land en ál sy mense. En ek vra vergifnis ook namens my eie mense wat so laag daal om met geweld en intimidasie die vuur aan te blaas – die vuur wat rééds buite beheer brand…

Enduro ·

Al die vreedsame proteste waarby die blankes die laaste paar jare betrokke was het van geen doel gedien nie. Ek het gister hier gese ek het persoonlik in die laaste 2 maande aan 4 vreedsame optogte deel geneem. Glo my, die was nodig gewees om ons regering en die buiteland se oe oop te maak. Hoopvol, se jy vandag vir my wat moet ons doen. Ons het op ons knie gegaan en gebid, ons het probeer praat, ons het probeer redeneer, ons het vreedsaam betoog. Niks het gehelp nie. Se jy vandag vir my met al jou wysheid, WAT MOET ONS DOEN?

Adam Adriaan ·

Hoopvol moet nie dat jou oordeelsvermoë jou in die steek laat nie

Raakvatter ·

Nee, jammer Hoopvol. As sekere groep kwaad word, dan LAG die regering, want hulle gaan vreedsaam betoog. En hulle lag!! “Toemaar, hulle gaan later beter voel”. En dis verby.
As ander kwaad is beskadig hulle goed. So wanneer hulle weer kwaad word dan spring almal sodat niks beskadig kan word nie.
Ek keur dit ook nie goed nie, maar asseblief tog, luister bietjie vir ons. Neem stelling in, doen so voort tot iemand luister.

Morné ·

Eendag sê die geskiedenisboeke “die opgevoede mense is uitgewis omdat hulle te dom was on vir hulself op te staan” Ek is bly die opgevoede nasie begin opstaan. Dit is tyd!!

Jr ·

Ek respekteer jou komment alhoewel ek glad nie daarmee stem nie. Ons is nou vir jare beskaaf en bid en vra hulp van Bo. Maar dit is wat die Israelite in Egipt gedoen het vir jare voor God hulle uit Israel gevat het. Baie Israelies was dood gemaak. Reg deur die Bybel het die Hêre vir David , Joshua en baie meer opdrag gegee om die vyand van Israel te verslaan. Dit is so dat hulle gewen het omdat God aan hulle kant was. Dit is al klaar helfte van die fight te wen. Bid is belangrik maar los nie die probleem op. Dis hoekom God vir sy leiers gesê – verslinder die vyand. As die draak hou aan om te aanval en u skuil net weg gaan hy aanhou om jou te aanval. Die oplossing is om hom dood te maak. Daar moet Geestlikes wees wat nie baklei , ( well actually voer hulle n geestelike oorlog uit ). En dan moet daar daadwerklike soldate wees.

Anoniem ·

Jy sal absoluut niks in Afrika bereik deur Hoopvol te bly nie, die geskiedenis het dit oor en oor bewys. Jy kom op ‘n punt waar hulle net een taal verstaan. Jy het ook nie die mandaat om namens ander om vergifnis te vra nie.

Anon ·

Integriteit? Waar was die polisie se integriteit toe hulle skote afgevuur het en met ‘n kasper tussen die mense ingejaag het? Jy moet bietjie dink voordat jy ons boere se gedrag veroordeel!

Hennie J ·

Ja hoedman, pasop die boere kom! As ‘our people’ baie erger dinge doen dan se jy nie n woord nie, maar nou is jy n bekvol. Tipies die reaksie wat van n opperste rassis soos jy verwag word, want binne jou begin jou briekmerke al hoe meer wys!

Chris ·

Cele hoor ek ‘n dreigement of ‘n verdoeseling van vrees in jou uitspraak. Hy moet eerder die oorsaak/probleem/uitdaging aanspreek as om te dreig en te raas en blaas. Ek ken van ‘n man wat bang is. Ek daag jou om teen sie ouens op te tree. Jy moenie aan ‘n bynes karring nie. Jy gaan dit berou, ou maat.

Persheks Adri ·

Cele jy is nie in staat om ons te beskerm nie so ons neem die gereg in eie hande! Julle ondermyn ons en krap waar dit nie jeuk nie pasop. Gister was net die begin. Ons boere is keelvol verby! Het jy al iets gedoen aan die rooi petters huh?

Jr ·

Nee want die Coca cola bottels doen die cANCer society’s se vuil werk

Johan ·

Hoogtyd dat ons opstaan vir wat reg is. Het Cele nou regtig gedink die mense gaan terug sit en die nonsens vat? Ons het hom nou mos al jare tyd gegee om op te tree. Vat aan ‘n boer se kind en familie en daardie “ordentlike” mens verander in iets anders.

Debbie ·

Ons mense moet liewers nie op papier baklei nie, maar eerder woord by die daad voeg. Ons Ouma’s en Oupa’s het ons geleer met ‘n skelm “Jy slaan eers dan praat jy” Dit het vir hulle gehelp en dit is bewys – dit is al wat help. Pasop vir draadsitters en rugstekers tussen ons eie mense. Iemand erens moet goeie opgeleide skerp skiet ervaring hê

Kaal Keiser ·

Boere word uitgelok om ‘n burger oorlog te begin….

Nicholaas ·

Nee hy moenie worrie oor wat daar gebeur het hy moet begin sy werk doen

Paulvj ·

Cele, julle bly ignoreer die uitroep van die wittes en nou? Nou is die slapende reus besig om wakker te word. Hierdie is nie haatspraak nie, ook nie aanhitsing tot geweld nie, maar n vriendelike waarskuwing, haal solank jou tekkies uit, jy gaan dit nodig kry. Dit geld vir die res van die anc en ook malema

Pieter ·

Maroela , is dit waar dat van die beskudigges, wat inhegtenis geneem is vir hierdie moord, polisie lede is ?

ES ·

Wat van al die ander betogers wat geboue afbrand en motors met klippe bestook? Neem hulle bietjie in hegtenis. Ons het lank genoeg vreedsaam betoog.

Dup ·

En as ander ELKE DAG brand,verwoes,vernietig en beskadig…….wat sê ons minister dan……?

Oujongvrou ·

Dis nou die eerste keer waarvan ek weet waar wittes n ding brand. Nou spoeg die hoed vuur. Nee wat mnr pateet, net nou die dag toe breek jou nasie die clicks winkels af en hou mense uit hulle werk oor n bottel sjampoo. Hierdie gaan oor oorlewing, so probeer iemand nou arresteer vir julle hopeloosheid dan sien jy hoe brand hierdie land. Ons mense staan uiteindelik saam en hulle gaan dit nou aanhou doen.

LiveAndLetLive ·

well said. Ons mense brand iets af omdat ons uitgemoor word, hulle doen dit oor snert.
GROOT verskil.

Kerneels ·

Let wel: die boere het nie die polisievoertuig aan die brand gesteek nie. Gaan kyk gerus na die vele videos wat die boere geneem en op sosiale media versprei. Luister na die stemboodskappe wat versprei word. Kyk fyn na die agtergrond van die foto van die brandende voertuig wat in die media versprei is. Dit pas nie by die omgewing waar dit kwansuis gbeur het nie.

Moenie blindelings alles glo wat die media jou voer nie – hoor by die mense wat self daar was.

LiveAndLetLive ·

So bietjie van julle eie medisyne…………jy skop n hond net tot op n punt.
DIT STOP NOU

Phillip ·

kom ons kyk hoe lyk die kossato staaking van dag en wat gaan die poote teen hulle gaan doen

ronel ·

Mens kan nie help as om ongelowig kliphard te begin lag nie, .. WERKLIK? “hulle by te staan”? Wanneer presies?? Cele het die betogers se motiewe bevraagteken weens hul woede teenoor die polisie. “Daar is geen logika daarin nie wanneer betogers ʼn polisievoertuig aan die brand steek, dieselfde hulpbron wat bedoel is om hulle by te staan. Dit is ook verbysterend dat die gemeenskap se woede op die polisie gerig is, met inhegtenisnemings wat deur die polisie gedoen is en die verdagtes wat in die hof verskyn het.”

Zombie ·

Wanneer mens voortdurend aan die optrede van ander blootgestel word, kan dit gebeur dit dat mens die ander se optrede en gedrag assimileer en soos die ander begin dink en handel.
Ons moet dus so optree dat ander mense, selfs tipes soos Cele en Ramaphoesa, die Boere nie van enige iets kan beskuldig nie.
Om boosheid met waardigheid te beveg, is dus die antwoord, hoe moeilik ookal.

katerinadiekat ·

Boosheid word al vir Jare met waardige vreedsame betogings beveg. En dit het Niks gehelp nie. Niks. Nie n enkele sielsalige atoom of molekule nie. Mense sien hoe hul volk op n byna daaglikse basis uitgemoor word, en wag vir hulle beurt om afgemaai te word. Die blankes in SA staan met hul rug teen die muur. En daar is niks so gevaarlik soos n wese met sy rug teen die muur nie. Waardigheid gaan jou niks help in Afrika nie. Al wat hier respekteer word is die sterker persoon, die sterker mag.

Raakvatter ·

Ek lag verstom oor Cele se uitsprake. “dieslefde hulpbron wat hulle moet bystaan”. Waar??? Wanneer?? Asseblief!!
Maar ok, vervolg die wat skole, treine, geboue afbrand. Ek keur vandalisering nie goed nie, maar dalk as dit gedoen word sal die regering (dalk miskien) bietjie, klein bietjie begin luister.

gpsa ·

Fout om vyand van die polisie te maak. Werk eerder saam met hulle. Sonder hulle was nog niemand vas nie. Alle sterkte aan familie en naastes wat deur hierdie tragedie geraak word. Ook baie dankie vir die boere wat gister opgedaag het.

Jessey ·

Miskien moet Cele kyk na wie gevang is vir die moord, Ja die Polisie self, en dan wonder hoekom sulke dinge gebeur. As hy mense arresteer gaan meer opdaag, ek ingesluit. Hy sal moet probeer aanhou arresteer. Nie net die boere nie, die Afrikaanse gemeenskap het nou genoeg gehad van sy en sy department se onbeheptgheid. Kan nie eers ‘n Dronk Party in ‘n Kroeg hou nie

Anel ·

Hulle is bang vir die boere, baie bang. Veral as hulle in groepe is. Dis reg. Wees bang!!!. Cele, jy en jou mense is in elje geval lafharts. Dit is niks dat eiendom en dirpe deur our people verwoes word nie, maar vir die eerste keer in hierdie land se geskiedenis staan die blanke op. Nou skrik julle.

Aai ·

Cele jy moet maar lekker slaap is dit vir jou moeilik om te verstaan dat die wettige nou wetloos raak?Dit is jou en jou mense se te doene wat jou gaan inhaal.

Theunis ·

Cele is die groot oorsaak van wat ookal gebeur het Dinsdag hy is mos die mnr wat gesê het Boere moenie kla as hul seerkry nie nou moet cele en sy manne nie kla as hul seerkry nie

Morne ·

Twee weke terug toe die boere vir Cele n vraag vra wat hy gaan doen in veband met plaas moorde toe het hy daai boer afgekraak en beledig. Dit is sy skuld oor wat gebeur het, en die boere kon nie meer inhou nie. As Cele dalk nie daai boer afgekraak het nie was dit dalk anders gewees. Ook dit is seker die eerste keer dat die boere sover gegaan het om goed te beskadig, maar dagliks word goed beskadig en afgebrand deur sy eie mense nou waar is die gereg. Die ANC het lankal beheer oor die land verloor en dit raak tyd dat ons dit weer moet terug neem. Ook die netwerk 24 stook die mense net erger aan, van my vriende was daar en hulle het my vertel dat dit nie so erg was as wat die nuus dit vesprui het nie. Ook hoe lank moet die boere hulle inhou ek dink al daai inhou het een groot bom geword. Die VF en DA het hoeveel keur in die parlament oor plaas morde gepraat maar CR wou nie aandag gee daar aan nie. Nou dat die boere opstaan nou wil hulle iets doen. Burger oorlog is naby !!!!!!!!!!!!!!!!

Michael ·

Siestog ma. Een ou polisiekarretjie. Hoe vergelyk dit met die miljoene skade wat Cele en die ANC se eie aanhangers aanrig elke week nie?

Hannes ·

Die arme drommel. Maar wanneer hulle die land afbrand is dit niks. Hy praat nie hy kots!

Nie Verbaas ·

Cele, gaan neem eers al jou ANC kaders in hegtenis wat winkels van miljoene se goedere beroof, aan die brand steek, ens onder die dekmantel van vreedsame betoging. ANC dink nie voor hulle praat en veroordeel nie.

Danny ·

Die tyd is HIER vir ONS om IETS te doen. Almal WEET daar kom geen hulp vanaf die staat, SAPD, Cele of sy trawante nie. Tyd vir veroordeling is verby Cele en kie – dit is nou ons BOERE se BEURT. Staan opsy, jy wat nie wil help nie, anders sal ons julle verwyder. Genoeg is GENOEG. Dit is NOU.

...M... ·

Raak jy bang Cele?
Dit vat baie – maar boere kan ook gatvol raak!!

Colette ·

Cele, dit behoort vir jou te wys hoe radeloos en kwaad ons is met die wrede en onsinnige manier waarop ons boere aangeval en vermoor word. En die staat doen absoluut NIKS daaraan nie.

Brandwag ·

Cele,Anc,EFF en die res.Ons is gatvol,ons is weerstandig en sal weerstand bied.Klaar gepraat ons doen nou.

Kokerboom ·

Dis slegs iemand wat sy onbevoegdheid besef wat so reageer. Dis tyd dat CR die SAPD total hervorm

Alleen Wolf ·

CR sal niks de of doen nie, hy is nie in bevel nie, net ‘n marionet

LANA is ELANè ·

Hierdie dubbele standaarde wat deur die SAPD toegepas word afhangende van jou pigmentasie maak my sommer net siek. Hardwerkende boere is siek en sat vir hierdie moord/plunder veldtog teen boere waaraan die regering niks doen nie, en dit wat ons gister ervaar het is ‘n teken van hoe keelvol boere is.
Wat gebeur het is die NJALA’ s is deur die SAPD lede doelgerig tussen die boere ingejaag, asof hulle ‘n klomp skollies is waarmee afgereken moet word!! ❓❓
Wel hulle het nie gereken dat die boere is, wat moeg is om in vrees vir die nasie van kos te voorsien.

Jakes ·

Die minister moet maar liefs stilbly want sy kommentaar en reaksie oor enige gebeurtenis is lagwekkend.

Wanda ·

Cele doen ’n beroep op die polisie om dadelik op te tree en die boere betogers in hegtenis te neem maar hoeveel van die “Click – betogers” is vir vandalisme en saakbeskadiging gearresteer?

Anon ·

Bheki Cele, ons Boere kom vir julle! Jy is net so skuldig soos die plaasaanvallers so hou jy jou mond!

Kerneels ·

Daar is genoeg video materiaal gemaak deur die boere om te bewys dat jou weergawe van die gebeure ‘n groot lieg is. Daardie videomateriaal is reeds die wêreld ingestuur, en sal jou verkeerd bewys.

Is jy ook geskok oor die polisievoertuie wat die betogers probeer raak ry het? As daar klagtes van pogings tot moord teen die bestuurders gelê word, sal jy hulle skors en die saak ondersoek?

Hoekom het jy nie die klagtes van korrupsie teen die Paul Roux polisielede ondersoek nie?

Die boere het NIE die voertuig aan die brand gesteek nie. Ek is bereid om my hele pensioen daarop te wed dat sou dit die EFF se betoging was, die voertuig wel sou brand (en dalk ander goed ook).

Debbie ·

Met die geweld in die kaap het Cele mos gesê die gemeenskap moet dinge vreedsaam saam probeer self uitsorteer en hul samewerking aan die polisie gee omrede die polisie nie altyd orals kan wees nie. Dis reg ja – want die polisie lê en slaap in die polisie kantore met hul oorversadigde ongesonde onfikse vet liggame waarvoor die BOERE sorg vir die kos wat die polisie eet. Wonder wat gan Cele eet as sy “Chuck” nie saam met sy pap op sy bord gaan wees nie?

Leon ·

Vat aan hulle Mnr. Cele probeer dit, hulle woede is net die punt van die ysberg van woede, ons kan gister na Sondagskool piekniek laat lyk. Ons is kwaad, en gaan begin uiting gee aan dit. Hier kom nog groot moeilikheid as die situasie in SA nie gaan verander nie.

Noels244 ·

Dis omdat die gespuis se broeke bewe, het hulle gedink die witman gaan maar net altyd stil sit? Ons mense se bloed vloei in die strate en daar word niks daaromtrent gedoen nie.

Sylvia ·

Natuurlik sal cele (in onderkas vir ‘n rede) vervolging wil toepas, gewoonlik die wat agter die deur staan soek ander daar, hy moet maar aangaan, “it takes two to tango” …

Riana ·

Ag Min…. Probleem lê by jou en jou Polisie wat nie hulle werk doen nie!!!!!

Hennie ·

Cele se inkapabele vermoë het die boere se optrede veroorsaak! Tyd dat die pateet sy leë woorde sluk en bedank as polisie kommissaris.

Mrs H ·

O hemel Cele… dan het jy n ma se klomp om te gaan vastrek van voor 1990!!!!’

piet-van-die-namib ·

Mr Cele die EFF kan die land aan die brand steek in n verwoestende protes oor ‘n belaglike advertensie en niemand is vir die skade verantwoordelik gehou nie. Kyk hoe het Clicks deurgeloop onder vandalisme en niemand is in hegtenis geneem nie. Die Polisie voertuig wat op sy kant omgerol is deur betogende boere word in elke geval meestal vir privaat doelendes misbruik. Geen geboue is beskadig deur die boere wat net sê genoeg is genoeg nie. Bheki Cele jy dwing geen respek af nie.

Roebs ·

Regtig jy is die hoof van polisie en jy weet nie plaas jy mense uitstuur om ons land te beveilig

Nick ·

Cele, jy en Julius moet maar note vat boet, ek dink die landbouers het redelik genoeg van julle spul gehad, tik-tok!!!!

LiveAndLetLive ·

Elke rooi pakkie in SA is n wettelose betoger,
Gaan trek hulle vas, as jy wil trek. Die wat winkels verwoes oor shampoo…………..hierdie geval gaan oor die lewens van mense, onskuldige mense wat werk vir die land wat uitgemoor word omdat hulle opgesweep word deur n regering wat rasse haat aanhits.

Tino ·

Wel dalk moes jy jou werk doen en nie net snot pik nie Cele, dis mos al waneer julle reageer is waneer goed afgebrand word

Andrew ·

Polisie doen niks en beteken niks. Anders was die betogers al ge-arresteer en hoef jy nie op nationale media te vra dat hulle gevang moet word nie. Dis die punt Cele, julle beteken niks. Dan met die 50 jaar van betogings in SA, en nou die BLM betoging in Amerika, het die wit man nou ook geleer dat dit ok is om n polisie kar om te gooi en te brand as jy kwaad is. BoerLivesMatters

Lee ·

Dis tog jammer dat sulke misdadige gedrag soms geduld word en ander kere nie. Hoeveel boere en hulle gesinne moet nog die hoogste prys betaal en wreedaardig gemartel word voordat die ANC regering wakkerskrik en die regte ding doen?
Die mense se frustrasie met die huidige traak-my-nie agtige houding van Cele en sy kaders teenoor ware misdaad het breekpunt bereik. Hulle optrede is verstaanbaar, maar nie verskoonbaar nie. Boere MOET beskerm word.

J ·

Mad Hatter, ‘fancy pants’, mafioso hou net nie sy bhêki!

Grootbek broekskyt!

Henry ·

Eerstens is dit met skok en afkeer dat die tempo en intensiteit van wreedheid op plaasmoorde so toegeneem het en regering tot dusver tjoepstil was daaroor. Wanneer ‘n blanke persoon in die beskuldigde bank sit en daar is swart oproer en regtig geweld waar hulle pangas, gewere ens rondswaai en skote rond skiet, en stasies en skole word aan die brand gesteek of paaie word geblok en voertuie word op geskiet is dit alles aanvaarbaar vir die ANC. Op die videos wat ek gesien het, het die boere ‘n vreedsame optog gehou. Toe hulle die hof binne gaan was daar skote na hulle geskiet – nie andersom nie. Toe het daar ‘n polisie voertuig tussen die boere ingejaag met die doel om hulle ernstig te beseer of te dood. Die boere het toe die polisie voertuig weg gestoot waarna die voertuig self vlam gevat het Daar was geen brandstigting nie. Toe die polisie casper daar injaag het hulle dit ook uitgestoot sonder om dit aan die brand te steek of op die polisie te skiet! Silent war en volksmoord ..

Dries ·

Die Regering is oor en oor gewaarsku. Dit kookpot het al lank terug begin opstoot. As die Regering lank terug gewys het dat hulle plaasaanvalle [eintelik all misdade] veroordeel, was ons nie nou by hierdie punt nie. Blankes en in besonder boere is lankal keelvol. Die spanning het opgebou en opgebou. Dit moes een of ander tyd oorgekook het. Ek sal die 16de daar wees. Die tyd het aangebreek manne. “Toe to Toe” gaan ons met die Rooioorpakke staan. Wetstoepassers het nog niks gesien nie. Hierdie is die begin. Praat en veroordeel is nou te laat.

J ·

‘n Britse soldaat was altyd ‘n helder teiken vanweë die helder rooi kruis wat sy kruisbande gemaak het … reg op sy hart!

Kolskoot! …op ‘n rooi beret?

JohanR ·

Het nie ‘n woord uit Cele se bek gehoor toe die EFF besig is om Clicks storie te plunder en afbrand. Nie voor die tyd en niks na die tyd……different strokes for different colour folks Hoed?

Herman L ·

Cele, miskien moet jy eerder begin om ‘n minister van polisie se werk te doen, dit wil sê om die polisie in staat te stel om Suid-Afrika se mense te beskerm eerder as om vir mense te sê hulle moenie kla as hulle seerkry nie.

Natasha ·

“polisievoertuig aan die brand steek, dieselfde hulpbron wat bedoel is om hulle by te staan” rerig dalk moet Cele eers na AL die videos kyk op sociale media en nie net die leeuns in die polisie verslae glo nie. Die polisie wat glad nie daar as n hulpbron nie. Het hy gevra wie het die skote af gevuur in die hof, verseker nie die boere nie, daar is ook baie getuienis hiervan, maar dit word nie gesien nie.

Sindy ·

Maar as hulle busse afbrand en mense met klippe gooi is dit ok! Hul kan stry soos hul wil, die witmense soek net vrede en hulle doen alles in hul vermoë om moeilikheid te maak! Hulle baklei oor haar shampoo, ons baklei vir ons lewens!

Pietie ·

Wettelose burgers. Ons het GENOEG gehad van die slapgatte in SAP. Vang die regte wetteloses en doen dieselfde aan hulle wat hulle aan enige een doen.

Elize ·

Mense van alle kleure word vermoor deur WETTELOSES, so hy moenie geskok wees as mense so optree nie. Almal is keelvol. Daar word beweer polisie is betrokke by vee diefstal ens. Ek reken dis heel waarskynlik die rede vir die omgooi van die polisie voertuig. Of dalk maar net die voorbeeld gekry by vorige betogings….

Althes ·

Nou toe nou Cele, moet nie dat ons dink jou afkeur kry ñ rassistiese geurtjie nie.
Al die dekades sê jul niks van gewelddadige betogings nie.
Bepaal jou by die onaanvaarbare hoë geweldadigheidsyfer in SA. Dís nou iets om oor skaam te kry.

Danny ·

Nog ‘n bietjie slap, nog ‘n bietjie sluimer – die BOERE is jaaaaare al wakker geskud – ons is nou presies waar julle ons wou hê – WAKKER.

johan ·

In die circus klap mens vir die narre hande, in die SAPD salueer hulle vir CELE

Susan ·

Ag siestog! ” Met skik en afgryse” kennis geneem? Tog is sy reaksie nie dieselfde as swartmense polisie waens omkeer en aan die brand steek, tientalle treine en busse op daaglikse basis in die Kaap aan die brand steek? Selfs die honderde plaasaanvalle en moorde in stede skok hom nie? Dalk sal hy geskok staan as hy uit sy pos gelig word wat hy duidelik nie waardig is om te doen nie, sy rassisme teenoor witmense staan net te duidelik uit. Raak ontslae van mense soos hy wat onbevoeg is en nog een van duisende in die land is wat die belasting betalers se geld mors!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.