Senekal: DA gaan Malema, Paulsen ook by polisie verkla

Die DA gaan Julius Malema, EFF-leier, en EFF-LP Nazier Paulsen strafregtelik verkla oor plasings op sosiale media.

Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, het gesê sy sal Maandag klagte van aanhitsing tot geweld by die Kaapstadse polisiestasie aanhangig maak.

Die DA het vroeër gesê hy gaan Malema en Paulsen ook by die parlement se etiekkomitee verkla oor hul uitlatings op sosiale media rakende die gebeure wat Dinsdag buite die Senekal-landdroshof in die Vrystaat ontvou het.

Malema het Woensdag ʼn video van boere voor en in die landdroshof getwiet met die byskrif: “Magwala a chechele morago! (Lafaards beweeg na agter) Vegters val aan!”

Paulsen het op sy beurt later ʼn foto van ʼn masjiengeweer met die onderskrif “Maak gereed!” geplaas.

Malema het Saterdag ook ʼn foto van ʼn masjiengeweer op Twitter gelaai.

“Hierdie opruiende uitsprake is ʼn ernstige oortreding, veral deur parlementslede wat gebonde is aan ʼn eed van die amp,” het Mazzone gesê.

“In watter grondwetlike demokrasie in die wêreld sal verkose openbare verteenwoordigers toegelaat word om rasse-oorlogvoering openlik aan te wakker? Die DA sal nie toelaat dat dit hier gebeur nie. Hierdie soort retoriek het geen plek in ons land nie.”

Daar is ook ʼn beroep op Bheki Cele, minister van polisie, gedoen om teen Malema en Paulsen op te tree en te verseker dat hul oorlogspraatjies en aanhitsing tot geweld strafregtelik ondersoek word.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Mazzone het ook versoek dat pres. Cyril Ramaphosa die EFF in die openbaar veroordeel en dat die parlement hulle ondersoek en stappe doen.

“Malema en sy boewe het te lank met hierdie soort gedrag weggekom. In die afwesigheid van verantwoordbaarheid vir hul optrede en uitsprake, voel hulle toenemend aangemoedig om te sê en te doen wat hulle wil. Suid-Afrikaners is siek en sat daarvoor.”

Dit is volgens Mazzone tyd dat Malema en ander verantwoordbaar gehou word en dat die minister van polisie en die president hul stilte hieroor verbreek. “Die DA sal nie rus totdat dit gebeur nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Persheks Adri ·

Cyril en Cele bly mos dood stil! Te slapgat om iets te doen met rooi petters! Laat ons boere so iets sê dan sit ons. Kyk na Andre hy word aan gekla van terrorisme regtig. Tsek man tsek julle maak naar verby

Dries ·

Ramaphosa vir Malema repudieer. Hy het dit nog nooit en SAL dit ook nooit doen nie. Behalwe dat hy vrek bang is vir daai pateet stem hy met hom saam

Ranie ·

Ag regtig DA, vir wat kruip julle, julle saak wat jul wil maak is poep teen donderweer en sal seker so oor 15jaar aangehoor word

Dirk Mostert ·

Gee krediet waar dit toekom. Verkies jy dat die DA niks doen nie?

Hoekom ·

Om ‘n AK te post op twitter met ‘n byskrifie is maklik. Om optedaag met een is ‘n hele ander storie. Hulle gaan agter staan gewapend met hulle selfone, dit is die lafaards wat hulle is…

Sarel ·

Hoe lank sloer due sake teen Malema en word elke keer net uitgestel. Is NVG dalk kop in een mus

Herpiet ·

Ons Boere gaan Vrydag onnself moet in toom hou. Hulle gaan daar wees om ons uit te lok met die selfone alles afneem en teen ons gebruik. Hulle gaan ons as die aggressors probeer afmaak

Genis ·

Die ANC sal nie vir Malema vasvat nie, hy doen hulle vuil werk.. So m.a.w. as die EFF die plaas moordenaars wil beskerm, en vir hulle wil betoog.. Dan is dit mos n skuld erkening dat hulle wel (soos ons reeds weet) agter dit sit?

Nico ·

Romeine 12:17 sê, Vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is vir alle mense.
Rom. 12:19 sê, Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. Ek wil nie soos ‘n doem profeet klink nie, maar dit het tyd geword dat alles vir die Here gegee word, Hy sien en hoor alles, Hy wag net vir die regte tyd, ons moet net stil wees. In die gees is ek met julle hierdie dinge gaan nou te ver. Beki Cele is meer gepla oor die vrouens en kinders wat verkrag en gemolesteer word.

Hennie J ·

Nico, die skrif is duidelik en dankie dat jy dit ophaal. Ek is nou beslis nie n kenner nie maar iewers glo ek daar is ook geskrywe dat as jy nie self iets daaraan doen nie,moet nie verwag andere moet dit vir jou doen nie.

Pieter ·

Kla Malema aan vir terrorisme. Volgens oud kol. Wynand du Toit is daar meer as ‘n 1000000 onwettige AK-47s in Suid Afrika en nog nooit ingehandig nie. Hulle wag vir anargie.

LiveAndLetLive ·

Malema hoort in n tronk, hy is indirek verantwoordelik vir plaas moorde met sy aanhitsing.

Vanessa ·

Ons gaan verseker kyk wat met Malema gaan gebeur. Ons is moeg om stil te bly. Genoeg is genoeg. Ons word soos diere uitgemoor en niemand veroer ‘n vinger nie. Ek staan agter die boere!!!!!!!!

Jakes ·

Malema en sy eenvoudige trawante is lafhartige grootmonde. Glo my, hy sal die eerste een wees wat weghardloop as moeilikheid uitbreek.

LiveAndLetLive ·

haha – Hy is soos n kind in n bende.
“Ground forces” Sy rooi hempies verwoes alles wat hulle in die hande kry, plunder winkels oor shampoo en nou wil hy eindom gaan beskerm omdat die boere opstaan teen MOORD op KINDERS!
Dit lyk nie goed nie MAL EMMA

Ria ·

Hierdie uitlatings is fataal. Hy weet dat hy die ongeskoolde mag agter hom het, wat alles doen wat gevra word, omdat hulle nie self kam dink nie. MALEMA is n lafaard wat ander kry om sy vuilwerk te doen

Danie ·

mal ema is nie dom nie, hy weet sy eff bende het nie ghoens nie maar hy weet ook dat sy bende te stupid is om dit te besef.
So hulle sal blindelings doen wat hy sê omdat hulle nie kan dink nie.
En daar lê ons probleem.

daniel ·

Enigiemand wat uitsprake maak wat mense te te kan beinvloed om kriminele dade te pleeg teen onskuldige mense MOET vervolg word. Dis logies en is in pas met die Gronwet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.