Senekal: Een van beskuldigdes se DNS nié in bakkie

Brendin Horner (21) is wreed op ‘n plaas vermoor. (Foto: Twitter)

Die borgtogaansoek van Sekwetje Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (44) het Dinsdag in die landdroshof op Senekal met slotbetoë voortgegaan.

Mahlamba en Matlaletsa word beskuldig van die moord op Brendin Horner, ʼn plaasbestuurder van Paul Roux in die Vrystaat wat vroeër vandeesmaand wreed vermoor is.

Die hof het vandag gehoor een van die bloedmonsters wat in Horner se bakkie gevind is, kon nie met een van die beskuldigdes verbind word nie. Nog een van die bloedmonsters was foutief en ʼn bevinding kon nie daaroor gemaak word nie, terwyl ʼn derde bloedmonster as dié van die jong Horner bevestig is.

Volgens Matlaletsa se regsverteenwoordiger is daar heelwat teenstrydighede in die staat se saak teen hom. Hy voer aan hy was heelnag tuis op die betrokke aand, hoewel sy vriendin in ʼn verklaring aan die polisie gesê het hy was nie in die bed nie en het eers omstreeks 04:00 op die oggend van 2 Oktober teruggekeer huis toe.

Die hof het vandag ook gehoor twee onafhanklike mense het die twee beskuldigdes ná die moordnag saam by ʼn plaaslike taverne gesien sit. Hulle voer aan hulle het gehoor hoe die twee spog oor die aanranding van ʼn wit boer.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

ronel ·

wonder wat het dit gekos? Seker ook betaal met Malema se CC,..

Thea ·

Die polisie moet nou hierdie bal ook laat val, dan gaan sewe soorte hel losbars in due Vrystaat.

Persheks Adri ·

Daar moet beslis nog verdagtes wees! Hulle is altyd meer as net 2 glo ek in my opinie… Ons wag in spanning vir die saak na al die drama en haatspraak teen ons boere!

Hoekom sê niemand iets omtrent die rooi petters nie? Ou groot hoed was dan daar toe hulle KILL THE BOER gesing het en steeds het die polisie nie 1 van hulle toe gesluit nie! Dit maak my boos kwaad verby. Hy lag lekker vir ons tot daar niks meer kos is nie dan gaan ons sien wie lag laaste!

4ntj13 ·

Ou Groothoed het langs Rooipette se leier in die hof gesit en met hom gesels!! Skandalig!

Persheks Adri ·

Dis wat my so kwaad maak! Die hele polisie mag was daar en NIKS word gedoen nie! Kan jy dink as ons so iets sê?

Alta Alleman ·

Daar hoef nie noodwendig bloed in die bakkie te wees nie. As hy deel was van die moord moet daar op ander wyse bewyse gekry word.

Persheks Adri ·

Die redenasie vermoë gaan my verstand te bowe regtig ek stem

4ntj13 ·

Omdat hulle ook aanmekaar foto’s van die vangwa se brandende kajuit eerder as die begin links onder die bonnet publiseer, begin ek dink die joernaliste is kop in een mus met die SAPS, NVG en hof!

4ntj13 ·

Dalk het hy eers die “orders” uitgedeel en intussen die wurg beplan, en beteken dit dus hy is die uiteindelike moordenaar. Die éintlike vraag is of Brendin se bloed op sy klere was, en selfs dit is nie absoluut nie. Vingerafdrukke sal meer vertel oor wie in die bakkie is, as hulle nie met handskoene probeer bestuur het nie.
Te oordeel aan André Pienaar se borgtog, het ons duidelik met ʼn rassistiese, of uiters dom regter te doen. Hartverskeurend vir ál my mense!

Jakes ·

Die verdagtes sal waarskynlik borg tog kry want deesdae is dit makliker om borg te kry as om asem te haal, behalwe as jy wit is.

Hercules ·

ek het nie medies geswat nie, maar ken die verskil tussen dinges en pampoen, en hierdie is nie pampoen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.