Senekal: ‘EFF-grondmagte’ by volgende hofverskyning

Die skade wat tydens ‘n betoging buite die hof op Senekal aangerig is, is wyd veroordeel. (Foto: DA)

Julius Malema, leier van die EFF, het ʼn beroep op die party se sogenaamde grondmagte en “vredeliewende Suid-Afrikaners” gedoen om volgende week na die hof in Senekal in die Vrystaat op te ruk om die “demokrasie en eiendom te beskerm”.

Chaos het gister by die hof losgebars toe duisende mense na die landdroshof opgeruk het waar twee vermeende moordenaars, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, in verband met die moord op die 21-jarige Brendin Horner verskyn het.

Horner se liggaam is Donderdag op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing gevind. Hy is wreed vermoor. Mahlamba en Matlaletsa is kort daarna in hegtenis geneem en het Dinsdag vlugtig op aanklag van moord verskyn.

Na afloop van die hofverrigtinge, waartydens lede van die publiek nie die beskuldigdes kon sien nie, het gemoedere hoog geloop en is ʼn polisiebakkie buite die hof onder meer omgekeer en aan die brand gesteek.

Malema het die polisie van lafhartigheid beskuldig toe hulle “met geweld en aggressie deur wit mense gekonfronteer is. In wat ʼn ooglopende teken van ʼn gebrek aan respek vir die marionetregering en sy gesag is, het wit mense skade aangerig, polisievoertuie buite ʼn hof omgekeer en aan die brand gesteek,” het die EFF uitgevaar.

Volgens die EFF het mense “die geweld gepleeg omdat hulle geweet het weens die kleur van hulle velle gaan daar nie teen hulle opgetree word nie”.

Die EFF sê in teenstelling hiermee is mynwerkers by Marikana soos “honde doodgeskiet” terwyl Fees Must Fall-betogers onder rubberkoeëls, traanrook en selfs koeëls deurgeloop het.

Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, het intussen ook gesê Dinsdag se optrede het geen plek in ʼn demokratiese en vrye land nie en dat die verwoesting van openbare eiendom onverskoonbaar en ʼn aanslag op die strafregstelsel is.

Brendin Horner (21) is wreed op ‘n plaas vermoor. (Foto: Twitter)

“Ons doen ʼn beroep op wetstoepassingseenhede om te verseker die oppergesag van die reg heers. ʼn Belangrike deel daarvan is om te verseker diegene verantwoordelik vir die ondermyning van die uitvoering van geregtigheid en die verwoesting van openbare eiendom ry aan die pen,” het hy gesê.

Die minister sê die reg om te betoog word in die Grondwet beskerm, maar geen reg is onbepaald nie en daarmee saam kom die verantwoordelik om wettig op te tree.

“As sulke aanvalle teen die verloop van geregtigheid toegelaat word om ongebreideld voort te gaan, loop ons samelewing die gevaar om in anargie te verval.

“Ongeag hoe sterk ʼn gemeenskap oor sekere kwessies voel, ons kan bloot nie mense toelaat om reg in eie hande te neem nie,” het Lamola gesê.

Die voorsitter van die parlementêre komitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Nkosi Zwelivelile Mandela, het ook ʼn beroep op die landbougemeenskap gedoen om toe te laat dat die reg sy loop neem.

“Ons doen ʼn beroep op die landbougemeenskap, boere, plaaswerkers en plaasbewoners om met staatsinstellings, die polisie, die strafregstelsel en staatsveiligheid saam te werk sodat ons gesamentlik op voorvalle van misdadigheid kan reageer,” het Mandela gesê.

Die komitee het ook sy medelye met Horner se familie en inwoners van die gebied betuig.

“Die komitee gaan vra vir ʼn spesiale taakspan wat bestaan uit al die betrokke staatsdepartemente op nasionale, provinsiale en distriksvlak, wetstoepassingsowerhede en landbouorganisasies om ʼn oplossing te vind vir die voortgesette aanvalle op boere en plaaswerkers.”

Die minister polisie, Bheki Cele, het vroeër ook gesê hy het met “skok en weersin” verneem van die betoging buite die hof wat eindelik tot brandstigting en vandalisme gelei het.

Cele het gesê misdadige gedrag sal nie geduld word nie en het die polisie gevra om diegene verantwoordelik aan te keer.

“Hoewel ons almal die wrede moord van die jong in Paul Roux veroordeel mag niemand die reg in eie hande neem nie – ongeag wat die situasie is. Dié soort wetteloosheid kan nie regverdig of ligtelik opgeneem word nie,” het Cele gesê.

Cele het ook gesê dit is nie duidelik waarom die betogers hul woede op die polisie uitgehaal het nie, nadat inhegtenisnemings gedoen is en die verdagtes betrokke by die moord in die hof verskyn het.

Bertus van der Westhuizen, die voorsitter van TLU SA se Vrystaatstreek, het vroeër gesê die ondersteuners se optrede by die hof weerspieël die gevoel op grondvlak onder boere. Hy het gesê Cele het ʼn onversoenbare houding en sy uitlatings jeens boere dra by tot hulle gevoel. Van der Westhuizen het gesê boere gaan nie “langer teikens wees nie”.

Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het gesê die DA verstaan die emosies ná die gewelddadige dood van ʼn jong mens en die frustrasies wat mense met die strafregstelsel het. Hy het gesê die DA gaan egter nie reageer op gewelddadige uitbarstings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

134 Kommentare

Werner ·

Hoop net ou Julias is ook daar.Dink hy Sal te bang wees.Sien jou daar Julias

MakersMark ·

Nee wat dis makliker om weg te kruip in ‘n vbs sponsored range rover en gevegs praatjies te maak.

Dries ·

Se die ‘leier’ wat sy vredeliewende grondmagte opdrag gegee het om Clicks winkels te verwoes oor ‘n advertensie, geskep en goedgekeur deur nie-blanke korporatiewe kanale, wat in elk geval gerieflikheidshalwe verkeerd interpreteer is. Ek dink ek moet vir so maand die nuus afskakel, hierdie is die absolute toppunt van GEKHEID!

Magda ·

ASB HOOP JY IS DAAR OU JULIA!!!!!!! (julius) OF IS JY DALK BANG – – – – — – – – – –

Elmarie ·

Judias sal nie daar wees nie, te lafhartig. Hy sal mense kry om sy vuil werk te doen. hy sien mos hy kry nou sensasie..maar sal nooit as person opdaag.

Genis ·

Kom asb Julius Malhema..ek wil jou graag toe-to-toe ontmoet.. ANC pikeneen…

Suzette ·

Dink julle ons is bang? Moenie so stupid fout maak nie….
In die artikel word genoem dat mense nie toegelaat kan word om reg in eie hande te neem nie – nou wat maak julle rooi kadotte dan – PRESIES DIT!! So kom – maar wees bereid om julle pak te vat.

Riaana ·

Ons is dalk bietjie skrikkerig bietjie huiwerig maar verseker nie bang nie…

Persheks Adri ·

Is dit huh rooi petters? Shame ons skrik vir julle! Gister was die begin en julle krap nou waar dit nie jeuk nie pasop pasop!

Julle kan geboue met petrolbomme bestook en wat kom julle oor?

ANC saam die hele lot moet loop tsek!!!

Maryna ·

JULIUS MALEMA – BRING IT ONS, ONS IS NIE BANG NIE

HOE GOUER, HOE BETER (OF MOET JY EERS TOESTEMMING KRY BY JOU WIT MAFIA MAATJIES ?)

Dup ·

Tot dusvêr was die meerderheid plaasaanvalle gemik op weerlose ouer mense.
Miskien moet ons kyk hoe die sogenaamde grondmagte gaan vaar teen weerbare jonger boere.

Androclus ·

sy hare kort Clicks se haarmiddel dis hoekom hulle Clicks so geplunder het.

Oros Soros ·

Grondmagte? Is die nou die nuwe naam van sy rondreisende rent-a-crowd?

Oujongvrou ·

Hierdie spul gaan opdaag met n magdom mense om wittes te gaan rondstamp en beledig. Hoop julle boere gaan ook almal opruk. Ons sit in die kaap. Snik. Maar ek waarborg julle nou dat die hele polisiemag ook daar gaan wees. Bloed gaan vloei in hierdie land dis verseker.

Inkpot ·

Die polisie het juis gister gewys dat hulle simpatie nie by die boere lê nie.

Riaana ·

Dis tyd… As dit sover moet gaan dan moet dit maar ons gaan nie langer staan en toekyk hoe word onskuldige boere vermoor dieselfde boere wst sorg dat Suid-Afrika voorsien word van kos!!!!

marthie ·

WAAROM MAG HULLE STRIKE GOED AFBRAND, GOED AFBREEK
MAAR SODRA WIT SWART BRUIN EN ANDER MENSE OOK NOU DIT DOEN. IS DAAR GROOT STORIE VERBONDE BOERE EN MENSE MAAK NIE WATSE RAS WAT PROBEER SAAM WERK EN NIE MENSE OP STOOK NIE OM VIR HUL VRILIGHEID TE VERDEDIG NOU WORD DAAR GEKLA. ONS LAND SAL NOOIT REGKOM NIE. MAAK MY HART SO SEER. ONS LAND HET AGTERUIT GEGAAN. DAAI BRIEF WAT EFF GESKRYF HET TOTAAL VERKEERD HAAL EERS DIE BALK UIT JUL OÉ UIT REGTIG ONS IS OOK MENSE ONS BEHOORT OOK HIER KYK HOE WERK BAIE RASSE SAAM MAAR DAAR MOET ALTYD IEMAND WEES WAT TRY KWADE STOOK ONS IS ‘N RAINBOW NATION MOET SAAM WERK OM ONS LAND OP TE BOU ONS ALMAL HET REGTE SOOS AL DIE BOERE EN MENSE VAN ALLE KLEURE WAT SAAM STAAN TEEN GEWELD ENS GENOEG IS GENOEG

Riaana ·

Ons gaan moet saamstaan, vir eens en veraltyd…n Boer was nog nooit bang nie!!!!

Kokerboom ·

Die spanning, chaos, woede en wreedhede kan verhoed word as die regering van die dag net sy werk doen, volwasse verantwoordelik optree optree en ophou die raskaart speel. Dink net waar sou ons land al gewees het as dit so was. Elke mens in die land het ‘n demokratiese reg om veilig te wees. Ongelukkig het die regering van die dag NIE die vermoeë en sal dit NOOIT hê!

Pieter ·

Blankes het die reg om ‘n polisievoertuig aan die brand te steek, hulle betaal belasting so hulle kan maak met die belastingbates wat hul wil, anders kry hulle bra min terug daarvan. Die meeste ander betogers en vandaliste in ander betogings is nie belastingbetalers of -onduikers. Wie gee hul die reg, maar kom weg daarmee. Die persoon wat ‘n polisievoertuig tydens Fees Must Fall in KZN aan die brand gesteek het is deur Ramphosa begenadig en uit die tronk. Dus dit is ‘n vergeefbare daad. Moenie belastinggeld op vervolging mors nie.

Kirst ·

Die houding is onrusbarend. Die Engelse gesegde “two wrongs don’t make a right” kom by my op. Maar so verval die Afrikaner. As ons hulle nie na ons vlak kan ophef nie daal ons maar na hulle s’n?
Eers ry ons te vinnig (wat teen die wet is), dan betaal ons omkoopgeld in plaas van boetes, dan koop ons smokkelsigarette en drank tydens die inperking. Maar Zuma en die ANC moet net nie omkoopgeld aanvaar of smokkel met die land se bates nie…

katerinadiekat ·

And to keep turning the other cheek means the wrongs against you will never stop. There comes a time when one has to make your stand. As for buying smuggled cigarettes and alcohol during the lockdown, it is our human right to purchase these consumer goods. If it cannot be purchased from a shop because some corrupt clown banned the sale of it, then there is nothing wrong with purchasing it elsewhere. Cigarettes and alcohol are consumer goods, not hard drugs or international arms dealing. The ban was absolutely preposterous and a severe violation of basic human rights.

Morne ·

Praat hy nou van beskadiging wat val alles wat hulle besjadig het oor die jare. Kom ou Julias die boere is al lank al moeg vir.

Riana ·

EFF…. FFF POT CALING THE KETTEL BLACK?Snaaks 2 weke terug hulle Click winkels af gebrand en gebreek oor ‘n shampoo advertensie… ‘n kind is vermoor en aan paal vasgemaak soos ‘n dier… en die boere mag nie kwaad wees nie…. seriously … is ‘n joke!

Anoniem ·

Riana, ek kan my herinner dat daar so ‘n ruk terug ‘n swanger vrou vermoor en aan ‘n paal vasgemaak is.

Ann ·

Aag Malema, gaan speel in die verkeer. Ek kan jou ‘n brief gee dat jy en jou EFF tjommies nie naby daardie hof sal kom nie, want julle sal totally outnumbered wees.

Enduro ·

Dit sal Julius se grootste fout wees, om aan n rou seer te kom krap. Ek het in al die videos van gister nie 1 boer gesien wat hardloop toe daar skote klap of donderbuise gegooi is nie. Dankie dat hy ons waarsku, ek is seker nou sal die boere reg wees vir die gespuis

Sobymykoolkop ·

Kom malema, wees vir een keer in jou lewe ń man en kom senekal toe en voer jou kanonvoer
grondtroepe aan

Die Goodwoodianer ·

Dit is mense soos hý wat die boere laat uitmoor. ñ Verklaring soos bg is uittartend. Hy moedig sy “troepe” aan om wragtig seergemaakte mense in die gesig te spoeg… Plaas dat hy self gaan. Sonder sy 50 lyfwagte.

Pieter ·

EK IS DAAR eff GAAN DAAR WEES EN ONS GAAN DANS. – HIER KOM N DING!!!!

LiveAndLetLive ·

OMW, en as julle mense alles afbrand en verwoes en moor is dit niks nie, hoekom staan jy nie eerder saam met die wit mense wat opstaan vir hulle mense wat vermoor word nie MAL EMMA – jou gedrag hier spreek boekdele van die feit dat JY JOU mense aanhits om blankes te vermoor – nie een woord oor die arme kond wat so wreed vermoor is nie, hoekom MAL EMMA nog hoegenaamd toegelaat word met sy aanhitsing in die land is ongelooflik en spreek nog verder boekdele van die ANC wat eintlik maar agter hom staan.
As dit nie is vir EFF se aanhitsing vir rasisme nie, sou daar nie n Senekal situasie gewees het nie en was die kind nog lewend vandag.

Hy hoort in n tronk.

Hercules ·

Mal-Emma en grootBek Chiellies is net besig om die blankes op te sweep, moenie daarvoor val nie!!

Mariana ·

Nee regtig Julius, geweld is mos jou forté. Jy spoor jou makkers aan tot geweld. Iewers gaan jy jou lelik vasloop teen die boere, maar jy hits net jou minions aan. Laat hulle die werk doen en slae kry. Lafhartige…..

MIA ·

Wat ‘n klug is dit nie?? Malema en sy kaders kan sê en doen wat hulle wil, dit is hulle reg. Maar nou moet daar opgetree word.

Andre ·

Almal wat kan trek op vir die volgende verhoor in Senekal.Ons wag vir Juliuis en sy maatjies.Laat hulle kom.

petro ·

Hulle het nog niks gesien nie!! Die EFF mag plunder nes hulle wil. Niemand ken die mag van die Boeremag nie!!!

My2Sent ·

Kyk, as die EFF daar gaan wees, kan ons maar seker wees dit gaan nie vreedsaam wees nie. Die Boere is GATVOL en soek ‘n vyand om uiting te gee aan hul opgehoopte frustrasie en emosie. Tans is die vyand onidentifiseerbaar…die EFF gaan hulself ontbloot as die uitkenbare vyand. Ek sal bid vir krag, moed & die bewaring van elke Boer wat daar gaan wees.

koos10 ·

Julius, jy haat alle wit mense, maar stel tog blankes aan om vir jou beskerming te bied. Is jy so stupid dat jy nie sien jy speel in die ANC se hand in, maar dit mos bewyse van iets wat ons al lankal weet.
Ek hoop jy en die EFF het genoeg geld geplunder om 40 miljoen mense te voed vir die volgende 10 jaar, want sien jou aksies gaan maak dat boere in die tonke gaan beland, of die land verlaat en dan is daar niemand kundig genoeg om die land te voed nie.
Jy moet bietjie dink boeta, al is dit baie moelik om dit te doen met jou ras gedrewe brein.
Sadam Hoesein is deur sy eie mense vermoor toe hulle genoeg gehad het en honger gelei het. Pasop dat dit jou nie oor 10 jaar oorkom nie!

MakersMark ·

Dis maklik om winkels te beroof en winkel assistante en ou mense te intimideer dink as die boere daar is kan die uitkoms vir die grootmond makkertjies dalk heel anders wees.

Herpiet ·

Ons is nou almal grootbek maar hier kom poef. Hulle is baaaaie. Mag God met ons wees.

Hoekom ·

Die Persiese weermag was ook baie. Die Egiptenare was ook baie. Die Ukraanse weermag was ook baie. Die Russe is ook baie. Die kombinasie van Syria, Jordan en Egipte was ook baie. Die Zulus was ook baie. Die Engelse was ook baie. Nommers was nog nooit ‘n bewys van waardigheid nie. Dapperheid is…

gpsa ·

Groot praat is maklik. Wonder hoeveel van die wat so groot praat was werklik daar, of gaan daar wees met die volgende hof verskyning.

Riaana ·

God sal by ons wees…Ons praat van MOORD… Moord op onskuldige boere,

Benn ·

O dit is in orde as die EFF dit doen solank ons dit nie doen nie!! Hypocrate!

Mrs H ·

Maar EFF mag maar voor Overvaal brande stig en ouers aanrand?! Kinders traumatiseer…???

Piet parys ·

Ronald lamola blykbaar met jou uitspraak is jy aan die verkeerde kant van die sel. Jou swart broers wat die land en staats eiendom verwoes en plunder en mense vermoor sit nie in die tronk nie . Jy moet weet alle staats eiendom is deur blanke belasting geld opgerig so wat ons sn is kan deur ons platge slaan word. So wat sal jy doen as jou familie wreedaardig vermoor word en die regstelsel het in duie gestort m . As jy dink die bietjie skade aan staats eiendom is erg dan moet jy elke dag jou kop teen n muur stamp dat jy lan wakker word .

Cornelius ·

Wit betogings ,nee, swart betoging, ja en geen polisie optrede nie.

Mrs H ·

Dis nou duidelik dat EFF agter die moorde sit, aangesien hulle juis oor grond redes daar wil wees?! Dit verduidelik ook die wreedheid van die moorde…

Mrs H ·

Kan AL die Bikers ook asb daar wees?!?!?? Kom maak ons trots soos julle al hoeveel keer reeds gedoen het!

Spook ·

Julesie, dankie vir die waarskuwing. Nou weet die boere ook dat julle daar sal wees. Jy moet egter onthou, dat praat en dreig een ding is, en dat die bakleideel ‘n ander ding is.
As jy mooi na al die videos van gister se ligte opstooitjie gaan kyk, sal jy sien dat nie een boer draadheinings stukkend gehardloop nadat daar op hulle geskiet is en skokgranate gegooi is, in ‘n poging om weg te kom nie. Inteendeel, die polisie het in hul pantserkarretjies gaan weg kruip.
So moet liewer nie karring aan ‘n ding wat jy later sal berou nie.
Soos ek alreeds gese het, dreig is een ding, baklei is ‘n ander ding boet. Se vir jou grondmagte om eerder by huis te bly, dis baie veiliger vir hulle.

Riaana ·

Julius homself sal nie daar wees nie hy is te bang lafard daarvoor

saggiespraat ·

Ons kannie daar wees in vlees maar sal daar wees in gees….. ASB n mens is bang ons is net mens
al is jy groot of klein maar staan julle staan manne GOD sal daar wees ons moet net glo en AANHOUDEND BID

Jana ·

ASKUUS????? Het ek reg gelees? So hy en sy minions kan clicks winkels verwoes en ander skade aan eiendom bring en soos breinlose diere optree wanneer hulle nie hulle sin kry nie, maar nou skielik bekommer hy hom oor beskaaftheid en eiendom?? Wat de hel? Jammer mense ek het nie bedoel om diere te beledig nie… En net sodat almal mooi kan verstaan, ek is nie ‘n rasis nie. Ek dink mense van alle velkleure is keelvol vir die ongeregtigheid in ons land.

Alta Alleman ·

Met Malema se aanhitsing gaan daar n bloedbad wees…glo my !!

Riaana ·

Dis tyd.. Hulle moet weet waar het David die wortels begrawe, en eintlik weet hle lankal maar duidelik moet ons hle weer herinner

Pieter ·

Bring vir cele saam jou groot bek ek sal weet wat om met jou te doen. Jou blanke lyf wag gaan jou niks help nie.

Zombie ·

Afriforum het in die verlede die volgende slagspreuk gebruik: “Wandel met Waardigheid “. Mag ons met waardigheid optree ten spyte van alles. Ek bid dat ons nie die ander se normes, waardes en optrede sal assimileer nie.

Maria ·

Die berigte is baie vaag. Dit impliseer asof die mense die dade gepleeg het.Die polisie het self deur die muur en ‘n heining gery, gejaag tussen die mense in,geskiet in die hofsaal. Die bakkie is omgegooi dat dit nie tussen die mense injaag nie. Niemand weet wie die bakkie aan die brand gesteek het nie, toe was al die mense al weg. Ek sou reken mens moet die polisie wyd veroordeel. Sienende dat dat twee van die aanvallers op Brendin Horner self klaarblyklik polisielede is

Baardman ·

Ry die boere met busse aan ASB. En stuur vir julius n amptelike uitnodiging. Hoop daar kom 10 keer meer anti julius en anc mense hof toe

Christina ·

Dink asb aan die vermoorde se familie! Hulle het nie oorlogs optredes nodig wat uitstelling veroorsaak nie. Reël liewer met ‘n kerk, kom daar bymekaar en soek die Here se reddende hand in die saak. Ons het nou nodig om kalm te bly.

Alta Alleman ·

Christina gaan jy die EFF lede saamnooi kerk toe vir vredespraaitjies?

Riaana ·

Ja regtig, tyd vir vrede is very… Ons het gesmeek vir ‘Vrede’ maar dit het op n dowe oor geval nou gaan hulle val. Dis so by so

Elsie ·

As Julius die clicks winkels kan brand is dit reg maar as die boere opstaan oor ons gatvol os vir die moorde dan is ons verkeerd. Julius jy en Cele moet solank begin hardloop. Lafaards

Aai ·

Beter hy bly weg.Nog nie een keer het hy gese staan saam met die manne wat kos voorsien hy sit agter dit.

Jessey ·

Sjoe Julias, het jy gesien daar was swart boere en plaaswerkers ook. Seneka, laat weet asb as daar nog mense nodig is om te kom kuier volgende week. Die Piesang Republiek is ‘n grap. Die Polisie voertuie is in elke geval in so ‘n slegte toestand, dat julle waarskynlik die staat ‘n guns gedoen het, want die papierwerk o hom af te skryf kos meer.

Julias, gaan kyk Tre Semme is terug op die rakke, jy het nie genoeg “rent a crowd” geld nie

koos10 ·

Dit sal die beste toets ook wees wat die swart boere en werkers ooit sal deurstaan. Wanneer dit gebeur gaan hulle gedwing word om kant te kies.

My2Sent ·

Hoekom wag vir ‘n uitnodiging? Almal wat moontlik kan moet uit hul eie, soos een man, opruk Senekal toe.

Nick ·

Hoop so al die boere trek saam en ja, Eff, pasop wat julle se, hier kom n ding en glo maar dat hierdie uitdaging aanvaar gaan word!! Ek sien uit na volgende hofsaak!

My2Sent ·

Hoop daar gaan meer as net die Boere opruk Senekal toe. Hulle voorsien ons van voedselsekuriteit onder nie alleenlik moeilike nie, maar uiteraard gevaarlike omstandighede. Ek dink die res van ons skuld hul dit om saam met hul daar te staan. Die fisiese aanvalle is dalk teen die Boere gemik, maar elke blanke in hierdie land word ook geteiken. Werk, studiegeleenthede, ens, ens, word die blanke geweier. So as mense rede nodig het om saam met die Boere te staan, dink bietjie watse toekoms SA vir jou blanke kind inhou.

Werner ·

Sien hulle roep nou hulle grondmagte op vir Vrydag .Hulle praat van rooi Vrydag en se weer attack boere moet baie paraat wees in daai streke .Hulle krap nou waar dit nie jeuk nie

Peetjie ·

Juju jy moet oppas wat jy dink en doen en sê … Al die plaasmoorde kan vierkantig voor jou deur gelê word… Jy is die instigator..

Nonnie ·

….. En soos gewoonlik is vier die ANC LEUENS hoogety!!!!!!

Andrew ·

hahaha, druk n luiperd in n hoek mnr Cele. En daar moet ook genoem word enige opstand deur die eff rakendede die storie sal n direkte uitdaging wees en wat net verdere verdeeltheid gaan veroorsaak. Ek dink mnr Cele jy moet dit ernstig opneem en die eff stop want daar gaan moles wees.

Tino ·

Sien Julius se niks van die jongman wat vermoor is nie. Julias is die lafvaart wat nie sal opdaag nie.

Ellakdp ·

Een dracht maakt macht
Julle kom krap nou hier aan boere wat
Nou genoeg gehad het!
Ons mag dalk die minderheid wees in die land
Maar vir mekaar sal ons tot op die bittere einde baklei!

Julle maal en breek soos jul lus kry, maar weereens die eensydige korrupte government sien net wat hule wil sien.
“Moenie die wet in eie hande neem nie”… ja wel as die flippen wet ons beskerm het soos dit veronderstel is om te doen, sal ons nie!

Racheltjie Debeer ·

Die EFF mag Clicks winkels vandaliseer en aan die brand steek oor sjampoe, maar die boere mag nie ‘n bakkie omkeer oor die MOORD van ‘n jong man nie!!! Dubbele standaarde Julias en Beke, maar julle sal dit in elkgeval nie verstaan nie!

Inkpot ·

Partykeer wens ek dat al die blankes die land verlaat net om te sien hoe lyk die land na 5 jaar.
Geen kos, geen dienste, niks!

Riaana ·

Dis wat moet gebeur, sodat hle kan sie sonder die wit Boer beteken hulle NIKS

Jakes ·

Asof ons nou sweet van bangheid. Die minister van Justisie moet eerder kommentaar lewer oor die moorde en verkragtings en wat hy daaroor gaan doen.

Faruk ·

Hoop ou grootbek kom saam sodat die boere hom daai deeglike loesing kan gee wat hy al so lank voor soebat. Hierdie fight moet ek sien!

Johanncb ·

Volgens Mnr Malema se verklaring mag sy mense wel aan geweld/moord skuldig wees, sonder vervolging!
Waar laat dit die res van die bevolking? Dink asseblief logies Mnr!

Henry ·

Watse respek het Malema vir wet en orde? Ongelukkig in die nuwe SA geld wet en orde net vir blankes. Julle probeer ons uitlok om as aggressors gesien te word. Bewys dat die polisie voertuig deur ‘n persoon aan die brand gesteek is? En verduidelik ook hoe jy en jou trawante wegkom met die hele land wat al aan die brand gesteek is? Jy vergeet om te noem dat die “vreedsame” Marikana oproeriges vroeer die dag twee sekuriteits lede koelbloedig vermoor he en die polisie gedreig was en uit noodweer opgetree het? Malema is ‘n rassis en aanhitser vir volksmoord. He is not calling for the slaughtering of whites YET!

Dries ·

Die Regering is oor en oor gewaarsku. Dit kookpot het al lank terug begin opstoot. As die Regering lank terug gewys het dat hulle plaasaanvalle [eintelik all misdade] veroordeel, was ons nie nou by hierdie punt nie. Blankes en in besonder boere is lankal keelvol. Die spanning het opgebou en opgebou. Dit moes een of ander tyd oorgekook het. Ek sal die 16de daar wees. Die tyd het aangebreek manne. “Toe to Toe” gaan ons met die Rooioorpakke staan. Wetstoepassers het nog niks gesien nie. Hierdie is die begin. Praat en veroordeel is nou te laat.

Rudolf ·

Ek stem volkome saam dat ons gefrustreerd en keelvol is. Kalm en helder denke is egter nou van kritiese belang. Weet dat Cele omtrent alles wat oor is van die Polisiediens by die volgende hofverskyning sal ontplooi. Dalk ook die Weermag. Ons wil nie `n bloedbad sien nie. Voorts mag hulle enige soortgelyke byeenkomste verbied ingevolge die Noodregulasies. Nee – ons moet nie die knieg buig nie, maar ons sal baie oordeelkundig moet optree.

Fedup ·

Now you see what can happen in a blink of a eye; mad hatter.
Never ever underestimate those you don’t think much about.
Now, take your little red garden gnome and stay out of our way.

Stefaan ·

Daar kom nou ‘n paar vrae op. Wat is eff se belange by die hofsaak? Wat gaan die doel wees van hulle teenwoordigheid? Wat probeer hulle bereik. Die antwoord is eenvoudig. Hulle gaan om konfrontasie uit te lok. Die keer gaan hulle in hulle doel slaag. Geen eff geen moeilikheid.

Linda ·

Daardie jong man se lewe was meer werd as n polisie vangwa.
Almal skop n bohaai op oor “ons “mense wat genoeg gehad het,maar niemand veroordeel die afskuwelike
daad nie.

Riaana ·

Alles gaan oor die daad en omdat daar niks teenoor die daad gedoen word, as ons nie nou baklei vir wat reg is het ons oor n paar jaar geen Boere oor in SA, helfte sal vermoor wees en ander helfte sal land verlaat, dit is NOU DIE TYD OM TE BAKLEI VIR WAT SAAK MAAK ONS MOET BAKLEI VIR WAT ONS WERD IS

Simoné ·

Ongeag hoe sterk ʼn gemeenskap oor sekere kwessies voel, ons kan bloot nie mense toelaat om reg in eie hande te neem nie,” het Lamola gesê. – behalwe as dit in jou eie belang is, en jy nie ligkleurig is nie, in daardie geval kan jy maar maak en moor soos jy lus kry, jy sal niks oorkom nie.

Cele het gesê misdadige gedrag sal nie geduld word nie en het die polisie gevra om diegene verantwoordelik aan te keer – blykbaar is dit glad nie misdadige gedrag om boere en witmense WREED te VERMOOR nie. Die verantwoordelike MOORDENAARS kom weg daarmee, daarom doen hulle soos hulle wil.

Nee wat, laat ons ook betoog en brand en breek, dalk sal die kamma leiers die idee kry, dat ons ook absoluut gatvol is!

Pasop! My GOD is GROOT, en HY pas my op!

Riaana ·

Trots op ons Boere, dis tyd om op te staan vir wat reg I s en nie net “The go with the flow” nie, ons moet standpunt vat en daar bly staan kom wat wil…

Androclus ·

Moet julle julle nie van hom laat afskrik nie hy is maar net mens met min gedagtes en gevoelens.Kyk hoe breek hulle Clicks se plekke af oor haarmiddels waarvan hulle die grootste gebruikers is vir daai vals hare.Julle boere baklei oor ‘n lewe van ‘n mens.
Hoe dom is hy nie.Wys hom op Senekal julle hoort ook in SA.Voorsieners van voedsel.
Sterkte

Pietie ·

Wonder wat dink die man is hy. Hy sal bair vinnig hardloop bang gat groot mond. Skuil agter sy makkers.????????

mymasekind ·

Asb EFF kom gerus.. hierdie is ‘n geveg wat nog lank van gepraat gaan word. Julle het ons boerevolk nou te ver gedruk.. ons gaan nou terug druk.

daniel ·

Dit is iets nuuts, dat die EFF nou skielik eiendom wil beskerm, gewoonlik wil hulle dit net vernietig.

Moedeloos ·

Sover as ek die videos op FB gesien het was daar geen wetteloosheid gewees nie. Was dit nie vir polisie wat n show wou vang nie, was alles rustig en kalm. Maar nee toe moes hulle mos moleste veroorsaak. MM wys daar video op jul blad asb.

Riaana ·

Hoop ons almal gaan agter ons woorde staan, vir lank genoeg is ons onderdruk, as ons nou saamstaan kan hulle vir eens besef die die “Boere” is en was nog nooit niemand se hier jy’s nie, as ons nie nou opstaan nie sal dit volgende keer te laat wees, ons moet opstaan vir ons boere, ons kinders en elke blanke se toekoms in die land voor daar regtig nie meer n land oor is nie… Dis NOU of NOOIT… Ons sal die slagveld ingaan en geen onheil vrees nie want God is met ons.. Amen&Amen

fs ·

Sien jou daar ou Julius… dis nou as jy en jou gesante kans sien vir ‘n paar duisend AFRIKANERS, mans, vrouens, kinders, ou mense, jong mense – ALLE rasse welkom wat moeg is vir die moord en misdaad in ons land. Senekal sal in die geskiedenis aangeteken word vir wat daar sal afspeel. Genoeg is genoeg nou !

Hannes ·

Ek vermoed die kommunis wil net ‘n eier lê aangesien die lockdown tydperk bewys het hoe irrelevant hy en sy makkers is.
Ek sien ‘n patroon, (pardon the pun) hy lewer net kommentaar op negatiewe gebeure.
Een ding is verseker, indien sy makkers daar opdaag gaan dit ‘n lelike ding wees. Hy sal nie daar naby wees nie, gebruik sy geïndoktrineerde volgelinge om amok te saai terwyl hy in weelde leef… “ All animals are equal, but some animals are more equal than others”

Gogga ·

So….dubbel standaarde as dit kom by optogte. Een groep is verhewe bo die gereg en die snaakste, sodra ‘n ander groep “geweldadig” raak en een ou voertuigie brand, dan word die “culprit” basies onmiddelik opgespoor en “word inhegtenisname binnekort verwag”…? Maar die ou wat ‘n petrolbom gooi, ‘n gebou afbrand of ‘n moord op ‘n plaasboer en sy gesin uitvoer kan om een of ander duistere rede nooit opgespoor word nie? Sjoe, wonderlike speurwerk, fantasties, ongelooflik!!!! Dit gaan my verstand te bowe dat sekere nuusgroepe ook gou was om te impliseer dat dit chaoties was gister en dit heel duidelik gestel het dat dit ‘n boer / boere was wat skote afgevuur het. Hoekom? Omdat daar “swaar gewapende” boere was? Ek hoop uit my hart dat Malema en sy dapper duisend wel gaan opdaag vir die volgende hofdatum….hulle gaan ‘n surprise kry

Riaana ·

Hoop soveel moontlik van ons daag – op, want hierdie moet ons aanpak as n Mag en nie a ‘one man band’ nie… Almal wat kan moet opdaag ons doen dit vir ons nageslagte se TOEKOMS!!!!

Sandra ·

Ek vra maar net. Hoeveel keer is daar nie sulke En nog erger voorvalle van privaat eiendom asook government eiendom vat so erg beskadig word, maar geen Cele of Malema is geskok oor dit nie. Ek vermoe dis maar die puntjie vd ysberg as jy die klomp mense kwaad genoeg maak. Ek verdoem alle geweldadige optredes, maar vra ook die vraag – wanneer gaan hierdie moorde endkry. Wanneer gaan ons Government Se genoeg is genoeg?

Riaana ·

As jy wit is nooit nie, vra maar vir Malema… As die kat kleintjies kry is dit die ‘White Manopoly’

Marlene ·

Wat goed is vir die een is nooot goed vir die ander nie. Hulle mag breek en brand left right and centre maar as ons i Nyala stoot is dit die einde van die wêreld en “ground forces moet Attack! En dis ok. Gatvol vir die eensydigheid.

Riaana ·

Hierdie tyd sal ek nooit vergeet nie want dit is die tyd wat ons weer kon saam staan, daar is nie n sterker mag as die boere as ons net saam staan nie… 16de Oktober gaan wys of ons die daad by die woord kan sit as hle ‘Eff’ probeer opstaan teen ons, hierdie is ons tyd… Ons tyd om te wys.. En stap vir stap te verduidelik ONS IS GATVOL, die verder gaan hle ons nie vertrap en verstoot nie maar die bordjie word omgeruil, ons is 1 vir almal en almal vir een.. Maar in ons naam sal daar nie weer n ONSKULDIGE BOER vermoor word nie DIS KLAAR!!!!

Pieter ·

Ja ek hoop julius is ook self daar, hulle kan hom stuur om vir die boere te gaan se,hulle moet hulle gedra.
:)

Lee ·

Hier kom skielik ‘n stemmetiie uit die Wildernis. Ou lafhartige Julius, die draadsitter is ook teenwoordig. Pateet

Blikkies ·

Ek vat verlof, ek gaan daar wees en reg wees. Hoop net soos die ander ou Julias is daar homself……..kan nie wag nie.

Miskruier ·

Hoop ook “nie boere “sal by die volgende hofverskyning wees.

Vrijburger ·

Bedaar mense, julle is besig om in die hande van die vyand te speel. Dink strategies, kies julle ‘gevegte’ met oordeel.

TO ·

En wanneer julle kronies reg in eie hande neem clicks afbrand polisie voertuie aan die brand steek, skole afbrand, boere vermoor. Regtig het julle Enige skool opleiding gehad want julle weet nie wat anargie of respek beteken, want die blanke sal betaal

Nico ·

Hoe kan Malema vinger wys na die witman, kyk na jou eie mense wat tydens die Clicks debakel winkels geplunder het, wat het Cele gedoen aan die saak niks, vir my is dit ‘n rassistiese optrede.

Boerpampoen ·

Die verskil is en sal altyd bly : Die Boere is daar vir die regte redes, geregtigheid.
Rooikappies is daar vir ongeregtigheid, haat, tarting en enige iets om hulself beter te laat voel want hulle sal hulself nooit kan verlos van hule eie skande nie. Soos n narsis kroon hy homself as die ” beskermer van eiendom” .

Die klomp narre sal spoeg,swets, tart, breek en brand en elke kamera sal dit afneem.

Die Boere druis, die Boere het integriteit, hulle sal in hulle hordes opdaag vir die regte redes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.