Senekal: Hof sê oor borgtog vir tweede verdagte

(Foto: Twitter)

ʼn Tweede verdagte in voorverlede week se oproer buite die hof op Senekal is nou ook op borgtog vrygelaat.

Stefanus Johannes (SJ) Fourie (33), die eienaar van ʼn insleepdiens op die dorp, het Maandag in die landdroshof op die dorp verskyn op aanklag van openbare geweld, brandstigting, poging tot moord en aanranding.

Hy word, soos André Pienaar, beskuldig van betrokkenheid by geweld in die dorp toe twee beskuldigdes in die Brendin Horner-moord vir die eerste keer in die hof verskyn het. ʼn Polisievoertuig is onder meer omgekeer en het aan die brand geraak. Skade is ook aan die hofgebou aangerig.

Pienaar is vroeër vandag op borgtog van R15 000 in die hooggeregshof in Bloemfontein vrygelaat.

eNCA berig Fourie het vlugtig in die hof verskyn en is ook op borgtog van R15 000 vrygelaat. Die staat het nie sy aansoek om borgtog teengestaan nie.

Hy ontken skuld op die aanklagte teen hom. Fourie voer onder meer aan hy was op die toneel om die polisievoertuig wat beskadig is, weg te sleep. Hy het uiteindelik nié die voertuig help verwyder nie.

Pienaar en Fourie verskyn albei weer op 20 November in die hof.

Sekwetje Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (44), wat tereg staan vir die moord op Horner, se aansoek om borgtog word intussen Dinsdag in die landdroshof hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JohanR ·

Ek sien in die berig ‘n polisie motor wat brand. Het hulle al die ou gekry wat die vuurhoutjie in ge gooi het……ons weet hy was nie wit of ‘n boer nie? Of is dit waaneer jy ‘n wit ou of ‘n boer in die tronk het, hoekom boder om nog verder te soek? Kla maar die wit ou of die boer aan vir die brand van die polisie wa ook.

Wielspore ·

Die polisie was te vêr weg om te sien wie het die vuurhoutjie gegooi, die mense wat naby gestaan het almal lighters en vuurhoutjies aangebied.

Belinda ·

Darem vreeslike bedrae wat hulle moes betaal en die oortreding is nie eers so erg soos moord nie…..
Hoor die 2 wat die moord gepleeg het, het net R500.00 groot verskil hierdie

My siening ·

Waar wil jy nog bewyse hê dat Pienaar weens ras aangehou is sonder borg maar eers vandag in Bloem, skielik kry senekal hof dit reg en vra nie eers vrae vir beskuldigde 2 nie want hulle het hulle naam bollie gemaak. Staats aanklaer en magistraat.

koos10 ·

Ek is bly dat hiedie hof darem die hoog gereshof se uitspraak eerbiedig.
Ek sien baie groot siviele eise in die toekoms.

Pieter ·

Maak soos die ANC en EFF kommuniste ontken net als ons leer nou by hulle.

tweeling ·

Ek sien “humble” pastei verkope gaan die hoogte in skiet vir die staat se oorreaksie.

Jannie van Niekerk ·

Ek wil graag weet vir WIE mnre Pienaar en Fourie probeer vermoor het. Sover my karige kennis strek, moet mens iemand FISIES probeer vermoor voordat jy van poging tot moord aangekla kan word,. Indien die Seneklal se polissie se beskermlinge, die kastige vermeende moordsalgoffers is, is hier ‘n groot liegstorie aan die gang. Die twee menere was dan nie eers naby die moordenaars nie….Is Cele en sy polsie dalk besig om blankes te terroriseer?

Persheks Adri ·

Direkte aanval op die blankes en hulle was spiteful om Andre so lank te hou! Jy wil mos ‘n punt bewys Cele met ons klomp. Julle is pateties verby regtig waar. Ek sou my dood skaam as ek julle uniform moes dra!

Wat nou van daai rooi petters wat regtig skade aan gerig het met Clicks en hulle KILL THE BOER huh?

Maak my naar kots naar verby!

Ronéll ·

Ek twyfel of die polisie voertuig aan die brand gesteek is. In my opinie, nadat dit op sy sy beland het, het die brandstof uitgeloop. Die polisie het gasgranate en knetter wetters tussen die boere ingegooi. Die gooi van die knetter wetters het vonke veroorsaak wat tot die brand van die polisie voertuig gelei het. So in my opinie het die polisie se handelinge die brand veroorsaak. Ongelukkig ken baie polisie beamptes nie die gevaar wat die gooi van n knetter wetters inhou nie. Dit is vir my baie vreemd dat niemand sedert die voorval dit noem nie.

Gerhard ·

As die battery nie meer die nodige vashegting gehad het nie, het dit rondgeval en ‘n kortsluiting veroorsaak. Daar begin die voertuig dan self brand. Dit beteken nalatigheid met die voertuig onderhoud.

Nico ·

Julle het die twee boere van terrorisme aan gekla, word wakker en kyk hoe gaan die swartes aan tydens ‘n betoging asook die rooi pette, daar word niks aangedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.