Senekal-man hoor dán van hooggeregshof

André Pienaar (51) tydens die betoging buite die hof op Senekal.

Die hooggeregshof in Bloemfontein sal Maandag uitspraak lewer rakende André Pienaar, ʼn sakeman van Senekal, se aansoek om appèl teen die landdroshof se besluit om sy borgtogaansoek van die hand te wys.

Ilanie Oberholzer, Pienaar se regsverteenwoordiger, het bevestig uitspraak is voorbehou nadat die aansoek vroeër vandag in die hooggeregshof aangehoor is.

Pienaar het hom tot die hooggeregshof in Bloemfontein gewend in ʼn poging om op borgtog vrygelaat te word.

Hy staan tereg op aanklagte van openbare geweld, aanhitsing tot geweld en poging tot moord.

Pienaar is verlede week in hegtenis geneem nadat chaos by die Senekal-landdroshof uitgebreek het waar twee mans in verband met die moord op Brendin Horner verskyn het.

Horner, ʼn 21-jarige plaasbestuurder, se liggaam is op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux gevind nadat hy wreed daar vermoor is. Twee vermeende veediewe, Sekwete Mahlamba en Sekola Matlaletsa, is ná sy dood in hegtenis geneem.

Talle mense het tydens die twee se eerste hofverskyning na die hof opgeruk en ʼn polisievoertuig is omgestoot en het aan die brand geraak, terwyl skade ook aan die hofgebou aangerig is.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag vir die tweede keer in die landdroshof op die dorp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trotse Boervrou

Ons bid dat jy hierdie keer regverdig behandel sal word. Sterkte André.

Persheks Adri

Ons bid en hard ook! Andre ons is bankvas agter jou!!!

Hoop hulle vra die vraag ook:

Hoekom word Malema en kie nie toe gesluit vir die skade en petrol bomme by Clicks nie??? Plus al sy ander oortredings… O ja, hy’s mos bo die wet met sy rassisme en haat spraak ELKE dag!

Frederik C

Vrydag gaan die ” grondmagte ” die hofgebou beskerm.

Anel

Nou wie het hy probeer vermoor?

Hans

Nou het die polisie van aan die brand “geraak”. Hul weier om te erken dit was nie deur een van die boere aan die brand gesteek nie.