Senekal-oproer: ‘Daar moet gevolge wees’

Die ondersoek na wie die polisievoertuig omgestoot en hoe dit aan die brand geraak het, is nog aan die gang. (Foto: Twitter)

Dr. Johan Burger, ʼn polisiekenner en self ʼn oudpolisieman, sê die polisie sal volgende week, wanneer die jong Brendin Horner se vermeende moordenaars weer in die hof op Senekal verskyn, goed voorbereid moet wees.

Die EFF het reeds aangedui dat hy sy sogenaamde grondmagte by die hof wil ontplooi waar Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa na verwagting Vrydag weer verskyn.

Skade is Dinsdag by die hof aangerig toe enkele oproeriges wat na die hof opgeruk het, na bewering ʼn polisievoertuig omgegooi het. Die voertuig het aan die brand geraak, hoewel dit in hierdie stadium nie duidelik is wie vir die optrede verantwoordelik was nie.

Burger sê sommige van die betogende boere se eise dat die verdagtes aan hulle gewys en selfs oorgelewer moet word, was onredelik. Dit sou boonop onwettig van die polisie wees om gehoor te gee aan só ʼn eis.

“Mense was opgesweep en sommige van hulle was taamlik aggressief. As jy selfs net die verdagtes aan hulle gewys het, was die kans goed dat hulle stormgeloop en taamlike leed aangedoen sou word.

“Daar moet in gedagte gehou word dat die polisie die verdagtes gearresteer het kort na die moord op die jong man. Hulle het daarna ook ʼn verantwoordelikheid om daardie mense nie net aan te hou nie, maar ook om hulle te beskerm terwyl hulle in aanhouding is,” het Burger, ʼn konsultant verbonde aan die Instituut vir Sekerheidstudies se program vir justisie en geweldvoorkoming, gesê.

“In daardie opsig was die polisie se optrede reg – hulle kan nie die verdagtes vertoon of oorhandig nie. Ek dink dit was uiters onverantwoordelik en onredelik om dit van die polisie te vra.”

Burger sê dit lyk of die situasie na dié onsuksesvolle eis begin handuit ruk het.

“Daar was sommige mense wat dalk bietjie te oorywerig was om hul frustrasie te toon en in die proses kan jy nie die polisie kwalik neem dat hulle dalk bedreig gevoel het nie. Skote is afgevuur, maar klaarblyklik nie op die boere nie.”

Hy sê daar was boonop net ʼn handjievol polisielede by die hof. “Jy sou hulle dalk kon kritiseer dat hulle die situasie anders kon hanteer, maar dit was ʼn klein getal polisielede en jy kan hulle nie kwalik neem dat hulle bedreig gevoel het deur ʼn redelik oproerige groep mense nie.”

Rede tot frustrasie

(Foto: Reint Dykema)

Burger sê boere het in die verlede al talle kere opgeruk om te betoog, maar dat dié byeenkomste gewoonlik glad nie deur enige geweld of oproer gekenmerk word nie.

“Die boere het die reg om te protesteer. Hulle is gefrustreerd en het rede om ongelukkig te wees. Die moord op daardie jong man was buitengewoon brutaal en wreedaardig. ʼn Mens kan die emosie en ongelukkigheid verstaan. Ek deel hulle gevoel en ek was net so ontsteld daaroor. ʼn Mens mag jou uitdruk, maar daar is grense.

“As jy simpatie vir jou saak wil behou, moet jy dit doen op ʼn manier wat nie die saak skade berokken nie. Sommige heethoofde het die kwessie te ver gevoer en dit het hulle saak ongelooflike skade aangedoen. Ek dink dit is jammer dat dit so gebeur het,” het hy gesê.

“Ons moenie dit wat ander mense verkeerd doen, aangryp as iets wat aanvaarbaar is nie.”

Burger sê daar was boonop net die dag tevore ʼn hoëvlakvergadering tussen polisiehoof John Khehla Sitole, verskeie van sy senior offisiere en die landbouorganisasies TLU SA en AgriSA, asook die burgerregtegroep AfriForum, oor planne om landelike veiligheid te verbeter.

By hierdie vergadering is onder meer ooreengekom dat meer hulpbronne beskikbaar gestel gaan word en die reservistestelsel uitgebou sal word. Daar gaan ook kwartaalliks vergader word om bestekopname te doen van planne wat in werking gestel word en om die sukses daarvan te bepaal. Die vergadering is as groot vordering in die stryd teen misdaad bestempel.

“En ʼn dag ná ʼn baie konstruktiewe ooreenkoms, vind die situasie op Senekal plaas.”

Moenie geweld ‘regverdig’

(Foto: Twitter)

“Ek wil dit beklemtoon: Ek verstaan en ondersteun die reg van die boere om as ʼn kollektief te protesteer en hul misnoeë te kenne te gee oor die feit dat hierdie aanvalle en moorde voortduur. Die boere moet egter nie toelaat dat hulle meegesleur word om te doen wat ander groepe doen en wie se optrede ons nog altyd veroordeel het nie.

“Die boere moet doen wat hulle nog altyd doen: verantwoordelik en kollektief optree. Die oomblik wat hulle ook wetteloos optree, bevind hulle hul in dieselfde kraal as radikale groepe.

“ʼn Boer is nou in hegtenis geneem en baie mense is ongelukkig, maar wat verwag jy van die polisie? Daar moet gevolge wees vir ʼn polisievoertuig wat omgekeer is en aan die brand geraak het. Ongelukkig, wanneer jy meegesleur word tot op ʼn punt waar jy self by onwettige optrede betrokke raak, gaan daar gevolge wees.”

Hy sê ook dat verwysings na die EFF se betogings vroeër by Clicks – teen ʼn rassistiese advertensie vir haarprodukte – nie as regverdiging vir ander misdadige optrede gebruik moet word nie.

(Foto: Reint Dykema)

Burger sê hy het egter self bitter min ooglopende wapens op foto’s en video’s van die gebeure gesien. “Die meeste van die mense was rustig. Daar was swart en wit mense en selfs kinders teenwoordig. Ek het geen wrywing tussen hulle bespeur nie.

“Ek het ʼn paar heethoofde, voorbokke, opgemerk wat op die polisie geskreeu en eise gestel het, maar dit was nie die groter groep se houding nie. Ek het niemand van diegene wat daar was ʼn wapen gesien rondswaai of skote sien afvuur nie. Daar was beslis ook geen sogenaamde swaar gewapende boere nie. Sommige mense het dalk lyfwapens gedra, maar dit is hulle reg en hulle moet weer terugkeer na hulle plase toe.

“Ek dink dit is van alle waarheid ontbloot dat swaar gewapende boere opgeruk en met wapens gedreig het.”

Voorbereiding, beheer nodig

(Foto: Reint Dykema)

Burger sê Dinsdag se situasie kon wel veel erger gewees het. Hy meen die polisie kan en moet volgende week, wanneer die verdagtes na verwagting weer in die hof verskyn, geen kanse waag nie – veral nie omdat meer groepe na die dorp wil opruk nie.

“Die polisie sal moet sekermaak dat hulle in groot getalle daar is sodat hulle die situasie kan beheer. Daar kan moontlike konflik wees en die polisie kan in die onbenydenswaardige posisie beland waar hulle hul in die middel van betogende partye bevind.

“Daar sal ervare bevelvoerders moet wees en genoegsame getalle om mense uitmekaar te hou.”

Hy sê as daar ʼn situasie ontstaan waar groepe mense wat reeds emosioneel opgesweep is met mekaar slaags raak, ʼn nuwe “Marikana” hom kan afspeel.

Burger sê na sy mening moet die polisie en ander leiers mense vooraf reeds tot kalmte maan en selfs versoek om nie hof toe te gaan nie.

“Terselfdertyd moet mense ingelig word dat die polisie in groot getalle ontplooi gaan word en indien enige voorvalle van geweld uitbreek, gaan daar inhegtenisnemings wees. Ongeag wie jy is of verteenwoordig: As jy oortree, gaan jy die gevolge dra. Dít is die boodskap wat oorgedra moet word.”

Burger sê sommige mense wil nou eenmaal nie na rede luister of ʼn saak op ʼn verantwoordelike manier uitpraat nie.

“Hulle wil hê jy moet sonder meer inval by watter radikale goed hulle ook al beplan en as jy dit nie doen nie, word jy as verraaier bestempel.

“Ek het begrip, ek het simpatie … maar ek kan nie toekyk en ʼn situasie goedkeur waar ons mense tot so ʼn mate meegesleur word dat hulle dieselfde dinge as ander radikale groepe doen en hul optrede aan die hand daarvan regverdig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

JohanR ·

Die polisievoertuig IS NIE deur ‘n Afrikaner, ‘n boer of ‘n witmens aan die brand gesteek nie. Daar was opstokers daar wat wou seker maak dat die boere in ‘n slegte lig gesien word. By die volgende hof verskyning sal daar nog meer opstokers wees. Die ding by Senekal kom ‘n lang lang pad. My ouers is al in 1996 aangeval…..dit is nou 24 jaar gelede. Hoeveel boere bloed het al in 24 jaar gevlooi? Party keer moet jy net ‘n streep in die sand trek en se “tot hiertoe, en niks verder nie!”

Kokerboom ·

Goed gestel Dr Burger. Ten spyte van gruweldade is kalmte en selfbeheersing uiters noodsaaklik. Ons moet verhoed dat ons nie tot die vlak van optrede van die ANC daal maar dat ons deur intellek, volwasse optrede, selfbeheersing en slim skaakspel die sielkundige politiekery en boewery van die ANC gaan oorwin. Sterk gemeenskaps leier leiding is hier uiters noodsaaklik!

wilhelm ·

Kokerboom my maat ons het nie meer leiers nie.Diegene wie ons so in die bosoorlog ingehelp het is almal of afgesterwe of lewe lekker op hulle pensioen.Die res wat so maan en kamma by vergaderings ons saak stel is afgemat en nikswerd.Maar ek stem saam met u,die ding kan nie toegelaat word om leierloos in anargie te ontaard nie.Ek hoop ‘n groot boom rys bo die woud uit en vat ons vorentoe.Groete.

Juls ·

Jammer om te sien jy kry soveel af duimpies, ons het ‘n sterk leierskorps nodig soos jy se, ons is opbouers nie afbrekers nie

Brakpan ·

Ek stem heeltemal saam maar die probleem is dat die stawwe nie konsekwend toegepas word nie. Daar is legio voorbeelde waar staateiendom beskadig word en dan word dit onder die tafel ingevee. Om reaksie te kry raak die “verkeerde” optrede nou die norm!! Dis n kwessie van ” maak soos die res, dan word toegegee”. Nou kry n oplossing daarvoor by hierdie regering!!!

Villie ·

Dr Burger is reg. Ek verstaan dat ons kwaad, hartseer en gefrustreerd is. Ons moet egter nie toelaat dat ons in die riool saam met EFF en ANC ingetrek word nie. Kom ons wys vir hulle en die wêreld ons is beter as hulle.

koos10 ·

Die EFF gaan na die hof om die boere uit te lok. Hulle beplan om die aggresors te word.
Hulle het geen saak daar te bepleit of ondersteun nie, siende dat hulle wit mense haat.

EFF keep away from Senekal. Your leader is sending you on a war path, but he will not go or attend himself, because he is to afraid.

Johan, jy het die Clicks voorval genoem, maar ongelukkig is daar met elke optog skade. Sowat ‘n maand terug is die hele Pretoria se verkeers beheer stelsel verwoes deur betogers. Hulle het aanhou betoog, selfs nadat daar aan hulle eise voldoen was (dit was vir meer geld en die moord op hulle mede betogers nie). Hoeveel betogers is gearresteer vir die skade wat hulle aangerig het?

Die SAPS het die boere te lank geignoreer en die sogenaamde minister het boere aangeval op ‘n vergadering. Die vergadering waarna Johan verwys beteken niks. Daar is al hoeveel sulke vergaderinge gehou en die uit einde van die saak was dat meer boere vermoor word.

Ian ·

Wyse raad soos altyd Johan Burger. Die volk raak egter moeg om uitgemoor te word, so ek is bevrees dit is net die begin.

Riaana ·

Vir te lank moes Boere ja en amen, as jy nie daam ons kan staan ni is jy welkom om eff ye join, maar stil bly en terug staan is geheel en al ni meer n opsie nie, dis omdat ons vir jare en jare ge ja en amen het vir fi anti christ dat dinge sover gegaan het, die tyd het gekom dat ons vir onself, mekaar ons nageslagte moet opstaan.. Wat gebeur moet gebeur die datum is aangekondig, nou moet ons standpunt neem of wegkruip soos mugu’s die keuse le by ONS… Die Boere

Andre ·

Ek stem saam, daar moet gevolge wees. Dieselfde as wat by ander betogings, opstande, beskadiging, plundery en brandstigting gebeur het.

Dries ·

Klink vir my goed. Dus sal die ‘oproerige boere’ gelukkig niks oorkom nie.

Persheks Adri ·

Hoekom word EFF nie dieselfde behandel nie? Hulle het nou gesien ons boere is keelvol. Hoekom is hy deur 7 vans gaan op tel?

Sobymykoolkop ·

Presies A3, as jy hulle bel om uit te kom is daar GEEN voertuig beskikbaar nie, maar as hulle jou kom haal………..vrek bang as jy my vra.

Werner ·

Ou Burger is n regte gatkruiper die geweld wat uitgebreek het was agv opgeboude furstrasie wat oor 25 jaar kom. Vyf en tintig jaar se opgekropte frustrasie wat tot n klimaks gekom het toe sy minister van polissie dit duidelik gemaak het dat boere niks beteken nie. Die brutale moord van Brendan was die laaste strooi.Al ons vreetsame optogte word af gelag so gaan preek maar vir jou minister en se hy moet konsekwent sy werk begin doen of baie erger le nog voor

pestilensie ·

Mooi storie , vertel ons net wat ons nie moet doen . Vertel ons nou wat ons moet doen om ons self te verdediging , jy sal vind dit is nie so maklik . Ons sit met n meerderheid wat ons nie erken en ons nie in ONS land wil he . Dit sluit ons edelagbare Pres in

Michael ·

Dit mag wees dat die polisie reg opgetree het. Maar nogtans. Hoekom het dit sover gekom? Omdat die ANC glad nie belang stel in die veiligheid van hulle wit medeburgers nie. Hulle stel ook nie belang in die wit boere. Hulle will ontslae raak van die wit boere. Die Problem le diep in die ANC. Daar sal niks van kom. Die verdagtes gaanmiskienn tronkstraf kry of hulle ontsnap en vlug oor die grens. En met die volgende moord begin ons nou van voor af, of hoe.

Wondermaarnet ·

Hulle vreet lekker wat die BOER supply, maar wil die supplier nou uitmoor.

Riaana ·

Jip, hle wil ontslae raak van die wit boere volk, maar sonder ons sal die land jeeltemal val, als gaan kom as ons dit nie nou stop sit ni

Hannes ·

Ek neem kennis van Dr Burger se kommentaar. Weet net nie waar gaan die bevoegde bevelvoerders van die patetiese Sapd vandaan gaan kom?

PH ·

Hou die EFF weg anders gaan daar probleme wees as ek die situasie reg lees. Dit lyk my tyd vir mooi praat is verby.

wilhelm ·

Dis opvallend dat daar altyd na gevolge verwys word as blankes hul misnoeë,te kenne gee maar as swartes en spesifiek die EEF eiendom verwoes en mense intimideer,gebeur dadels? Geld die sg regte dan net een kant toe? Wanneer verskyn Malema en Shibango eendag in die hof om verhoor te word vir hul openbare onwettighede…waarom word die verhore/vonnisse net aanmekaar uitgestel? Jy kan ‘n Boer net sover intimideer maar dan gaan die kompos spat.Vra ou oorle Victoria en haar generaals……..

Vriendelike Frikkie ·

Ek dink daai Ford het self omgeval as jy die Amerikaners se stories oor die Ford Bronco kan glo. Toe het hy self aan die brand geraak as jy die stories oor die Ford Kuga kan glo. Geen opstokers nie. …and that your honour, is my opening statement. ;-)

Natasha ·

Ja, die boere se eise was dalk onredelik, maar gaan in diepte in van polisie wat nie belangstel om hulle werk te doen deur kriminele aan te keer en geregtigheid te laat geskied nie. Ons is almal moeg vir al die kriminele aktiwiteite in die land en die wreedheid wat daarmee gepaard gaan terwyl ons regering dit aanhits en niks verder doen as net nog kommisies oprig wat nog verslae moet doen en dis waar dit bly nie. Ons wil daadwerklike aksie sien dwars deur die bank sonder dubbel standaarde. Ons regering forseer ons om reg in eie hande te neem, want hulle doen dit deur al die korrupsie en bloed wat op hulle hande is. Daar het Juluis Malema weereens op twitter die EFF aangemoedig tot geweld “Fighters Attack” en niks gebeur met hom nie. Beki Cele het gesê boere moenie kla as hulle seer kry nie, so ons almal weet waar sy lojaliteite lê om nie eens te praat van Ramaphosa wat nou eers vir 2 maande erken dat plaasmoorde wel plaas vind nie. GENOEG IS GENOEG!!! Wat is ‘n lewe vandag werd?

Maritha ·

Verstaan ek reg? Die polisie MOET hierdie moordenaars beskerm en veilig hou! Ek sou sê hulle MOET die boere en gemeenskap veilig hou! Ek het lanklaas ń polisie man of vrou gesien wat fiks en gesond lyk. Hulle is so vet en hulle klere span om hulle lywe en lyk sleg. Plaas hulle weer trots raak op hulle self en besef dat hulle ń beroep gekies het om die mense van ons land te beskerm en dien. My belasting geld betaal immers hul salaris. Neeee wat. Hier kom moeilikheid. “Ma-lê-ma” liewer in jou bed en bly weg van daardie hof af.

Deon ·

Waar is al hierdie ekspert raad as daar ander optogte is oor sogenaamde dienslewering? Ek wens ek het telling gehou van hoeveel vergaderings is met die polisie en minister van polisie en al wat n sekuriteits persoon van al wat n politieke party is gehou. Mense is keelvol want die gereg doen nie hulle werk reg nie.

Jakes ·

Die boere moes hul standpunt aggresief beklemtoon. In SA kom daar weinig van vreedsame protes. Die aanhitsing van Malema beteken meer rassewrywing wat ons land nie kan bekostig nie. Dit is egter hoogtyd dat CR iets hieroor kwytraak maar soos gewoonlik hoor ons niks van hom nie.

Sobymykoolkop ·

Wanneer hulle people protes aanteken hou die polisie ALTYD net die situasie dop, al is daar geweld en brandstigting. Hulle het ook net rubberkoeëls, die gate wat deur hulle in die dak geskiet is is met lewendige ammunisie.

Elmarie ·

Wat het Malema hiermee uit te waaie of wil hy hierdie grusame en onnodige moord kondoneer met sy teenwoordigheid. Dis moeilikheid soek hy en sy trawante het NIKS daar te doene. Dis mos nie ‘n politieke moord so NIKS met hom en sy spul te doene!

Elmarie ·

Ek hoop iemand gaan erens hoog wees en van bo af als afneem sodat mens bewyse het van wie wat gedoen het. Veral die rooi klomp moeilikheidmakers…

Alta Alleman ·

Net een vraag : Hoeveel wit mense ondersteun die EFF? Tot dusver sien ek GEEN , want glo my, as ek sou wou aansluit sou ek summier afgekeer word. So waar kom die wet ter sprake. Is ALLE politieke partye nie veronderstel om oop te wees vir alle rasse nie ? BLF is juis hierdeur verban.

Tino ·

1stens is die polisie nie bevoeg om hierdie situasie te hanteer nie, hulle kan ook nie landelike veiligheid hanteer nie want as hulle kon sou die situasie nooit tot hier gevorder het nie. Hulle kan nie eers die vee diefstal hokslaan nie, self net deur die vee diefstal situasie op te los sou Brendan nooit vermoor geword het nie

2dens het die protes wat in die verlede aangeteken is op dowe ore geval. Wat verwag julle?

3dens, waar sit al daai EFF lede in die tronk wat die H&Ms en die Clickse en talle ander sake beskadig het nou weer?

Annatjie ·

Probeer jy ons oortuig dat die polisie wat tussen die mense in jaag en die skokgranate deur die polisie ‘n mens nie behoort kwaad te maak nie. Burger jy is eenogig. Jammer

Hoekom ·

Ja ons het nog altyd in vreedsaamheid geprotesteer, en wat het dit ons in die sak gebring? Absoluut niks, net nog terreur aanvalle en moorde word gepleeg, terwyl die ANC regime, polisie en EFF terroriste stil stil giggel! Dit is tyd dat daar geluister word na ons, niemand mag meer hulle rug draai en maak of hulle nie sien nie. Ons sal hulle maak sien! Wat is julle oplossing? Kom ons onderhandel nog so bietjie terwyl ons geboorte land se grond sopnat is van ons volk se bloed. Julle onderhandelings planne kom al ‘n lang pad en wat het dit verander, ek sien geen verandering behalwe nog vryhede wat ons ontneem is nie, net nog rassistiese wetgewing wat geimplimenteer word!? Dit is tyd vir drastiese ingryping! Iets wat julle geld versadige organisasies nooit sal toelaat nie, want julle teer op die huidige situasie van die Afrikaner Boer in hierdie land, ONS land…

Michael ·

As mnr Burger reg verstaan het as dinge tussen die boere en die eff hand uit raak gaan die polisie soos by daardie myn onder hul inklim en begin skiet maar ek wonder wie gaan hul teiken wees seker maar die boere want hul is mos die prbleem volgens die minister van polisie.

Maria ·

Dr Burger, Ons land is gehul in wetteloosheid en anargie. Daar moet gevolge wees vir mnr Cele – hy beskerm nie die land se mense nie. Hy doen die teenoorgestelde. Hy moet afgedank word

Derek ·

Die vraag wat gevra moet word, tot watter vlak moet jy daal om die aandag van die regering te kry. Hoekom wag tot uitbarsting gebeur voordat aandag geskenk word. Clicks is maar net een voorbeeld waar die EFF hulle skandelik gedra het. Wat van al die vorige haat uitsprake deur verskeie politieke figure terwyl die grondwet dit verbied, hoekom is daar nie toe opgetree? As dit betyds hokgeslaan was sou hierdie frustrasie nie nou gebeur het nie, nie eens te noem al die korrupsie en bedrog. Daar is hoevele vragmotors gekaap en uitgebrand, talle skole tydens inperking en Kuruman stadsaal onlangs afgebrand sonder enige rede. Dit wys die tipe frustrasie op die grond, die politieke leiers het geen belang in die mense nie, dit dui op totale verval van wet en orde. Die belasting betalers die melkkoei van die regering wie geen plan het, maar dwaal tussen hul eie verwronge idees en kuier by hul ryk vriende. Ek vra weer, hoe kan die vryheid van gosdiens suksesvol toegepas word, dit kan nie!

skinderbek ·

Cele gaan by die Clicks oproere ook gevolge wees, seker nie, dit is mos “our people”.

marius ·

Met respek Meneer Burger . Jy het geen idee hoe gatvol die boere is nie . Dis opmerklik dat jy jou uitspreek teen wittes , maar nog nooit ‘n woord gerep het teenoor die res wat hul sin met eindelose geweld sonder enige gevolge gekry het nie . Wat verstaan jy nie van die mense se bloed kook en daar word geen gehoor daaraan gegee nie ? Daar is ‘ n eensydige oorlog aan die gang en jy en ander maak of dit nie bestaan nie !

capie ·

Mnr Burger, gaan preek daar waar jy gatkruip, by anc en eff. Lekker kozie. Pasop dat die boere jou nie daar gaan uithaal nie

Nico ·

Mnr. Burger. Indien blankes nie van rassehaat beskuldig wil word nie, moet hulle swyg as swartes hulle Christelike norme aanval en probeer vernietig. Blankes moet swyg as swartes hul beproefde eerste wêreldstandaarde goedmoeds aftakel. Blankes moet swyg as swartes vrouens en skoolmeisies aanval, molesteer en verkrag. Blankes moet swyg as swartes hulle besittings roof. Blankes moet swyg as voedsel voorsieners sonder enige provokasie op hul plase vermoor word. Blankes moet swyg wanneer weerlose bejaardes gemartel en wreed vermoor word. Blankes durf ook niks sê wanneer onbevoegde swartes op kundiges se werk beslag lê nie. Want as jy iets sê, is jy ‘n rassehater! Dit is die rede dat die boere kwaad word, genoeg is genoeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.