Senekal: Pienaar op pad huis toe

André Pienaar buite die hof op Senekal. (Foto: Maroela Media)

André Pienaar, ʼn sakeman van Senekal wat in hegtenis geneem is ná voorverlede week se geweld by die landdroshof op die dorp, is op pad huis toe.

Pienaar het hom tot die hooggeregshof in Bloemfontein gewend nadat sy aanvanklike borgtogaansoek in die landdroshof op Senekal van die hand gewys is.

Ilanie Oberholzer, Pienaar se regsverteenwoordiger, het gesê hy is Maandagoggend vroeg ná ʼn suksesvolle appèl teen die vroeëre beslissing op borgtog van R15 000 vrygelaat.

Pienaar is een van twee mans wat tot dusver in hegtenis geneem is vir die geweld wat op 6 Oktober by die hof uitgebreek het. Honderde mense het op dié dag na die gebou opgeruk waar Sekwetje Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (44) vir die eerste keer in verband met die moord op Brendin Horner (21) verskyn het.

Gemoedere het hoog geloop toe die skare nie die beskuldigdes te siene kon kry nie. ʼn Polisievangwa is tydens die kabaal omgestoot en het aan die brand geraak. Skade is ook aan die hofgebou aangerig, glo toe oproerige mense die hofgebou probeer ingaan het om by die beskuldigdes uit te kom.

Die tweede verdagte, ʼn 33-jarige sakeman van die Vrystaatse dorp, is Vrydag in verband met die geweld in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklagte van openbare geweld, brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord en sal vandag in die Senekal-landdroshof verskyn.

Mahlamba en Matlaletsa se borgtogaansoek word intussen Dinsdag in Senekal hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Persheks Adri ·

Beste nuus vir die dag Andre! Ons is BAIE bly vir jou! Sien, gebed help en ons staan agter jou al die pad.

Sal wag vir die 2de verdagte se volledige artikel voor ek kommentaar lewer…

Eltan ·

Wonder indien die moordenaars borgtog kry hoeveel hulle moet betaal vir borg.. seker R50….intussen moet n wit boer wat geen gevaar ingehou het R15000 opdok..

Piet ·

Die bedrag word bepaal na gelang van die oortreder se finansieie vermoe daar is nie ‘n vaste bedrag nie. ‘n Biljoener sou waarskynlik ‘n miljoen Rand of meer moes betaal vir dieselfde oortreding. Daar is mense wat nie borg kry nie omdat hulle glad niks kan betaal nie, dis onregverdig. Die borggeld word natuurlik terugbetaal as die oortreder sy borgvoorwaardes nakom. Maak ook nie saak of hy skuldig bevind word of nie.

Thea ·

Piet – Jy vergeet om by te las, onder normale omstandighede sal iemand wat verdink word van moord nie borgtog toegestaan word nie.

Misky ·

Beste nuus ooit!!!!! So bly vir jou Mnr. Pienaar en soveel mense vir jou gebid en dat dit sal goed afloop

Willem ·

Regverdigheid is my wagwoord. Nou, Meneer Die Landdros, weet u wat u doen?

my opinie ·

Jammer dat jy vir ons in die haglike Selle Moes gaan sit het. So bly jys uit. Nou vir nr 2…. Sterkte julle.

Alta Alleman ·

Dat hy hom tot die hooggeregshof moes wend om borgtog te kry. Dit wys weereens wie bevooroordeel word in hierdie land van ons.

Hennie J ·

Dis nou die verskil tussen n stotterende magistraat, n bangbroek aanklaer en n Regter. Kan die magistraat nie ondersoek word vir rassisme nie?

Arno ·

Hoop hierdie is die eerste goeie teken van oorsese ingryping wat ons dringend nodig het!

Michael ·

Hy was ‘n maklike teiken, wel gedaan aan die brawe SAP *stadige hande klap*

Thea ·

Nou moet al ons Afrikaners ‘n skare befondsing begin en geld bymekaarmaak om ‘n ander bakkie/vangwa te koop en aan Cele te oorhandig sodat hykan ophou tjank oor die ou skorro-skorro wat aan die brand geraak het.

Anel ·

Dit staan orals dat dit aan die brand geraak het. En iewers dat ‘n kortslyiting die oorsaak was. En ons hoef nie vir hom een te koop nie. Hulle koop dit alreeds met ons belastinggeld.
Ek sou sê dat our people moet betaal vir al die skade wat hulle aanrig want hoeveel van hulle betaal belasting? Maar dit is nie verkoning nie, moet my nie verkeerd verstaan nie.

Piet ·

Ek het iewers gelees dat hy die selle wou brandsteek terwyl daar aangeklaagdes in was . Weet nie of dit die aanhoudingselle by die hof of by die polisiestasie was nie.

Johan ·

Hulle gooi nou met die boek, en hoop een of ander wet haak vas aan hom… Polities korrek, maar nooit juridies korrek nie,,,

Piet ·

Wel as dit is soos ek genoem het, kan ‘n klag van poging tot moord wetlik korrek wees. Of dit sal slaag, is ‘n ander storie. Ek sou se onwaarskynlik.

Barend ·

Dit het vir my ook gelyk of die bakkie self aan die brand geraak het. Heelwaarskynlik ‘n los battery wat ‘n kortsluiting veroorsaak het. Hy het eers liggies begin rook en eers baie later begin brand.

Johan ·

Haai weet jy, Barend, ek het mos ook eens op ‘n tyd een van daai bakkies gehad. Vreeslik onbetroubare en wispelturige gedoentes daai. Ek het eendag met die knormoer gesukkel, en uit frustrasie uit het ek ‘n warm kragwoord gebruik… en woep, daar slaan die ding aan die brand. Dit wys jou nou net, hoor! Ek wonder of die edeldierbaarste landdros my getuie sal aanvaar?

Retha ·

Ek het dit ook so opgemerk, maar die Witman moet die skuld kry. Wat van die Njala wat deur die verperrings gejaag het?

FM ·

Ek jubel!!!!!!

Aaklige ondervinding van die aanhouding is verby.
Hoeraaaaa!!!!!

Mariana ·

Goeie nuus, nou nog net die ander man ook uitkry. Ek verstaan nie die klag vir poging tot moord in albei gevalle nie. Wie het hulle probeer vermoor?

Piet ·

Die brandsteek van die gebou het mense se lewens in gevaar gestel, veral diegene wat in die aanhoudingselle toegesluit was.

Wielspore ·

Goeie werk, en wie kry pak slae… die ANC regering en die mense onder sy invloed. Dit laat mens dink dat die regstelsel in Senekal omgewing onder ANC beheer is. Minister van Polisie het sy septer daar geswaai en vandag na die Hoogeregshof beslissing het dieselfde septer op die grond geval.
So sal die ANC regering tot ‘n val kom, stukkie vir stukkie.

LANA is ELANè ·

Dankie tog ~ mag geregtigheid seëvier en dubbele standaarde tov openbare geweld onder die soeklig kom.

Natasha ·

En hoeveel EFF lede is na Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle staats eiendom beskadig het en haatspraak? En weereens hoekom word albei mans vir poging tot moord aangekla? Dan moet die sing van “kill the boer” ook poging tot moord wees.

Persheks Adri ·

Nog nie 1 van hulle nie! Dit maak my boos kwaad en boonop was die polisie tog daar en het alles gesien en gehoor en tog is niemand toe gesluit nie

twaalfboor ·

Dagvaar die magistraat vir verlies aan i komste vir die tyd wat jy in die selle gesit het en nie jou besigheid kon bestuur nie.

Willem ·

Ek dink ons moet ń rekening oopmaak om die man te help met sy borg

Casper ·

Hoekom kon die edelagbare nie in die eerste plek borg toegestaan het nie.Dit wys weereens magsmisbruik deur ampsdraers uit en dit dui op rassisme.

Mossel ·

Baie bly !! Maar kyk ne 15k borg.. maar swart moordenaars kom sommer volgende dag uit op R500 borg ! Hierdie land is so vrot tot verby die been !

Plaaskind ·

Baie bly vir jou André, wees asb veilig en ekstra versigtig. Ek is daarvan oortuig dat jy nou dalk ‘n teiken mag wees.

J ·

Die ANC polisie (wat betrokke is by veediefstal sindikate) arresteer die 2 Witmense wat protesteer teen veediewe … wat Brendin Horner vermoor het?

Ek ruik’n rot!

Dieselfde ANC polisie se Minister ginnegaap met Malema wat buite die hof dreunsing ‘Kill the Farmer … Kill the Boer …!’ ten aanhore van die familie en vriende van die vermoorde Brendin ? (Die lied is reeds jare gelede tot HAATSPRAAK verklaar deur ‘n hof!)

Malema en sy volgelinge daag op met OORLOGSWAPENS en vandaliseer die omgewing.

Maar GEEN ARRESTASIES word deur die ANC (rampokker regering) se polisie gedoen nie … behalwe die twee WIT mans.

Daaruit lei ek af dat die ANC (rampokker regime) se Minister, ‘kop in een mus’ is met die VEEDIEWE (POLISIE SINDIKAAT) en die EFF (prime evil) geweldenaars en stropers van o.a. VBS bank?

Een massiewe sameswering teen Witmense?

Persheks Adri ·

Perfek gestel AJ! Ek sien ook GEEN arrestasies op die EFF nie

Sanet ·

Stem saam AJ, waar is die ander lede van hierdie moord op Brendin, waar is die lede van hierdie sindikaat wat saam met hierdie twee moordenaars gewerk het. Waarom het Cele so vinnig die keer sy pad gekry Senekal toe??????? Ek het baie vrae waarop ons tien teen een nie antwoorde gaan kry nie.

Hercules ·

dankie Here vir Andre Pienaar se borg en dat hy met sy gesin herenig kan word!!

nou wag ek dat Julie Mal-kop-Emma arresteer word, wat skynbaar nie gaan gebeur nie!!

Injustice is a sin:

“you shall not do injustice in judgment; you shall not be partial to the poor nor show a preference for the great, but judge your neighbor fairly” – Lev 19:15 AMP

“But let justice run down like waters And righteousness like an ever-flowing stream [flowing abundantly]” – Amos 5:24 AMP

“There are six things the Lord hates— no, seven things he detests: haughty eyes, a lying tongue, hands that kill the innocent, a heart that plots evil, feet that race to do wrong, a false witness who pours out lies, a person who sows discord in a family” – Prov 6:16‭-‬19 NLT

“He who justifies the wicked and he who condemns the righteous are both alike an abomination to the Lord” – Prov 17:15

“INJUSTICE mean an act that inflicts undeserved hurt”

Spook ·

Hercules, haal asb die Bybel in Afrikaans aan. Ons ongeletterdes sal dit dan ook miskien lees.

Rentia ·

Wonderlik.. Ek het egter ‘n vraag, waar is die kommesaris van polisie? Hoekom het hy niks te sê nie? Wanneer laas het ons iets van die man gehoor? Cele is die minister van polisie, nie die
“commissioner” (kommesaris) nie? Die pos behoort aan Khehla John Sithole.

Andre, jy verdien nie dit wat jou oorgekom het nie. Maak berekende besluite nou, Ja verseker mag jy woedend wees, maar jy weet nou beter as enige iemand die regering is NIE aan jou kant nie. Neem tyd, kyk goed en hou jou ore oop, dan dagvaar die rook uit die staat uit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.