Senekal: ‘Ramaphosa, Cele moet verantwoordelikheid aanvaar’

Die skade wat tydens ‘n betoging buite die hof op Senekal aangerig is, is wyd veroordeel. (Foto: DA)

Pres. Cyril Ramaphosa en polisieminister Bheki Cele moet verantwoordelikheid aanvaar vir die gebeure gister in Senekal tydens die eerste hofverskyning van die moordverdagtes van Brendin Horner (21).

Só sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by die burgerregteorganisasie AfriForum.

Duisende mense het Dinsdag na die hof opgeruk waar die plaasbestuurder se twee vermeende moordenaars in die hof verskyn het. Horner se liggaam is Donderdag op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing gevind.

“Die regering se herhaalde miskenning van plaasmoorde en hul weiering om dit tot prioriteitsmisdaad te verklaar, is die rede vir gemoedere wat gister in dié Vrystaatse dorp oorgekook het,” het Roets verduidelik.

Hy sê Ramaphosa het die bestaan van plaasmoorde vroeër op ’n internasionale platform ontken, terwyl Cele boere verlede maand op ’n vergadering in KwaZulu-Natal oor hul probleme uitgelok en verneder het. “Die regering is geensins in voeling met die stryd en pleidooie van landelike gemeenskappe en boere nie. “Die veroordeling van die optrede van die mense in Senekal gister spreek weereens van die regering se dubbele standaarde. Cele en ander ministers eis nou dat dié mense in hegtenis geneem moet word, terwyl dieselfde ministers bloot toegekyk het hoe EFF-ondersteuners Clicks-winkels geplunder en aan die brand gesteek het.”

Roets sê dat mense deurlopend met die werklikheid van plaasmoorde gekonfronteer word en dat hulle hul geliefdes moet troos terwyl die regering geen ag op hul smart slaan nie.

Cele het vroeër die inhegtenisneming van die eerste verdagte verwelkom. Maroela Media het vroeër berig ʼn 52-jarige boer is in hegtenis geneem op aanklag van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

Lirandzu Themba, woordvoerder van die polisieministerie het gesê Cele eis nog inhegtenisnemings. “Dit is duidelik dat die misdadigheid as ʼn kollektiewe daad plaasgevind het wat die reg bedreig,” het Themba gesê.

Dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het intussen gesê Cele en Ronald Lamola, minister van justisie, se uitsprake oor Senekal is dubbele standaarde.

“Cele, se uitsprake dat hy ‘geskok en gewalg’ is met die optrede van die boere by die hof op Senekal en die uitsprake van Lamola, dat sulke optrede ‘anargistiese geweld’ is wat nie geduld kan word nie, is niks anders nie as dubbele standaarde,” het Groenewald in ʼn verklaring gesê.

“Tydens die EFF se plundertogte van die Clicks-winkels is sulke sterk uitsprake nie van hierdie ministers gehoor oor die EFF se optrede nie. Dit is dus duidelik dat hulle verskillende standaarde vir die boere en vir die EFF het.”

Die VF Plus sê dat geweld nie die oplossing vir probleme in die land is nie. “Dit is ook verkeerd om die byeenkoms by die hof op Senekal te wil voorstel as ʼn gewelddadige protesoptog. Dit was nie die geval nie en die geweld wat daar wel was, was ʼn geïsoleerde voorval deur boere wat getart is. Hul optrede moet daarom teen dié agtergrond beoordeel word. Geweld is nogtans nie die oplossing in sulke omstandighede nie.”

Groenewald voeg by videomateriaal wys duidelik dat die polisie se optrede, veral met die gebruik van skokgranate, onnodig was en neerkom op provokasie.

“Indien daar oorhoofs gekyk word na die byeenkoms, is dit duidelik dat die skare van alle kleure erns gehad het oor die veiligheid van boere en daar is gebid vir die veiligheid van boere. Dit is daarom ʼn wanvoorstelling om die totale byeenkoms te probeer voorstel as gewelddadig.”

Groenewald sê die minister van polisie moet eerder seker maak dat hy sy werk doen.

“Daar is reeds in Januarie vanjaar volledige bewyse aan die polisie oorhandig oor ernstige misdaad in dié gebied soos die optrede van veediefstalsindikate. Die polisie sou hierdie inligting aan die Valke gegee het, maar dit het klaarblyklik nie gebeur nie, aangesien daar tot nou toe geen optrede was nie.

“Die boere se siening is dat die moord op Brendin Horner moontlik voorkom sou gewees het indien die polisie en die Valke wel opgetree het. Daar word nou ook beweer dat die twee persone wat in hegtenis geneem is weens die moord, deel is van ʼn sindikaat en daar is sterk bewerings dat ander lede van die sindikaat lede van die plaaslike polisie is. Dit sluit aan by die feit dat daar geen optrede was na die inligting wat vroeër vanjaar aan die polisie gegee is nie.

“As leier van die VF Plus dring ek daarop aan dat Bheki Cele hierdie bewerings onmiddellik moet laat ondersoek en dadelik mense in hegtenis neem indien daar enige waarheid in steek.”

Groenewald sê ook die rede waarom emosies oor plaasmoord en -aanvalle begin hoog loop, kan direk toegeskryf word aan pres. Cyril Ramaphosa se ontkenning in New York in 2018 dat boere in Suid-Afrika vermoor word.

“Voeg hierby die voortdurende demonisering van boere en beskuldigings dat hulle grond gesteel het, die voortdurende aanslae op boere en hul gesinne se lewe asook die wreedheid van plaasmoorde, die onlangse uitspraak van Cele wat hy nou skielik ontken, dat boere nie moet kla indien hulle seerkry nie, en alles kulmineer tot omstandighede wat boere emosioneel tot op breekpunt dryf.”

Die VF Plus doen ʼn beroep op boere om sterk te staan teen hierdie aanslag. “Ek wil as leier van die VF Plus aan die boere sê ons sal saam die probleme oplos. Nie met geweld nie, maar met rede, billikheid en regverdigheid.

“Deel daarvan is om druk op die regering te plaas om die volle verantwoordelikheid te aanvaar vir die landelike veiligheidsituasie en om daadwerklike stappe te neem om dit op te los en nie om dit deur optrede en uitsprake te vererger nie.”

Die VF Plus neem ook kennis van die dreigement van Julius Malema, EFF-leier, om saam met sy “soldate” op te ruk na die volgende hofsitting op Senekal onder die dekmantel daarvan om “eiendom te beskerm”. “Ná die EFF se optrede by Clicks is dit duidelik bloot uitlokking in die ergste graad en is dit duidelik dat die EFF konfrontasie soek wat nie bekostig kan word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marie ·

Ja ons kende het genoeg gehad. Eff Kan plunder en brand clicks. Ons nasionale paid word geblok en voertuie met klippe bestook, mense word on Hulle trokke dood gebrand…. enough is enough!! We will come from all over the country… watch…

Nie Verbaas ·

Hoed kan nie sy werk doen nie want hy het geen idee nie. EFF, julle is besig om te krap waar dinge nie so lekker vir julle mag uitwerk as wat jy dink dit kan nie. Daar is geen ooreenkoms tussen arrogansie en kennis nie.

Sean ·

Shame, Malema is bang om te sien as die wit mens maak soos sy mense. Hy sal heel agter in die ry wees as sy pelle opruk na enige iets. Dis die coward was hy is.

Pieter ·

Dr Dan Roodt het ‘n interessante video op You Tube gebaseer op Dr James Myburgh se navorsing oor die ANC se Operasie J van die 1970s. Die verklaring by die VN dat Apartheid ‘n misdaad teen die mensdom is, moes gevolg word deur Operasie J. Daardeur sal blankes afgemaai word en geregverdig word op grond van die sonde van Apartheid. Teen hierdie agtergrond moet die ANC se houding teen die Boere gesien word. Ons is steeds hul vyand en hul soek ons bloed.

Persheks Adri ·

Daar is duidelik verskillende reëls vir elke ras. Cele kan nie eers sy werk doen nie en rooi petters is groot bek! Laat ons sien wie van hulle daag op… Ek wil weet hoekom 7 vans gestuur is vir 1 boer??? Lafaards! EFF krap en krap hulle het ons voorheen ondermyn en weet wat gebeur het!

Nico ·

Om blankes chronies van rassehaat te beskuldig, is natuurlik ‘n gerieflike bos waaragter die ANC sy onvermoë om sinvol te kan regeer, verskuil. Swartes het ook geleer dat aanval die beste manier van verdediging is. Waar blankes altyd probeer om rassewrywing te vermy, gryp swartes weer elke geleentheid aan om dit aan te vuur. Maar, die dag kom nader waar hierdie onregte tot ‘n einde gaan kom. En dit gaan nie gebeur omdat hierdie volk dit bewerkstellig het. Dit gaan gebeur wanneer die Almagtige Vader die regte tyd sal kies om hierdie onregte tot ‘n einde te bring en sodoende aan die hele wêreld Sy bestaan, almag en regverdigheid te bewys. Alleen dan sal ons volk weer in ons Gelofte land herstel word. Bid dat God self hierdie sal kom regeer d.m.v. ‘n Teokratiese regeer stelsel want ons kan nooit, noit weer, hierdie pad stap nie.

wilhelm ·

Uiters plofbare situasie vir opvolg hofverskyning.Ons kan nie toelaat dat enige protesaksie in anargie ontaard nie want dan is ons nes die meerderheid.Die owerhede wag dalk net vir so ‘n kans om ons te straf vir die verlede.Marikana duik in my geheue op.Organiseer en maak ‘n sterk punt wat oorsee ook aanklank sal vind dan wen ons.Ons 5 miljoen bleekgesigte is te min om geweldadige optrede te oorleef.Ons is slimmer as die ander 55 mijoen en moet dit gebruik om te wen.Ek praat nie uit onkunde nie maar weet wat dit is om ‘n ouer aan moord af te staan.

Michael ·

News 2 4 se verslaggewing rakende hierdie kwessie is pateties, ek kan nie glo mense betaal geld op op te teken vir sulke snert nie

Boerpampoen ·

Die eff gaan “eiendom beskerm” ? Ha! Lag ek my nou n papie.

Brakpan ·

“Move a Million” to Senekal dat die wereld kan sien!!

Charmaine ·

As Mal-Emma gedink het die boere is bang vir hulle maak hy ‘n groot fout. Ons het lank genoeg stil gebly en was lank genoeg verdraagsaam. Dit het by Senekal gestop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.