Senekal: Solidariteit steun vreedsame protes teen plaasmoorde

(Argieffoto)

Solidariteit sê hy steun AfriForum se vreedsame protes teen plaasmoorde en geweld wat Vrydag in Senekal gehou gaan word.

Die twee verdagtes wat vir die moord op Brendin Horner, ’n 21-jarige Vrystaatse plaasbestuurder, aangekeer is, sal na verwagting dan vir die tweede keer in die landdroshof op die dorp verskyn.

Horner, ’n plaasbestuurder van die Bloukruin Boerdery in Paul Roux, is op 1 Oktober deur vermeende veediewe op ’n plaas in die omgewing oorval. Hy is met ’n mes gesteek en het kop- en gesigbeserings gehad. Sy hande was ook stukkend geslaan soos wat hy hom teen sy aanvallers probeer verset het. Sy liggaam is aan ’n paal vasgemaak en ’n mes is op sy pet op die toneel gekry.

Tydens die verdagtes se eerste hofverskyning verlede Dinsdag het gemoedere hoog geloop toe duisende mense na die hof opgeruk het om hul woede en misnoeë oor die gebrek aan landelike veiligheid te kenne te gee.

Die wyse waarop Horner vermoor is, het skokgolwe deur die land gestuur.

Talle mense beplan om Vrydag weer na die hof op te ruk.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die organisasie steun AfriForum se vreedsame optog wat hy vir Vrydag beplan. Hermann sê Solidariteit steun die boerderygemeenskap en is saam met hulle woedend oor die sinnelose en brutale aanvalle en moorde.

“Ons staan aan die kant van elke man, vrou, kind, plaaswerker en gemeenskap wat deur elke aanval en moord geraak word. Ons staan aan die kant van voedselsekerheid wat elkeen van ons raak,” sê Hermann.

“Ons mag nie toelaat dat plaasmoorde genormaliseer word nie. Ons moet aanhou om nee te sê. Sterk maar gedissiplineerde protes is nodig. Die boodskap en beelde wat Vrydag in die wêreld ingestuur moet word, is ’n boodskap van ’n gemeenskap wat in krag en selfbeheersing saamstaan. Ons mag nie toelaat dat enige radikale randfigure dié gebeure kaap nie.”

Solidariteit doen ’n beroep op die gemeenskap om saam met ander belangegroepe AfriForum se protesoptrede te steun.

Die protesoptrede word in hierdie stadium vir Vrydag om 10:00 beplan. Sodra alle reëlings gefinaliseer is, sal AfriForum meer besonderhede oor die optrede op sy Facebook-blad en ander platforms bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons kan ons gedra en ondersteun beslis die optog en boodskap wat moet uit gaan!

#Boere lives matter!

Ons wil weet wat word gedoen omtrent die rooi petters wat so aan hits en ons dreig en groot rassiste is? Hulle het GEEN selfbeheersing nie!

Persheks Adri ·

Hulle wil mense uit lok so met ons luck is die petters daar net om nonsens te maak…

Wakkerslaper ·

Ek dink die vraag is of die terroriste eff, polisie en weermag vreedsaam gaan wees………

Johan ·

Maak die Vrystaat weer n Republiek, verban partye politiek en regeer dit saam Lakota. Die EFF-ANC is teroriste. Hulle sal nie ophou voor al die Boere van hul plase af is of weer vermoor is nie. Wees julle maar lekker “vreetsaam” en kyk wat wen julle daardeur…….absoluut niks. As jul iets vreedsaam wil doen begin onderhandel vir die onafhanklikheid van die Vrystaat…en ander.

Hennie J ·

Ons sal moet wag en sien wat gebeur. Ons manne ter plaatse moet tog asseblief net leer uit die geskiedenis sodat daar nie n Piet Retief/dingaan op hulle getrek word nie.

agnes ·

As hulle nou begin om ons kinders te vermoor dan MOET en KAN hulle moeilikheid verwag. Genoeg is genoeg!

Nico ·

Wat wil julle bereik met die vreedsame protes optogte, daar is van die mense wat gaan kwaad en handgemeen raak, los hierdie dinge in die hande van die Here, moenie Sy werk wil doen nie, bly weg.

Wakkerslaper ·

Nico
“Evil prevails when good men do nothing”
Moes die res van die wêreld ook maar net agteroor gesit het toe Nazi Duitsland Europa begin binneval het? Gaan jy ook net agteroor sit as jou huis binnegeval word deur misdadigers?
Ek dink nie enige iemand probeer God se werk doen nie. Ek dink ons pak hierdie dinge juis in geloof aan en omdat ons as Christene en as Boerevolk streef na orde en geregtlikheid. Daar kom ‘n tyd wanneer selfverdediging geregverdig is!

Nico ·

Sal AfriForum en Solidariteit julle vrouens en kinders beskerm, nee, hulle sal nie.

Riaana ·

Vreedsaam… Lmfga????????????????eintlik word vir ons gese dat ons Malema moet los om weereens bo-oor ons te loop, en moegoe’s gemaak te word, ai ons land is n grap… Wat meer moet gedoen word voor ons besef hle wis ons mense uit

Danie ·

Vrydag is die 16de.
Orals is geluide dat die eff die boere gaan treiter en uitlok om iets drasties te doen sodat hulle dit as verskoning kan gebruik om bloed te trek.
Hoe waarsku mens die Senekal groep?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.