Senekal: Tweede verdagte Maandag in hof

Die landdroshof op Senekal. (Foto: Maroela Media)

ʼn Tweede verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met voorverlede week se oproer in Senekal in die Vrystaat, verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof op die dorp.

Die 33-jarige man word van openbare geweld, brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord beskuldig.

André Pienaar, ook ʼn sakeman van die dorp, is reeds voorverlede week op aanklag van openbare geweld, aanhitsing tot geweld en poging tot moord in verband met dieselfde voorval in hegtenis geneem.

Sy aansoek om borgtog is in die Senekal-landdroshof van die hand gewys en hy het hom tot die hooggeregshof in Bloemfontein gewend in ʼn poging om die besluit te laat omkeer. Dié hof sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die verband.

ʼn Spontane betoging buite die landdroshof voorverlede Dinsdag het handuit geruk toe die jong Brendin Horner, ʼn plaasbestuurder van die streek, se twee vermeende moordenaars daar in die hof verskyn het. ʼn Polisievoertuig is omgekeer en het aan die brand geraak, terwyl skade glo ook aan die hofgebou aangerig is.

Kapt. Gerhardus Myburgh, ondersoekbeampte in die saak, het Vrydag in Sekwete Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (44) – die twee moordbeskuldigdes – se aansoek om borgtog getuig benewens die skade aan die polisievoertuig is brandende stukkies papier ook in die aanhoudingselle van die hof gegooi waar die twee verdagtes aangehou is. Hy het dié inligting verskaf in antwoord op ʼn vraag oor of hy ten gunste van borgtog vir die twee is. Volgens Myburgh is dit vermoedelik gedoen in ʼn poging om die selle aan die brand te steek.

Myburgh het ook getuig hy glo indien die oproerige betogers dit reggekry het om by Mahlamba en Matlaletsa in die selle uit te kom, hulle “nie vandag hier sou gestaan het nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dries ·

Ai tog as hy wit is het jy moeilikheid. Die ergste is dat daar van jou eie mense teen jou draai. Vanoggend op RSG se Eloff nou. Hy dink die ANC is net n bietjie te sag op die EFF.

Die Goodwoodianer ·

Wat sou u, Kapt. Gerhardus Myburgh, gedoen het as dit u kind se moordenaars in die selle was? Ons moet nie kwaad met kwaad vergeld nie en ons moet die reg sy gang laat gaan, maar mens se emosies en woede teenoor onregverdige behandeling regoor die land dryf mens tot aksies. Ons moet vasbyt en altyd Glo. Ons is in die tyd van beproewing. Seënwense aan Horner se familie. Sterkte aan die twee mans wat onlangs inhegtenis geneem is vir “poging tot moord” (sodat een of ander punt kan probeer wys word).

Dries ·

Die skokkendste is die gebrek aan reaksie op die uitlatings buite die hof Vrydag deur ‘n publieke figuur, wat in geen onsekere terme die moord ontken het. Kan jy jou die herrie indink as die skoen aan die ander voet was?

Persheks Adri ·

Ja Cele jy wil ons mos wys dat jy nog boere sal toe sluit! Dit was mos jou woorde gewees. Hoekom word blankes altyd op ‘n Vrydag toe gesluit huh? Jy verlekker jou oor boere!

Jungle justice dis wat dit is jou liberaal!

Wat gaan jy doen rondom die rooi petters Vrydag huh? Hulle het ook skade aan gerig en KILL THE BOER gesing jou rassis! Niks word aan EFF gedoen oor die Clicks se terrorisme nie en boonop het hulle petrol bomme gegooi en BAIE skade aan gerig! Openlike rassisme en haat spraak en jy jou president sê steeds niks oor jou maaitjes nie tsek man tsek!

Antoinette ·

Poging tot moord? Hoe? Brandende papiertjies? Asseblief tog.

dr. Petronella ·

Kapt Gerhardus Myburgh. Jy moet baie seker van jou feite maak.

Hennie J ·

Ek hoop en vertrou die person het toegang tot ordentlike regsmiddele om hom te ondersteun in hierdie verwronge aanklagte met n stotterende magistraat.

Dries ·

In die toekoms wil ons asseblief ook gedetaileerde berigte he oor die hofverskyings van elke liewe verdagte wat elders in die land winkels, skole, hospitale, munisipale kantore, bibioteke, klinieke, treine, busse en ander staatseiendom en infrastrukture aan due brand steek. Baie dankie.

Lorna ·

Wat is sy naam?????
Malema want volgens my was hy grootste moordenaar daar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.