Senekal: Versoek om Pienaar vir waarneming te stuur

André Pienaar (Foto: Maroela Media)

André Pienaar, die sakeman wat vroeër in hegtenis geneem is in verband met verlede maand se oproer in Senekal in die Vrystaat, sal nou eers vir sielkundige waarneming gestuur word.

Pienaar (51) het Vrydag saam met Stefanus Johannes (SJ) Fourie (33), die eienaar van ʼn insleepdiens op die dorp, in die plaaslike landdroshof verskyn vir hul beweerde betrokkenheid by geweld in die dorp toe twee beskuldigdes in die Brendin Horner-moord vir die eerste keer in die hof verskyn het.

Phaladi Shuping, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Pienaar se regsverteenwoordiger het versoek dat hy vir sielkundige waarneming gestuur word.

Die saak is tot 21 Maart volgende jaar uitgestel vir verdere ondersoek.

Pienaar staan tereg op aanklagte van openbare geweld, aanhitsing tot geweld en poging tot moord.

Fourie word op sy beurt aangekla van openbare geweld, brandstigting, poging tot moord en aanranding.

ʼn Polisievoertuig is die dag van die verdagtes se eerste hofverskyning omgekeer. Die voertuig het aan die brand geraak, terwyl skade glo ook aan die hofgebou aangerig is.

Sekwete Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (44) – die twee moordbeskuldigdes – sal weer op 1 Desember in die hof verskyn vir die moord op Horner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Stem! Daar’s net 8 toe gesluit vir openbare geweld pffft bid jou dit aan!

Andréas ·

Kom ons besigtig dié versoek vanuit ‘n ander hoek. Wat sê slim sielkundiges en Psigiaters oor die langtermyn “sielkundige” uitwerking wat plaasaanvalle, -moorde en die ANC EFF alliansie se onverklaarbare minagting op hierdie mense se basiese regte (selfs as minderheid) en hul voortbestaan het? Dien hierdie dan nie as hoogs versagtend in die “beskuldiges” se geval nie? Die “normale” moderne mens kan net só veel, en nét vir so lank uithou…

Strandloper ·

Baie goed saam gevat. Ons sou n wonderlike land gewees het as almal jou seining gehad het.

Derek ·

Laat mens wonder wie het regtig sielkundige hulp nodig? Mense wat ander opstook en met allerhande vryheids liedere moord aanwakker? Soos die hoofregter gese het Suid Afrika is n siek land, maar ek wonder regtig wie die siekes is, kyk hoe lyk SA geplunder deur misdaad en as jy opstaan daarteen is jy beslis gesond. So leer die Woord ons! Dit is vandat sielkunde gebore is dat die wereld siek geword het, die land het die geneesheer nodig en Sy naam is Jesus Christus.

JJB ·

Siek en sat vir twee stelle reëls en dubbele standaarde. Los hierdie manne uit.

Retha ·

Wie het hul probeer vermoor? Net weer rookskerm om aandag van rooi baadjies af te kry

Dup ·

Die rooi party rig duisende rande se skade aan,rand mense aan en sê en doen net wat hulle wil.Hopelik sal hulle ook vir “sielkundige waarneming” gestuur word.Ons woon in Afrika……

johanf ·

As die wetgewing in die land, regerings beleid nie reg toegepas word nie soos huidig, oa korrupsie, moorde op weerloses, plaasmoorde ens… reg hanteer gaan word nie, sal ek ook vir sielkundige waarneming moet gaan, of liewers weer, dalk psigiatriese behandeling…..
Moet hogenaamd nie dink ek dink jy het dit nodig nie….
Sterkte Andrè, niks om oor skaam te voel nie….. Enige mens kan net tot op ń punt….

Piet parys ·

Plaas laat die regering die regte misdadigers opspoor nou mors hulle mannekrag op die man . Maar wat praat ek regte midadigers sit dan in die regering en so kan die kollegas mekaar arresteer en dan saam tronk toe gaan . Ja en die trokke brand alweer tussen SASOLBURG EN PARYS.en misdadigers maak nes hulle wil . Dis tyd vir algebele verbod op paaie na donker. Dit hou die misdaad in bedwang

Spiggie ·

Hierdie hele gedoente is ‘n grap wat nou nie meer snaaks is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.