Senior amptenaar se ‘prokureursvriend’ toe nié prokureur

Bina Mfandifuna Masuku (44).

Bina Mfandifuna Masuku, die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga, en haar vriend bly in aanhouding nadat hulle vroeër vandag (Maandag) in die Mbombela-landdroshof op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortredings van immigrasiewetgewing verskyn het.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het dit aan die lig gekom dat Please Elvis Kgosiemang (35), Masuku se “prokureursvriend”, inderwaarheid nie ’n advokaat is nie en dat sy hom verkeerd aan die staat as ’n Suid-Afrikaner voorgestel het. Die departement van binnelandse sake se immigrasie-afdeling het nou hul ondersoek na sy status in die land afgehandel.

Maroela Media het vroeër berig Masuku (44) is verlede week Donderdag aangekeer as deel van die Valke se ondersoek na beweerde korrupsie by die meesterskantoor in Mpumalanga. Die eenheid vir ernstige ekonomiese misdrywe is al sowat twee jaar lank besig met die ondersoek. Geld word glo van die eisersfonds gesteel.

Masuku het glo eisers na Kgosiemang verwys om hul eise te verwerk. Sommige eisers het nooit hul geld gekry nie. Pleks daarvan het Masuku en Kgosiemang glo die geld gedeel. Kgosiemang is Vrydag in hegtenis geneem.

Tot dusver word R1,7 miljoen wat aan agt families uitbetaal moes word, vermis.

Volgens Sekgotodi word daar vermoed dat dié geld slegs die oortjies van die seekoei is.

Gemeenskapslede met inligting word versoek om kapt. Mandla Mphephethe by 071 4813295 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

JohanR ·

Ek sien al klaar nog ‘n ambassadeurs pos wat ‘n maat gaan kry!! Nou vra ek mooi Please Elvis….is jy ‘n prokureur? Please Elvis kan ek vir jou nog ‘n piesang en grondbootjie toebroodjie maak? Please Elvis sing Jailhouse Rock vir ons. Dit gaan te lekker in die ANC Suid Afrika ne ou Cyril?

Annie ·

Ag JohanR my naam is nou nie Please Elvis nie maar daadie piesang en grondboontjie toebroodjie klink nou lekker man.. kan ek ook asb 1 kry :)

Koos ·

Ek was lank werkloos. Ek het aanmekaar gehoor eks te wit en te hoog gekwalifiseerd en verkeerd gekwalifiseerd. Ek het dus my CV gedokter deur aan te dui dat ek niks op universiteit bereik het nie. 4 jaar studie het ek ook na 3 jaar verminder en 1 jaar in die weermag het ek na 2 verander. NIEMAND het my ooit oor dié leuens op my CV uitgevra nie en op grond van net matriek en my werksondervinding het ek uiteindelik ordentlike werk gekry.

Annie ·

Koos ek se altyd, as die Valke ooit eendag ‘n ferensiese audit sal doen in Suid-Afrika na gelang van almal se sogenaamde kwalifikasies, wonder ek werklik of ons nog hoërskole gaan nodig hê in die land.

Doris ·

Mooi man bêre hulle al tweetjies arm mense se geld gevat, verwyder hulle uit die samelewing uit.

Penellope Jones ·

“”…..and so on and so forth…………..””

Kobie Welgemoed ·

Lagwekkend hoe mense net poste gekry en betaal is. Ons land is ‘n sirkus en die arm mense betaal die gelag.

Ander Koos ·

Meester van Hooggeregshof? Ek dink daar is niks meer in SA wat my verbaas nie….

Stofkat ·

Sy, meester van die hof! My voet man! Hoeveel boedels wat sy afgeteken het is nou onwettig? En dan steek sy nog 10 teen een geld in daai bates van haar ook weg!

HOBBO ·

Meester van die Hoofgerehshof! Bedrog, geldwassery ens. Mense se ons regstelsel is nie gekaap nie??????

Hoe kan Mpumalnga funksioneer terwyl hierdie belangrike kantoor disfunksioneel is………SKANDE CR!!

Jaco ·

Watse kwalifikasies het mens nodig om n meester vd hooggeregshof te wees

PaulV ·

’n Standaard vier-jaar LLB-graad, wat toegang tot alle regsberoepe verleen.

Gerhard du Toit ·

Joh_8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.

C op C ·

Google gerus die vereistes van die Meester van die Hooggeregshof en die verpligtinge. Jou hare sal regop staan. Jammer vir oningeligte mense en mense wat nie in staat is om eie fondse te bestuur.

FriedaS ·

Jou velkleur moet net nie wit wees dan kry jy enige job jy mag ook dan lieg oor jou kwalifikasies! Dis hoe n “banana” republic werk!

Gemaskerde Sopbeen ·

HR Interviewer: “If you have no experience and no qualification to do the job, why do you ask for such a high salary?” Applicant: “Because it’s so much harder to do the work without any experience or qualification!!” Verstaan julle nou?

hendrik ·

In die nuwe Suid Afrika is daar nie meer prokureurs nie. Net advokate.

Oom Johan ·

Verstaan julle Gerhard se aanhaling uit Joh 8:44? Besef julle dat die “slangsaad” nog steeds met ons is, ten spyte vd kerke wat dit heftig ontken. Hierdie mense is nes hul vader, hy was ‘n bedriëer, leunaar en moordenaar van die begin af! Hoekom verbaas wees oor sekere mense, ons moes dit mos al baie baie jare gelede in ons Bybels gelees het…..

marous ·

Daar is geen plek waar die kloue nie in belasting geld geslaan is nie . Daar is geen manier wat dit ooit kan herstel nie , want die verorberaars bly net waar hulle is .

Attie. ·

Mense, kom ons lag ‘n slag lekker vir ons regering want as jy lag, lag almal saam maar as jy huil, huil jy alleen. Hier kom in dieland nog baie trane wanneer die Rand sy waarde gaan begin verloor.

Catherine ·

Nothing surprises us anymore in this country……….typical third world . CAN BUT LAUGH!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.