Senior amptenaar van Molemole steel glo miljoene

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Senior amptenaar van die Molemole- plaaslike munisipaliteit is in hegtenis geneem vir die beweerde diefstal van miljoene rande.

Die 53-jarige amptenaar is in hegtenis geneem nadat die Valke reeds in 2018 ʼn wenk gekry het oor die diefstal van geld van die Makgatho-gemeenskapseiendomsvereniging, glo deur sommige van sy komiteelede.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die ondersoek wat gevolg het, het gewys die verdagte het tussen 2015 en 2018 ʼn gemeenskapsvereniging gementor en glo met ander komiteelede saamgespan om ʼn boerderytender aan ʼn maatskappy wat bande met sy vrou het, toe te ken.

Die nodige prosesse is glo nie gevolg om die kontrak toe te ken nie.

“Dit is verder onthul dat die maatskappy hoegenaamd geen diens aan die gemeenskap gelewer het nie, ondanks die feit dat hy meer as R4,8 miljoen van die vereniging ontvang het,” het Maluleke gesê.

Die verdagte verskyn Maandag in die landdroshof op Polokwane.

Maluleke het gesê die Valke is intussen op soek na nog verdagtes wat met die saak verbind word.

Brig. Thabo Ramela, waarnemende hoof van die Valke in die provinsie, het die inhegtenisneming verwelkom en gesê die eenheid gaan geensins die diefstal van staatsgeld duld nie.

“Uiters streng maatreëls sal geld teen diegene wat hul mag misbruik deur van die armstes te steel. Ons gaan sonder vrees of guns ondersoek instel en diegene wat betrek word aan die pen laat ry,” het Ramela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Ongelooflik. Maar dan weer dis midde die “nuwe RSA” se toepassibg van regverdig en demokrasie. Om nie te praat van verandwoordelikheid OF verandwoordbaar nie? Nog minder van produktief. Niks te maak met iemand anders se lewe verwoes nie want hey jy MAG en KAN solank jy net deel van “my fellow South Africans” is?

Letterlik GEEN respek vir lewe nie BEHALWE as dit oor jou en “your people” gaan. Moor van fetusse tot weerlose ou mense…

Nic ·

wat van die res geword het by zondo kommisie .is dit nie ook staats geld nie .twyfel of jy gaan sien bekendes het oranje oorpakke aan want die kommisie lyk ook net na n klug

lollapot ·

Diefstal & korrupsie. . . .n Kroniese siekte, net die name verander!

Nic ·

lees vir die amptenaar gedagte vir die dag hy verstaan dit nie

Rosslyn ·

Er umm… Is die dorp se naam korrek gespel? Ek dog dis MODIMOLLE?

Byekonfyt ·

En so word die sogenaamde “agtergeblewenes” die onderdrukkers van die weeskinders en weduwees. Die geld wat moet ophef word opgevreet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.