Senior ANC-leier glo aangekla

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Klag wat verband hou met ʼn misdryf van ʼn seksuele aard is glo teen ʼn senior ANC-leier aanhangig gemaak.

Die polisie in Noordwes het bevestig dat ʼn saak aanhangig gemaak is. “’n Saak is geopen en dit word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê.

Mokgwabone wou egter nie die aard van die saak bevestig of waar in Noordwes dit geopen is nie. Daar word intussen berig dis ‘n saak van seksuele teistering en dat dit teen ʼn senior ANC-leier van die Wes-Kaap is.

Yonela Diko, woordvoerder van die ANC in die Wes-Kaap, het gesê hy kan nie die bewerings bevestig nie. “Ons het nog nie amptelik verneem van ʼn saak wat geopen is nie. Ons het wel die bespiegelinge gehoor en sal dit tydens ons volgende vergadering bespreek waarna ons sal reageer.”

Die beskuldigde se naam mag nie bekendgemaak word voor hy of sy in die hof gepleit het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

didi ·

Hopelik hou die saak hom besig en die Weskaap boere sal in vrede kan boer die seisoen .

HEVW ·

Hieroor mag die wittes se monde beslis nie gesnoer word nie. Die wat dit reeds weet, verkondig dit van die dakke af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.