Senior beampte van binnelandse sake kry borgtog

Matsipa tydens sy inhegtenisneming. Foto: SAPD

Matsipa tydens sy inhegtenisneming. Foto: SAPD

ʼn Assistentdirekteur in die departement van binnelandse sake wat op aanklag van korrupsie in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat terwyl sy “kliënt” in aanhouding sal bly.

Elisha Nkhabu Matsipa het Woensdag in die Pretoriase handelshof verskyn waar landdros Martin van Wyk borgtog van R1 000 aan hom toegestaan het.

Matsipa en Wahdat Hussain (30), ʼn Pakistanse burger, het aanvanklik saam verskyn, maar hul borgtogaansoeke is apart hanteer. Hussain is borgtog geweier.

Avinash Rampararat, die staatsaanklaer, het gesê Matsipa se adres in Johannesburg is bevestig. Die 44-jarige pa van twee is verlede week in hegtenis geneem nadat hy Hussain glo gehelp het om ʼn Suid-Afrikaanse identiteitsdokument te bekom. Volgens voorlopige ondersoek het Matsipa R23 000 van Hussain af ontvang.

Matsipa het in sy beëdigde verklaring, wat deur sy regsverteenwoordiger Ash Irpal aan die hof voorgelees is, gesê hy gaan onskuldig pleit wanneer die saak begin. “Ek verdien ʼn bruto salaris van R28 000 per maand wat ek met my familie deel. Sedert my inhegtenisneming weet ek nie hoe hulle oorleef nie,” het Matsipa gesê.

“Indien ek in aanhouding bly, sal dit tot my finansiële ondergang lei en my familie sal direk geraak word aangesien ek die broodwinner is.”

Matsipa het verder aangevoer dat hy bates van R3 miljoen het insluitend ʼn huis, motor en ander roerende eiendom. Hy het aan die hof gesê hy het geen vorige veroordelings of uitstaande sake nie.

Die hof het egter gehoor dat Hussain ʼn vlugrisiko is. Hy is op 6 Julie by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem. Volgens Rampararat is daar uitstaande sake van bedrog en verkragting teen Hussain wat vroeër op borgtog vrygelaat is in verband met die sake.

Hussain en Matsipa moet volgende maand weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter V ·

Met die salaris wat hy verdien en al sy bates glo ek nie dat hulle sal krepeer nie

Peet Schabort ·

‘n Man in sy posisie moes in staat gewees het om ‘n klein bietjie vooruit te kon dink oor die uiteinde van sy korrupte handelinge.

Uys ·

BEDROG!! R28 000.00 per maand kan nie bates van R3000 000.00 gee nie. Uit op borg van R1000.00 Wat jy waar kry. Die man is n hoë risiko want hy laat verkragters onwettig in die land toe.

neelsie ·

Maar deel van die Zuma -beweging.
Gierigheid is baie se ondergang.
Hoeveel geld wil jy nou he?

Gerhard Bezuidenhout ·

Belaglik. Salaris het niks met sy bedrog te doen nie . Gewone mense wat bedrog plaag moet tronk toe , hy ook . Sy geval maak nie van hom n helikopter vlieenier nie. Gee hom vet.

rienie ·

Waar gaan Binnelandse Sake heen??? Jare vir hul gewerk. Sulke bedrog was nie geduld nie. Jy is sonder vergoeding uit jou pos onthef. Nie eers ‘n salaris verdien terwyl saak hangende vir maande was nie. Dit maak mens so hartseer as jy dink hoe hard het jy gewerk vir die Departement en kyk nou al die bedrog met geboorte, huwelike en sterfte sertifikate, sowel as Migrasie en Immigrasie. Hoe kan hy durf waag om sy familie voor te hou. Hoekom werk hulle nie ook vir geld nie. En hy moes daaraan gedink het toe hy die verkeerde ding gedoen het. Baie kundiges sal graag weer die Departement wil opbou .

alta acker ·

Nog korrupsie, net n zuma gravy train drywer, hy gaan loskom, hou die pers dop

alta acker ·

Nog korrupsie, net n zuma gravy train drywer, hy gaan loskom, hou die pers dop

CHRISTA ·

SARS moet ‘n bietjie gaan ondersoek instel hoe ‘n persoon met ‘n inkomste van R28 000 bates van R3 000 000 kan bekostig!!! Het hy dalk Zuma se resep bekom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.