Senior beampte vas oor registrasieslenter

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Senior administratiewe beampte van die departement van binnelandse sake is deur die Valke in hegtenis geneem.

Maj. Robert Netshiunda, woordvoerder van die polisie, het gesê die 36-jarige verdagte wat by die departement se kantoor in Nigel gewerk het, is in hegtenis geneem nadat die Valke inligting ontvang het oor beweerde bedrog.

“Die verdagte het glo 12 vals geboorteregistrasies gedoen en ʼn verdere 388 vals registrasies is by die departement se kantoor in Alberton gedoen, glo deur dieselfde verdagte.” Volgens Netshiunda het die verdagte glo ingeteken op binnelandse sake se stelsel, die naam van ʼn Suid-Afrikaanse vrou gekies en dan ʼn buitelandse kind in die vrou se naam geregistreer.

“Die geboortesertifikate is dan aan buitelandse vroue verkoop sodat hulle kinders vir maatskaplike toelaes en ander voordele in Suid-Afrika kan kwalifiseer.”

Netshiunda het gesê hulle verwag om nog beamptes in hegtenis te neem sowel as van die vroue wat van die geboortesertifikate gekoop het. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Nigel-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wouter ·

Hulle is so dom as dit hulle pas maar met skelmstreke slimmer as die houtjie van die galg.

Theresa ·

Ek stem saam Wouter. En dis iets omtrent hulle wat nog altyd my verstand te bowe gegaan het.

NEL ·

Therea, die stelsels is so swak geimplimenteer dat enige ongeskoolde daar kan infiltreer en sake doen ten goede van hulle eie gewin. Sien dit met die swaarvoertuig lisensies ook. Dit man het ‘n kode 14 en P.D.P maar hy kan nie een ‘n Volvo trok opstart nie. Vraag is hoe het hy dit bekom…………………. en dit is waar die meeste ongelukke vandaan kom met bestuurders wat nie bevoeg is om die groot voertuie te bestuur nie,.

Arno ·

Nel, ek weet nie van een swaar vragmotor eienaar wat sommer net ‘n vragmotor vir die eerste ou gee wat ‘n lisensie kan toon nie. Ek het self vir baie jare gery en vir ‘n paar maatstaf privaat eienaars en nie een het ooit sommer net vir my ‘n vragmotor gegee om te bestuur op die blote feit dat ek ‘n lisensie en ‘n pdp het nie

david ras ·

Ek wonder hoeveel sulkes gaan nog stemgeregtig ook wees ? Dis ‘n ding wat al sy gesig getoon het by die 1994 verkiesing Ek het destyds gesien hoe ‘n Malawier wat geen woord Afrikaans of Engels kon praat nie, by die registrasie tafel ‘n stembrief wou kry. Hy het geen bewys gehad nie en is weggewys. ‘n uur later was hy terug met die nodige dokumentasie, en het hy gestem.
Hoeveel sulke gevalle het nie in die 22 jaar van ANC bewind plaas gevind nie
En dan praat sommiges van “verteenwoordigend van die bevolking “–watter bevolking ?
SA se bevolking of die van die hele Afrika ?

Die Kapenaars moet maar ligloop—die ANC voer sy stemvee al vir jare in daarheen. Dis ‘n kwessie van tyd voor hulle met hierdie metode gaan slaag.

Stellenbosch universiteit is reeds lankal ‘n waarskuwing.

Jan ·

Stem saam met Jan sukkel vir weke lank om geskikte bestuurder vir swaar voertuig te kry

Wonder net...? ·

Wonder of Chinese ook hier in ons land inkomstebelasting betaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.