Senior Eskom-bestuurder geskors oor ‘korrupsie van miljoene’

Argieffoto: GCIS

Eskom het ʼn senior bestuurder verantwoordelik vir steenkoolverkryging tydelik geskors nadat bewyse van korrupsie van miljoene rande aan die lig gekom het.

Dit volg nadat ʼn fluitjieblaser die kragvoorsiener van die beweerde korrupsie ingelig het en ʼn voorlopige ondersoek gedoen is. Eskom het hierna die spesiale ondersoekeenheid (SOE) genader om verdere ondersoek in te stel.

Die SOE-ondersoek het aan die lig gebring dat die senior bestuurder in beheer is van ʼn bankrekening met ʼn balans van R12 miljoen. Daar is vasgestel dat van Eskom se steenkoolverskaffers geld in die betrokke rekening gedeponeer het.

Die bankrekening is intussen gevries, hangende ʼn volledige ondersoek en strafregtelike aanklagte en vervolging. Die senior bestuurder is Vrydag voorlopig geskors, hangende ʼn tugproses.

Volgens Eskom sal hy nie korrupsie en bedrog duld nie. Die kragvoorsiener het gesê hy sal alles in sy vermoë doen om korrupte elemente binne sy werksmag en verskaffers uit te wis.

Talle ondersoeke is aan die gang rakende korrupsie by Eskom en van die sake is reeds in ʼn gevorderde stadium.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jaco ·

Onthou tog net dat André de Ruyter beskuldig word van rassisme. Dis seker ‘n nog BAIE groter oortreding by eskom as bietjie korrupsie. Volgens sekere ANC leiers is korrupsie mos ‘n “Western concept”.

Nie Verbaas ·

Hulle sal nou nog harder probeer om De Ruyter uit te kry.

Chris dupreez ·

Ja nee, nou gaan dit weer die rassis André de Ruiter wees wat nie met die bestuurders van Eskom kan saamwerk nie

Pieter ·

Net Nuus gee die man se naam weg. Hy was een van Anglo American se top getransformeerde bestuurders. Hy is ook verantwoordelik dat Exxaro se Arnot myn toegemaak het.

Terence ·

Kan die bank nie so groot balans in n Eskom werker se rekening agterkom nie, slapgat van die bank.

Pietertjie ·

Dit lyk my eskom gaan homself uitwis as hy al die korrupsie wil uitwis.

Willem ·

Diesulkes behoort onmiddelik gearredtrer te word en die borgtogaansoek moet maar oorstaan vir ‘ n paar wele. Soos op Piet Retief.

Di ·

Die een was seker ook ‘n politieke aanstelling gewees. Daar is nog BAIE van hierdie soort wat in groot poste sit, hengse salarisse verdien EN nog korrupsie pleeg. Gierigheid! Dink hulle gaan nie uitgevang word nie OF lig daarvan afkom indien wel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.