Senior hofamptenaar, vriend vas vir beweerde bedrog

Bina Mfandifuna Masuku (44).

Die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga het Vrydag in die Mbombela-landdroshof verskyn nadat die Valke haar op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortredings van immigrasiewetgewing in hegtenis geneem het.

Brig. Hangwani Muluadzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Bina Mfandifuna Masuku (44) is Donderdag aangekeer as deel van die Valke se ondersoek na beweerde korrupsie by die meesterskantoor in Mpumalanga. Die eenheid vir ernstige ekonomiese misdrywe is al sowat twee jaar lank besig met die ondersoek. Geld word glo van die eisersfonds gesteel.

Masuku het glo eisers na haar “prokureursvriend” verwys om hul eise te verwerk. Sommige eisers het nooit hul geld gekry nie. Pleks daarvan het Masuku en haar vriend, Please Elvis Kgosiemang (35), glo die geld gedeel. Tot dusver word R1,7 miljoen wat aan agt families uitbetaal moes word, vermis, het Mulaudzi gesê.

Please Elvis Kgosiemang (35).

Hy het gesê dié vermiste geld is moontlik net die oortjies van die seekoei.

Die saak teen Masuku is uitgestel tot Maandag vir ʼn formele borgtogaansoek. Sy bly in aanhouding tot dan.

Kgosiemang word aangekla van bedrog, korrupsie, geldwassery, die oortreding van immigrasiewetgewing en dat hy hom as ʼn prokureur voorgedoen het. Hy bly ook in aanhouding en verskyn Maandag weer in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Please Elvis??? Regtig? Wat besiel mense om hul kinders so te noem? Nou ja toe, please Elvis don’t be a bad boy anymore!

Feite ·

Hoekom is daar so baie slagoffers van apartheid betrokke by plundering bedrog, diefstal, korrupsie en grondgryp? Ideologies is die idee of dan nou die denke, dat dit hulle toekom, dat dit deel is van die “struggle” om die onreg van die verlede uit te wis. Korrupsie, plundering en geweld sal nie uitgewis word nie, want “you can kill the man, but not the idea”! Hierdie is die feite, gaan vra gerus maar vir die eff, hulle sal dit reguit vir jou se, waar die ANC weer daaroor sal lieg en dit ontken!

Karolis ·

Kobus ek is net so geskok soos jy. Het selfs my bril afgehaal en skoon gemaak om weer te lees.
Absoluut skokkend.

My Stem ·

Meester vd Hof nogal ! Skande so groot soos Tafelberg!! Kan net in SA gebeur!!!

madels ·

Ek is so bly dat alle korrupsie in die lig begin kom het. Die hele vrot spul moet “expose” word! Voor die voet!

Doris ·

Dit is nou mense van die Gereg wat ons vandag nie meer kan vertrou nie. Daar moet nou iets drasties gedoen word bêre hulle vir goed. Kyk hoe korup kamstig Prokureurs doen sake vir mense dan verdwyn hulle en die geld. Dan hoor jy nie weer iets van hulle en die saak nie. Ek dink dit is tyd dat Prokureurs orde bietjie moet begin sif onder hulle.

Ben ·

Dit nogal op die dag wat Cyril n nuwe hooggeregshof in Nelspruit open en se dat dit deel van transformasie is.Dit terwyl n hoofamptenaar van die Hof daar dieselfde dag vir beweerde bedrog in die landdroshof verskyn.Nou vra mense my waarom ek hulle nie vertrou nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.