Ivan Pillay, adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), en Peter Richers, groep uitvoerende beampte van strategiese beplanning en risiko, is geskors.
“Ek het besluit om die twee senior uitvoerende beamptes te skors hangende ʼn dissiplinêre proses in terme van die SAID se dissiplinêre kode en die toepaslike arbeidwetgewing insluitend die Wet op Arbeidsverhoudinge,” het Tom Moyane, SAID-kommissaris, gesê.
Pillay het ʼn paneel aangestel om bewerings wat in die media teen senior beamptes gemaak is, te ondersoek. Adv. Muzi Sikhakane en ʼn paneel van senior advokate is aangestel om die bewerings te ondersoek. Daar is op 16 November aangekondig dat Moyane sy uitvoerende komitee se adviserende pligte halt geroep het.
Die Sunday Times het berig dat Moyane besluit het om eerder op ʼn individuele basis met die verskeie bestuurders in gesprek te tree. Daar is die afgelope paar weke berig dat die SAID in 2007 ʼn “spesiale” intelligensie-eenheid op die been gebring het. Die Sunday Times het berig dat die eenheid betrokke was by die oopmaak van ʼn bordeel in Durban as ‘n “rookskerm” vir beamptes wat van die huis af gewerk het. Daar is ook berig dat die eenheid op verskeie mense, insluitend taxi-huurmoordenaars, dwelmbase, smokkelaars, SAID-beamptes en politici gespioeneer het en dat sommige SAID-beamptes by die ANC geïnfiltreer is as lyfwagte.
Johann van Loggenberg, groephoof van belasting- en doeane-ondersoeke, is in September op spesiale verlof geplaas hangende ʼn ondersoek na bewerings van wangedrag. Van Loggerenberg was in ‘n stadium die hoof van die intilligensie-eenheid City Press het in November berig dat Van Loggerenberg amptelik deur Monyane geskors is.
Korrupsie,korrupsie sal nooit uit die system gedryf word nie,wantoe gaan ons opwaarts or derwaards,onderwaarts. As ons di konstitusie van die land reg uitleef sal Suid Afrika die beste in die suide wees. Komentaar net geen kritiseer nie.