Senior metrobeampte vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Senior metropolisiebeampte van eThekweni is buite sy huis in Durban doodgeskiet.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Innocent Chamane is in die kop en lyf geskiet. “Die motief vir die moord is onbekend. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

Tozi Mthethwa, woordvoerder van die eThekwini-metro, het in ʼn kort verklaring die metroraad se medelye met die familie uitgespreek. Volgens Mthethwa was Chamane die bestuurder van die metropolisie se ondersteuningsdienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Heleen ·

My innige simpatie vir sy familie, Hy het seker ‘n klag ondersoek en sou die die kriminele vas trek en die kriminele het seker gemaak hul raak van hom ontslae. Sterkte aan sy familie

Elinette ·

Ja, simpatie aan die gesin. Maar ook “good riddance to bad rubbish”. Hierdie einste Metropolisiebeampte was verantwoordelik vir chaos in die Durbanse metropolisie K9-eenheid so drie of wat maande gelede toe die honde in die eenheid sonder kos gesit het; toe lede van die publiek kos en ander benodigdhede wou skenk, is dit deur hom van die hand gewys. Ook mag hanteerders nie hul aftredende K9’s uit die hokke neem na hul huise vir ‘n ‘ou-dag van genadebrood’ nie en is baie van die diere daar gelaat en selfs uitgesit. Dáárom sê ek “good riddance to bad rubbish”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.