Senior offisiere vas by sjebien; generaal ontbied glo troepe

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) beweer dat ‘n weermaggeneraal wat glo onder die invloed van alkohol was soldate gemobiliseer het om ander soldate en senior offisiere uit ‘n polisiekantoor te bevry nadat hulle by ‘n sjebien in hegtenis geneem is.

Adv. Pikkie Greeff van Sanwu sê talle soldate en senior offisiere is Saterdagaand tydens ‘n klopjag by ‘n berugte onwettige sjebien in Bongilethu in Oudtshoorn in hegtenis geneem. Greeff beweer die weermaggeneraal het onwettiglik gewapende soldate en vegvoertuie gemobiliseer om die soldate en senior offisiere te bevry.

“Sanwu is ewe ontsteld oor die feit dat die weermag tot nou toe daarin misluk het om enige stappe te teen die weermag-generaal wat betrokke was te neem in wat net beskryf kan word as ‘n militêre gesteunde gewapende opstand teen die polisie.” Greeff sê al word daar nou stappe geneem sal dit slegs wees omdat dit in die media uitgelek het.

Greeff sê Sanwu het verneem dat soldate in Oudtshoorn deur militêre owerhede gewaarsku is om stil te bly oor die voorval of dissiplinêre aksie in die gesig te staar. “Ons eis dat die weermag onmiddellik die betrokke generaal skors en aanklagte van intimidasie en oproer teen hom ondersoek.

Dit is duidelik dat sy gedrag ‘n uiterste misbruik van sy rang is en dat hy glo hy bo die wet verhewe is. Daarbenewens illustreer sy gedrag dat hy nie in ‘n posisie van militêre gesag vertrou kan word nie en dat hy onverantwoordelik en gevaarlik is terwyl hy in beheer van militêre personeel en toerusting is,” sê Greeff.

Greeff het die hoof van die weermag uitgedaag om te wys dat bestuurslede nie anders behandel word as ander personeel nie. Hy sê ander personeel word dikwels geskors vir beweerde geringe oortredings. “Die spoed en mening waarmee die militêre bestuur die beamptes in die Guptagate-saak geteiken het, in teenstelling met die huidige gebrek aan optrede, toon vooroordeel ten gunste van politieke opportunisme en party-politieke belange.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Behlia ·

Hierdie is net nog ‘n voorbeeld van hoe alles verval het in die land.
Skande man, skande.

Peter Says ·

n Rang, beteken niks as n Generaal soos n troep optree. Voor julle hom ontslaan, sluit hom op in die DB en gee hom 2 weke CB drill. Lekker outydse straf.

George Barnard ·

sien dit is wat ek elke dag se ,ons is n 2 de Zim.Dit sal nog net erger word

Linda van Mosselbaai ·

Hierdie klink soos ‘n storie uit Leon Schuster se flieks – te midde van al die harseer nuus in ons land kan ons almal lekker saam lag oor hierdee voorval !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.