Senior Valke-beampte vas vir omkopery

Valkeʼn Senior beampte van die Valke in Durban is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en bedrog.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die 53-jarige beampte is Woensdag in sy kantoor in hegtenis geneem omdat hy na bewering omkoopgeld van R28 000 aanvaar het. Volgens Mulaudzi is die beampte glo genader om te help in ʼn saak van ʼn persoon wat in 2008 vermis geraak het.

Die beampte het glo R40 000 geëis vir sy hulp. Hy sou glo die geld gebruik om na sy siek vrou om te sien. Hy het glo ʼn teenaanbod van R28 000 aanvaar en die betalings is glo in 2010 en 2011 gemaak. Die saak van die vermiste persoon is egter nie opgelos nie en die vermiste persoon se familie het die saak in Februarie by die Chatsworth-polisiekantoor aangemeld.

Die beampte sal binnekort in die Durbanse handelshof verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Waarom het Zuma die Skerpioene ontbind? Dis nou maar ‘n paar jaar en die VALKE het klaar tot ‘n VAL gekom! Wat ‘n skande!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.