Senior verkeersbeampte vas oor ‘bedrogskema’

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Valke het ʼn 47-jarige senior verkeersbeampte in hegtenis geneem rakende ʼn beweerde onwettige lisensiëringskema.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagte is Woensdagoggend in De Aar in hegtenis geneem. Dit volg nadat nog ʼn verdagte, Elton Abrahams (33), vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem en daar op R3,7 miljoen beslag gelê is.

Volgens Ramovha volg die senior verkeersbeampte se inhegtenisneming op ʼn uitgebreide ondersoek na ʼn onwettige lisensiëringskema waarvolgens padwaardigheidsertifikate aan vragmotors en busse uitgereik is.

Die verdagtes sal Vrydag in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie. Volgens Ramovha gaan die ondersoek, wat oor verskeie provinsies strek, voort en word nog inhegtenisnemings verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elza ·

verkeersbeamptes moet hul toespits op pad oortreders en sigbaar wees sodat ons al padverbruikers veilig kan voel…nie eie sake ondernemings bedryf tot eie voordeel nie

Anoniem ·

Hoe kwaad word ek nou!! As hierdie knaap ‘n padwaardigheidsertifikaat uitgereik het aan ‘n bus/vragmotor wat onpadwaardig was, en wat as gevolg van die swak toestand ‘n ongeluk veroorsaak het, is hy direk verantwoordelik vir die onskuldige party(e) se seerkry en skade. Maar nee, seker nie verder as sy neus gedink nie, net die $$$ gesien.

David ·

Wil iemand wat na hulle kan deurdring nie asseblief vir ons liewe regering daarop wys dat HIERDIE die ware oorsaak van die meerderheid van padongelukke is nie. Dit sowel as korrupsie met bestuurderslisensies. Nou word spoed geblameer en almal moet stadiger ry want die wat hulle lisensies gekoop het, KAN NIE bestuur nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.