Sensus oor SA se boere, plase begin

Elke boer, plaas en dier sal in die grondsensus getel word. Foto: Morné van Rooyen

Statistieke SA begin Maandag met ʼn agt maande lange, landwye grondsensus om vas stel hoeveel kommersiële boere in Suid-Afrika oorbly en waarmee hulle boer.

Risenga Maluleke, Suid-Afrika se statistikus-generaal en hoof van Stats SA, het ʼn beroep op kommersiële boere gedoen om deel te neem aan die grondsensus, wat sal duur tot Junie 2019.

Nagenoeg 600 veldwerkers sal plase in al nege provinsies besoek om die getal kommersiële boere, plaasgroottes, gewassoorte waarmee in die verskillende gebiede geboer word en insette soos die gebruik van besproeiing vas te stel.

Die land se eerste grondsensus is presies ʼn eeu gelede gehou en die laaste een reeds 11 jaar gelede. Stats SA sê die Verenigde Nasies se Voedsel-en-Landbou-organisasie beveel aan dat lande elke tien jaar ʼn landbousensus hou.

Maluleke sê die sensus sal alle kommersiële plase dek, met ander woorde plase waarop vir inkomste of wins geboer word. “Die sensusopname is belangrik om beleggers te help om feitegebaseerde besluite te neem.”

Volgens hom sal die sensus die staat help om die omvang van voedselonsekerheid te bepaal. Dit sal die diens ook ʼn flitsbeeld van die landbousektor bied. “Dié inligting is van wesenlike belang vir beplanning, beleidsformulering en om voedselsekerheid te meet.”

Hy dring aan by boere om saam te werk met die veldwerkers en aan die sensusopname deel te neem. “Die data is die enigste bron van omvattende en onpartydige data oor die landbou.” Hy voeg by alle inligting is vertroulik. “Kragtens die Wet op Statistieke mag ons geen persoonlike inligting bekendmaak nie.”

Christo van der Rheede, AgriSA se adjunk- uitvoerende direkteur, sê hulle verwelkom die grondsensus. “Dis vir ons ʼn baie belangrike onderneming wat gedoen moet word en ongelukkig is dit nou al ʼn taamlike tydperk sedert dit laas gedoen is.”

Hy sê die landbousektor gebruik tans teenstrydige statistieke oor die sektor, waarvan baie se geloofwaardigheid te betwyfel is, of wat verouder is. “Dis absoluut belangrik dat ʼn geloofwaardige instelling soos Stats SA die sensus onderneem en dat ons in die landbousektor baie nou daarby betrokke is.”

Christo van der Rheede van AgriSA sê hulle sal nou met Statistieke SA saamwerk om te verseker die grondsensus se data is akkuraat Foto: Facebook

Gevra of die grondsensus ingespan kan word om grondhervorming aan te help, soos EWN Dinsdag berig het, sê Van der Rheede: “Dis twak. Stats SA kan nie help met grondhervorming nie. Hul werk is om statistieke in te samel. Maar as die statistieke van die grondsensus vir die een of ander duistere doelwit gebruik word, sal ons baie sterk standpunt inneem.”

Van der Rheede meen wel akkurate statistieke oor grondbesit en -gebruik is belangrik om grondhervorming regverdig te laat geskied, maar in die voorgenome sensus sal nie gekyk word na byvoorbeeld hoeveel grond die staat besit en waarvoor dit gebruik word nie.

Al is die sensus se omvang beperk, kan dit volgens hom van groot nut wees. “Die getal kommersiële boere neem drasties af en die plase word groter vanweë konsolidasie,” sê hy, maar die presiese getalle is nie beskikbaar nie.

“As jy nie langer op groot skaal kan boer nie, maak dit nie meer ekonomies sin nie. Jy kan nie voedselsekerheid in die hande van kleinskaalse boere laat nie. Dis belangrik dat ons kommersiële boere se belange beskerm en ons kan dit net doen as ons behoorlike statistieke het.”

Tydens die sensus sal veldwerkers die getal eiendomme, gewassoorte wat in verskillende streke verbou word en veegetalle tel. Die rol en betrokkenheid van vroue in die landbou sal ook gemeet word.

Maluleke verwag die uitslae van die sensus sal omstreeks November 2019 bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Swapie ·

Natuurlik help die opname ook die ANC om te sien wat hulle alles gaan kry met hulle EWC plan. Ek is seker die comrades staan al klaar in die ry.

Katrina ·

Alweer n versuikerde gifpil wat aan ons boere gevoer word. En natuurlik ondersteun agri sa dit! Hulle is ook n klomp wolwe in skaapsklere!! Hierdie regime sal aanhou karring aan ons boere en ons landbou, hulle is soos n klitsgras aan n wolkombers!! Dis net om te sien wie boer met wat, en hulle wil mos voorskriftelik wees! Die staat wil mos besluit waarmee jy mag boer!

jaco ·

Kort nadat Duitsland Nederland beset het, is alle Nederlandse Jode gevra om hulle te laat registreer. Die Nederlandse Jode het amper almal dit toe maar gedoen, met die idee “as ons doen wat die Duitsers ons vra om te doen, sal hulle ons uitlos en nie sleg behandel nie”. Die uiteinde van dít is welbekend: 90% van Nederland se Jode was teen 1945 vermoor In gaskamers.
Hierdie “onskuldige” landbousensus is maar net dieselfde: kry al die feite bymekaar en slaan eendag maklik toe. Jaag boere weg en vat hulle plase af.

Gerhard ·

Ons sal sien of een van hulle n voet op my plaas gaan sit!

Potlood ·

Ons boer kommersieel met “dit het boggerol met jou uit te waai wat ek met my eiendom doen”.
Hier kom weer Baie duimsuig want hulle gaan nie veel inligting kry nie. Gaan hulle nou in 8 maande van plaas tot plaas ry? ag asseblief!

Anon ·

ja want ons gaan hulle petrol en diesel betaal soos gewoonlik ne… dis mos hoe hulle te werk gaan… daar gaan die belasting betaler se geld vir sensus… ek sal nie hulle op my grond toe laat nie, betreding van privaat eiendom…

Ag regtig ·

Wow, wat ‘n stelling. Ons kan nie voedselsekerheid in die hande van kleinskaalse boere laat nie. Is dit dan nie PRESIES wat die Regering besig is om te doen nie? Elkeen kry ‘n stukkie grond en hulle sal dan vir voedselsekerheid sorg. Praat julle slim manne nooit met mekaar nie, lees julle nie en luister julle nooit nie. Elke een vertel sy eie sprokie en ons moet dit glo.

Anoniem ·

Nuwe maniertjies vir grondonteiening en plaas aanvalle sal hulle glad nie op my plek toelaat nie.

waarheid ·

Dit is nou seker ‘n opname nadat hoeveel boere vermoor is.
Moet hulle nie laat inkom nie – want ek gaan beslis nie.
Hulle hoef nie te weet met wat ek boer nie. Die lot sklems gaan dit teen ons gebruik.

Geweeg en te lig bevind ·

Hoe verwaand. Help ons asseblief om seker te maak ons kan effektief voortgaan met boerdery na ons jou plaas onteien het sonder vergoeding. Baie dankie.

Anoniem ·

Nuwe maniertjies vir grondonteiening en plaas aanvalle sal hulle glad nie op my plek toelaat nie. My honde sal niemand toelaat nie .

Pegasus ·

Hoe gaan die Boere weet wie is wie…..skelm of sensus veldwerker? Nee nee nee !!!! Niemand kan vertrou word nie. Hulle is opsoek na informasie en dit het niks met stats te doen nie!!!!!

Gordon ·

“baie sterk standpunt inneem” net soos standpunt inneem oor plaasmoorde. Wat beteken dit vir die vemoorde boer. Ek lag vir julle ‘standpunt inneem’. Die omkyk van n blinde hond is erger!!!!

Theresa B ·

Ha Ha – En julle vertrou hulle wragtig met hul statistieke en al – geniet die “saamwerk”!!

MC ·

Dankie vir dit Attie, moet se ek het nou self lekker gelag. Die feit dat hierdie spul dom asstrant is, is nou nie hulle fout nie, maar die feit dat hulle die boere se IK’s so onderskat is regtig verstommend. Jitte Langenhoven het gese as die kraan toe bly weet niemand daar is nie water in nie, maar hierdie ou spulletjie se lee krane is almal wawyd oop met borde bokant dit om te adverteer, verniet water vir almal, kom kry net soveel soos wat julle wil he.

Deloris ·

Natuurlik gaan die moord statistieke nou meer word. Raai wie gaan die sensus doen? Net om te kom kyk en vir sy of haar kameraad pelle gaan se wat waar en hoe. Misdaad gaan klim.

Vrot ·

Natuurlik wil die ANC net ‘n opname gaan maak van wat daar alles is om te vat. Hulle moet dink ons is baie stupid. Darem vreemd dat hulle nogsteeds JOK oor hoeveel land aan wittes en hoeveel aan anderskleuriges behoort en tot nou toe nog nie op ‘n EERLIKE antwoord kon uitkom nie, maar nou dat hulle PLASE wil begin vat, NOU is dit tyd om ‘n EERLIKE oudit te doen … Ag ek glo AGRI SA se woord nes ek die ANC s’n glo .. GLAD NIE . wens net die boere kon hulleself onttrek sodat die manne met die COSY salarissies en stywe suits en dassies ook voel hoe voel dit om een dag te PLOEG en te SAAI …

J van Rustenburg ·

Wat ‘n rook skerm vir n ander agenda Die akte kantoor het al die inligting wat hulle nodig het boorgate moet geregestreer wees en met lug fotos word die korektheid bepaal As jy vanjaar met mielies boer stop niks jou om volgend jaar met soja te boer nie En hulle moet jou beeste bokke en skape tel Vir wat As daar ‘n droogte is verkoop jy en in ‘n goeie jaar hou jy terug Hulle moet dink ons is dom

Gevaar ·

Wil gaan uitvind hoe die sekuriteit op die plase lyk sodat hulle die boere kan gaan uitmoor?
Moenie hulle op die plase toelaat nie. Onder geen omstandighde nie.
Julle lewens gaan in groot gevaar wees.

Erick ·

Wil seker kyk hoeveel oop slaapkamers is in die plaashuis en waar is die kluis en die spens ook. Ai.

Francois le Cochon ·

Kyk na die positiewe. Eersdaags gaan ons seker sowat 10 miljoen nuwe boere he^. Die ander 30 miljoen sal seker later plase kry, want hulle sal nie tevrede wees oor die slegs 10 miljoen wat plase kry. Hierdie nuwe boere gaan ten minste 40 miljoen plaaswerkers in diens neem. 10 Miljoen boere gaan elk nuwe trekkers, stropers, dorsers, balers ens koop. ‘n Geweldige finansiele inspuiting. Ons land se groeikoers gaan opskiet verby 100%. Mense, praat van land van melk en heuning.

Philip ·

Ja so gaan meer geld gemors word soos al die kommisies van ondersoeke. Hulle moet stop en petrol prys afbring met al die geld wat hulle mors. Daai koei gaan binnekort opdroog verseker.

Landi ·

Ag asseblief! Die benaming is kastig “sensus”. Hulle kom kyk hoeveel boere al vermoor is en so die plase vat. Hulle kom kyk watter plase die mooiste inkomste ginereer sodat hulle kan vat. Hulle het nie geld om plase te vat wat TLC nodig het nie. Alles moet goed onderhou wees en in werkende toestand natuurlik. N mens kan deur julle voorspelbare heksegejag sien!

C ·

Nou hoekom nie hierdie sensus elektronies doen nie. Niemand het niks op my grond verloor nie, so ek dink nie dit sal nodig wees vir hulle om ons te kom besoek nie. En ja, soos ‘n kommentaar hierbo alreeds lees “hoe weet jy dit is ‘n veldwerker of net nog ‘n krimineel”?

Sonder rede ·

AgriSA en die boere vd land moet baie vinnig v Vd Rheede ontslae raak. Nie net is hy oënskynlik baie naief nie, mens kan nie anders om te dink hy is in die ANC se sakkie nie en dat hy gebruik word om die gronddiefstal so glad moontlik te laat verloop. Regverdig? Rerig meneer, is al die diskriminerende wetgewing regverdig? Wat doen die ANC nou eintlik wat regverdig is of was?

Anoniem ·

Alles wat te doen het met die ANC het die een of ander duistere motief. ANC is nie te vertrou nie. Kamma SENSUS! se voet.

Theunis Eloff ·

Dit sal nou ń goeie geleentheid wees om ń ondersoek te doen na die grond wat in STAATSBESIT is te kry om te sien hoe groot dit is en wat hulle op die grond doen. Dit sal baie interesante wees.
Dit sal vir die BOERE baie gevaarlik wees om die inligting in die staat se hande te plaas. Hulle kan maar net na die ontvanger van inkomste gaan om dit wat hulle nodig het te kry.
Dit is baie kommer wekkend.

Oom Kalahari ·

Mens kan net die groot vraag vra oor wat is die skielike dryfveer en agenda agter die skielike sensus opname in die lig van EWC en hoe betroubaar is AgriSA sienende dat hul ondersteuning met ANC en grond onteiening gepaard gaan.
Ook laat dit weer ‘n deur oop vir misdadigers om hul te voordoen as sensus opnemers en om toegang te verkry en aanvalle toe te pas.
Wat het dit in elk geval enigsins te doen met ANC of AgriSA wie die boer is, waarmee hy boer, hoeveel grond hy besit, hoeveel familie lede en wekers op die grond, watter beskermings maatreels is daar, Implimente, huisgrootte en addisionele woon areas, skure ens. Dit is persoonlike inligting asook die nodige eienaars akte is geregistreer en bank het besonderhede.
Hierdie hele sensus opname is weer ‘n duistere doelwit wat misbruik wil word. Gesien in die lig van al die plaasmoorde is dit eens geregverdig om jou op so wyse yit te verkoop en was dieselfde strategie in Zim en het groot nagevolge gehad vir die boere.
Watter versekering, waarborge en beskerming is daar vir die boer, gesinne en werkers asook laat Afriforum nagaan wat die werklike statistiese sensus opname behels. Met al die vrese tans kan mens nie anders as om vrae en atw te wil kry nie.

se iets ·

Nou my vraag is, jou plaas is gesluit en die sensus mens kom en wil nou opname doen – die hele land hoor van dit. Goed en wel. Plaas boer maak ook en alles, dan is dit nie eens sensus se mense nie maar mense wat aanval, moor en roof.

NOU hoe gaan hulle dit reg kry sodat mense nou vir hulle die plaas oop te maak, want mens kan vir niemand vertrou nie?

Robert ·

Hier in die Boland is daar al geruime tyd verskeie “inspekteurs” en beamptes doenig wat kwansuis allerhande inligting soek van ons boere. Hul sien mos boerdery as ‘n liefdadigheidsbedryf wat vir elke Jan Rap en sy Maat moet sorg.

Nikita ·

Hoekom nou ewe skielik n landwye grondsensus begin….hoekom nie laasjaar of vroeer nie? Wonder wie het Maluleke opdrag gegee…kan maar net raai! Nee wat stem saam, mens kan mos nou duidelik tussen die lyne lees! Een vd LP’s vd ANC het vroeer n voorstel vir wysiging in Art 25 gemaak dat boere net 12 000 hektaar mag besit en die res moet afstaan. Hierdie is net weer n verdere pick and choose! Verwag net weer n nuwe, dalk finale lys van plase wat onteien gaan word. Vertrou dit gin niks. Hierdie landwye grondsensus kan dalk net die grond onder ons voete uitpluk.

Ellisras ·

Mense julle weet nie waarvan julle praat nie. Die eerste Landbou sensus is al 100 jaar terug gedoen. Die huidige regering het al 2 landbou sensusse gedoen. Hulle wil net syfers hê, soos altyd. Moenie die dinges agter die bult gaan haal nie.

Skyn ·

Dit is nie ‘n grond sensus nie; as dit maar was.
Dit is slegs “komersiële” boere.
“Ras” sal ook seker aangedui word.

Piet ·

Ellisras die regering sal natuurlik die data gebruik vir grond herverdeling. Dis dan wat hulle gese het hulle gaan doen. Wat is dan anders die doel van die sensus, of meen jy hulle doen dit net vir die interesantheid?

Alida ·

O ja nog iets. As die opnemer nie jou taal praat of verstaan nie kan jy hom nie help nie. Dit is jou reg om jou taal te praat.

Geen Toegang ·

Moenie iemand op jou werf toelaat nie -uit en gedaan. Maak nie saak wie dit is nie.

Meisiemens ·

Ek sluk swaar aan die “skielike” sensus wat gedoen moet word.

Gebruik dan nou maar die kans ook om ‘n opname te maak van hoeveel van ons boere en gesinne al aangeval, gemoor en gemartel is.

Dalk sal CR die sensus se uitslae glo.

Nou ja Toe. ·

Dis nie net van sommer opdaag nie.
Formele afspraak….en dan maar voetslaan tot doer waar jy my innie veld kry.

SjN ·

Hulle het absoluut niks uit te waai op my privaat beesplaas wat ek met hard verdiende geld gekoop het nie. Alles daar word wettig en volgens beplanning gedoen, dit sluit nou my paar daggaplante vir die donkies ook in.

Buks Barnard ·

“Grondhervorming” of in eerlike Afrikaans RASSISTIESE GRONDDIEFSTAL kan op GEEN manier regverdig wees nie. Dit is in wese en van die begin af en op enige manier oneties, oneerlik en misdadig. Net mense wat vooraf behoorlike afsprake maak en vlot Afrikaans kan praat en verstaan sal op my grond toegelaat word. Buitendien – ek ruik ‘n groot vrot rot in enigiets wat Agri SA, die stutorganisasie van die ANC-bende, probeer goedpraat.

Stuiwer ·

Rookskerm! Die regering het sy eie agenda en gaan hierdie inligting gebruik wanneer dit kom by grondonteiening.

Netso ·

En die sensus mensies het nogal ñ dreigende houding aangeneem ook! Boete van R20 0000 “pending” toe ons nie ons hek oopgooi dat hulle kan rondloop en opmeet die eerste keer nie! Wonder ook wat kos die opname?

Nikita ·

Ek nou net n stemboodskap gekry dat as boere nie hul samewerking gee nie kan jy n boete van R10 000 kry of 6 maande trokstraf. Nou hoe op dees aarde moet n mens weet wie en wie nie om te vertrou dat dit die regte bogenoemde mense is. Mens kan nie vir enige Jan rap en sy skollie oopmaak nie.

Leon ·

Terwyl hulle nou landswyd plase gaan besoek in ‘n projek wat sekerlik miljoene gaan kos, hoekom nie OOK lyste maak van onbenutte grond nie; hoekom nie ook lyste maak van bestaansboere nie?
Beide het sekerlik ‘n groot impak op boerdery in SA?
Dit help nie jy het ‘n stuk grond waarop jy “boer” maar jy kan skaars vir jouself sorg nie!

Alida ·

Ek verbeel my R50m. Baie huise kon gebou gewees het.die opnemers moet seker karre ook kry en verblyf op hulle landswye toer!

kosie ·

Als deel van Oom Effie se cheks and balances moenie worry nie !

Red ons geliefde land ·

Kom saam na It’s Time die 27ste Oktober 2018. Ons gaan bid vir ons land, Suid Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.