Sentrum op die been gebring na tornado

Skade by die Phumulani-winkelsentrum in Thembisa (26 Julie 2016) Foto aan Maroela Media verskaf

Skade by die Phumulani-winkelsentrum in Thembisa (26 Julie 2016) Foto aan Maroela Media verskaf

ʼn Gesamentlike noodhulpsentrum is deur die Ekurhuleni-metro op die been gebring om mense wat deur Dinsdag se tornado in Tembisa geraak is, by te staan.

Die tornado het die Phumulani Mall se dak afgewaai en buitegeboue by die Tembisa-hospitaal beskadig. Minstens 200 huise in die Winnie Mandela- informele nedersetting is beskadig met meer as 400 mense wat dakloos gelaat is.

“Daar is ook sowat 100 plakkershutte en 20 huise in Hospital View beskadig. Minstens drie mense is na hospitale in die omgewing geneem vir behandeling,” het Themba Gadebe, woordvoerder van die Ekurhuleni-metro, gesê.

Die tornado wat op 26 Julie 2016 in Gauteng gewoed het (Foto aan Maroela Media verskaf)

Die tornado wat op 26 Julie 2016 in Gauteng gewoed het (Foto aan Maroela Media verskaf)

Gadebe het gesê werknemers van die metro, insluitend dié van Eskom, is ontplooi om onder meer te help om kragonderbrekings in die area te herstel. Die Rabasotho- en Olifantsfontein-gemeenskapsale word gebruik om diegene wat dakloos gelaat is te huisves. Komberse en kos word ook verskaf.

Minstens 20 mense is beseer toe die tornado die dak van die Phumulani Mall afgeruk het. Steve Mabona, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die beseerdes is na die Tembisa-hospitaal geneem. By die hospitaal is sowat 20 motors en drie ambulanse beskadig tydens die storm.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die tornado het Tembisa omstreeks 16:00 getref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Dis n groot jammerte vir al die skade wat aangerig is, maar dis darem n seltsame en natuurlikke mooi gesig van die natuur om te aanskou. Het gister se tornado ook op die rekenaar aanskou. Die natuur se krag het geen einde nie.

brenda ·

ekt my hele lewe in Johannesburg gewoon; nooit OOIT so iets beleef nie? dis werklik n vreemde verskynsel? Ek ken hael en erge donderstormsh; maar n tornado?? vreemd?

Frikkie Brits ·

Inderdaad is tornado’s vreemd vir ons in Suid-Afrika. Klein dwarrelwinde , veral in Vrystaat, is volop maar gister was daar tornado’s opgemerk in Centurion, Magaliesburg area, en natuurlik die een in die Oosrand.

Koos1 ·

Nou waar is die politieke partye, wat na die mense se stemme vry, om hulp aan te bied???
By die brand by Plastiek View in Pretoria onlangs het die gemeenskaps (lees blank) lede in gespring en gehelp, met min of geen hulp van politieke partye.

Danie ·

Tornado veral in die winter en in Suid-Afrika is nogal vreemd. Gelukkig is die eerste gevolg en besering waarvan alma sal herstel. Ek wonder nou net of die weer nou weer ondersoek gaan word omdat die tornado net in Tembisa uitgesak en en daar skade aangerig het?

Se maar net ·

Die regeering gaan seker ook “investigate” om te sien wie die oorsaak was van die Tornado. Dit is seker weer apartheid se skuld. Hahahaha!!!

jonathan ·

ja dit lyk baie vreemd en baie sal dit nie verstaan nie.mense as julle hierdie goed sien gebeur wat julle altyd van gehoor het moet julle weet die koms van die Here is baie naby.maak julle klaar en kry julle gereed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.