Sentrum veilig ná bomdreigement

Die Kolonnade-winkelsentrum. (Foto: Verskaf)

Die bestuur van die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria het pas bevestig dat die sentrum veilig is nadat hy Dinsdagoggend ʼn bomdreigement ontvang het.

“Die veiligheid van ons klante en huurders is vir ons van die allergrootste belang, daarom kan hierdie dreigemente nie ligtelik opgeneem word nie,” lui ʼn verklaring op die sentrum se Facebook-blad.

Maroela Media het vroeër berig die sentrum se ontvangskantoor het omstreeks 09:10 Dinsdag ʼn oproep oor ʼn bomdreigement ontvang. Die polisie het gevolglik die sentrum deursoek. Dit is nie duidelik of die polisie wel iets gekry het nie.

Volgens Monique Janse van Rensburg, bemarkingsbestuurder, sal die bestuur voortgaan om moontlike bedreigings te monitor. “Verdere veiligheidsmaatreëls wat ons huidige noodprosedures kan verbeter om te verseker dat voorvalle van dié aard nie weer voorkom nie, word tans geëvalueer.”

“Die bestuur wil ook net al die klante bedank wat die ontruimingsprosedures nagekom het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Deon ·

Dit klink nogals bekend, bom dreigemente soos in die apartheidsjare. Was daar nie n kort rukkie terug n soort gelyke berig nie?

Stof ·

Per geleentheid verlede jaar stap en en my dogter in die Kolonade-sentrum. Ek hoor ‘n jong man wat in die verbygaan meld dat daar ‘n bom in die gebou is terwyl hy sy nekspiere amper permanent beskadig. My dogter glimlag maar net vriendelik en bedagsaam, soos wat dit ‘n ware dame betaam.
Tog, op daardie dag, was die sentrum nie ontruim nie.
Maar vir my (soort van ‘n grotman) en my dogter (beslis nie ‘n grotmeisie nie…) sal daardie kosbare dag altyd behoue bly.

Nie Verbaas ·

En wat van n poging om die persoon op te spoor wat die oproep gemaak het?

Tanja ·

Dalk die Chineese of Pakistanners wat winkels in die Kolonade soek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.