Sentrum vir bek-en-klouseer dekade later steeds onvoltooid

(Argiefoto: Morné van Rooyen)

Byna tien jaar nadat geld bewillig is vir ʼn sentrum waar entstowwe teen bek-en-klouseer ontwikkel moet word, is dit nog nie voltooi nie.

Die Demokratiese Alliansie (DA) versoek nou die Landbounavorsingsraad (LNR) om dringend terugvoer te gee oor die vordering met die bou van dié sentrum wat veronderstel is om broodnodige entstowwe te produseer om hierdie hoogs aansteeklike siekte te bekamp. Dit volg na die derde uitbreking van bek-en-klouseer sedert Mei vanjaar in Suid-Afrika. Die jongste voorval is verlede week in die Molemole-distrik, Limpopo, aangemeld.

Volgens Noko Masipa, DA-lid in die portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, moet die LNR volle verantwoordelikheid neem vir die jongste uitbreking van bek-en-klouseer. “In 2010 het die raad R188 miljoen ontvang om die sentrum vir bek-en-klouseer te bou. Byna tien jaar later is die sentrum steeds nie voltooi nie,” sê hy.

Luidens ’n verklaring deur die DA het die ouditeur-generaal bevind die LNR bestee nie die geld aan die voltooiing van die sentrum nie, wat strydig met die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies is.

Die DA meen dit is van kardinale belang dat die LNR die sentrum voltooi gegewe die sporadiese uitbreking van dié aansteeklike siekte die afgelope ses maande, veral in Limpopo.

“Bek-en-klouseer hou ’n ernstige risiko in vir die land se landbousektor, sowel as ons ekonomie. Die uitbreek van die siekte in Januarie vanjaar het gelei tot ’n kort verbod op die uitvoer van wol en vleis na verskeie internasionale markte. Dit het die ekonomie meer as R10 miljard gekos,” sê Masipa.

Die DA plaas ook voortdurend druk op die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling om die sentrum te voltooi om die uitbreking van hierdie aansteeklike siekte te bekamp. “Die voortslepende droogte het reeds die landbousektor hard geslaan. Ons kan nie nog ’n terugslag soos hierdie bekostig nie,” meen Masipa.

Die DA het Maandag ’n beroep op Thoko Didiza, die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gedoen om die voortdurende uitbreek van bek-en-klouseer in Limpopo volledig te ondersoek. Die DA versoek ook aksieplanne vanaf die minister om verdere uitbrekings van dié siekte te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

koos ·

Hoeveel van daai geld is nog oor, hoeveel is op die sentrum spandeer en wat is die sentrum hoe werklik werd (werklike kostes)?
Hierdie 3 vrae sal mos al die antwoorde gee.

Leon Pit ·

Daai geld vir bek en klou is al laaaaank op oor see vakansies geblaas.
Die sous TREIN doen sy ding tikke tlk tikke tik.

jennefer ·

Intussen maak ek reg dat die beesprys weer val, dit nadat ek duisende rande gespandeer het deur die droogte .

Ella ·

Geen gevolge vir sulke vergrype.
Almal kry n beurt om te vat wat hle kan/wil.

JohanR ·

Ella – ek is spierwit. Hoe gaan mens te werk om bietjie ‘n hand op die lekker geld te kry? Soeveel kom daarmee weg, en self is hulle gevang word hulle ambassadeurs in Japan, Thailand en Australia.

Hennie ·

Jy kan die spul blikskottels met ABSOLUUT NIKS vertrou die. Dis n demockary die van epise proporsie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.