‘Senuagtige bestuurder’ laat polisie snuf in neus kry

(Argieffoto: City of Cape Town/Facebook)

Die Kaapstadse metropolisie het drie mense aangekeer vir die besit van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig nadat hulle Dinsdagaand in Brooklyn voorgekeer is.

Supt. Ruth Solomons, woordvoerder van die stad se metropolisie, sê beamptes het die voertuig kort ná 18:00 opgemerk nadat dit rukkerig gery het.

“Hulle het die voertuig afgetrek en agtergekom dat die bestuurder baie senuweeagtig lyk terwyl hulle hom ondervra het,” sê Solomons.

Die beamptes het die voertuig se voertuigidentifikasienommer op die lisensieskyf nagegaan, maar dit het nie met die nommerplaat ooreengestem nie. Verdere ondersoek het gewys die voertuig is vroeër in Bellville gesteel.

Twee mans, onderskeidelik 27 en 35 jaar oud, asook ʼn 35-jarige vrou is in hegtenis geneem en word by die Maitland-polisiestasie aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.