Mchunu het die nuus tydens ʼn mediakonferensie by sy Empangeni-huis gedeel met sy familie teenwoordig om oproepe van die media te hanteer.
eNCA het berig Mchunu is gevra om te bedank weens sy verset teen die ANC-leierskap oor verskeie bestuurskwessies. Mchunu het aan die nuusagentskap bevestig dat ses beskuldigings deur die ANC-leierskap teen hom gemaak is, maar hy wou nie uitbrei oor wat die beskuldigings behels nie.
Hy het wel tydens die onderhoud met eNCA gesê hy is “uiters teleurgesteld” oor die manier waarop die aangeleentheid hanteer is.
Gerugte dat Mchunu binnekort in die pad gesteek sal word doen al sedert Vrydag die ronde. Verskeie nuusagentskappe het berig dat hy na bewering ʼn brief van die ANC ontvang het waarin hy tot Maandag geleentheid gegee word om te bedank. Geen partylid of woordvoerder wou egter oor die naweek bevestig dat Mchunu op pad uit is nie.
Ons weet nie wat gebeur het nie maar dit is maklik om te raai. Hy het hom waarskynlik verset teen die magsmisbruik en korrupsie. Dus het hy nie meer in die struktuur van die cANCer ingepas nie.
O een van Zumpies se ander pelle soek seker werk so maak plek iemand anders se beurt om ryk te word
Meng jou met die semels,…
hulle leer maar moeilik. niemand gaan tevrede wees dat “verkeerd” uigeroei word deur n provinsiale premier te dwing om te bedank terwyl prime evil nog losloop nie. die hoogste bome vang tog die meeste wind.