Senzo Meyiwa-moord: Aanklagte teen verdagte teruggetrek

Vriende en familie van Zanokuhle Mbatha verlaat die hof kort nadat aanklagte teen hom teruggetrek is. Foto: Werner Beukes / SAPA

Vriende en familie van Zanokuhle Mbatha verlaat die hof kort nadat aanklagte teen hom teruggetrek is. Foto: Werner Beukes / SAPA

ʼn Aanklag van moord teen Zanokuhle Mbatha, in verband met die skietdood van Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa, is Dinsdag teruggetrek.

Landdros Daniel Thulare het in die Boksburg-landdroshof bevind dat daar, volgens die dokumente wat deur staatsaanklaer Getrude Market ingedien is, tans nie voldoende bewyse bestaan om Mbatha te vervolg nie. “Die staat trek die aanklagte teen Mbatha terug en hof beveel gevolglik dat hy vandag nog vrygelaat word,” het Thulare gesê.

Meyiwa, ook die kaptein van Orlando Pirates, is op 26 Oktober tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin, die sangeres en aktrise Kelly Khumalo, se huis in Vosloorus doodgeskiet. Twee man het glo die huis betree en op selfone aangedring voordat Meyiwa geskiet is.

Mbatha (25), van Vosloorus, het op 31 Oktober vir die eerste keer vlugtig in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ivorine ·

Gedink die SAPS het ‘n bietjie te gou ‘n scapegoat gekry. Wou seker maar net vir Rheta beindruk

jjobson ·

Dit wil voorkom asof i HIT gereel is – iemand lag baie lekker,en dit is nie KELLY nie. Dit lyk na i DEWANI geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.