Senzo Meyiwa-moord: Misdaad neem krisisafmetings aan, sê AfriForum

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag gesê hy veroordeel die moord op Senzo Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates.

AfriForum doen ’n beroep op die polisie om alles moontlik te doen om toe te sien dat diegene wat verantwoordelik is vir hierdie lafhartige daad, aan die pen ry.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy organisasie se meegevoel met Meyiwa se familie en vriende uitgespreek. “Die moord op Meyiwa onderstreep weer die feit dat misdaad in Suid-Afrika krisisafmetings aanneem en dat die gemeenskap toenemend self binne die raamwerk van die wet gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe tot stand sal moet bring om hulle eie veiligheid te verseker,” het Kriel gesê.

Intussen het genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, ʼn perskonferensie saamgeroep oor die ondersoek na die moord op Meyiwa. Die konferensie vind om 12:00 in Johannesburg plaas.

Brig. Neville Malila, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê geen verdere amptelike inligting oor die saak sal voor dan uitgereik word nie.

EWN het Maandag berig dat Phiyega ʼn taakspan aangestel het om die moord te ondersoek. Die polisie het ook Maandag ʼn beloning van R150 000 aangebied vir inligting wat tot die inhegtenisneming van Meyiwa se aanvallers kan lei.

Hy is Sondagaand omstreeks 20:00 tydens ʼn vermeende huisbraak by ʼn huis in Vosloorus doodgeskiet. “Daar was sewe mense in die huis,” het die polisie op Twitter bevestig. “Twee verdagtes het die huis betree en een het buite gebly. Die drie aanvallers het ná die skietery te voet gevlug.” Geen ander persoon is tydens die skietery beseer nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Mense wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel of stuur ʼn SMS na Crime Line by 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Marius Becker ·

En daar word geen taakspan aan getsel om plaasmoorde te ondersoek nie ?!

alet ·

Waarvoor n perskonsirensie hou wat is hy beter as al die Blanke Boere wat vermoor word is ons blankes niks in hierdie Afrikaland nie

jakoos ·

Nou wat het die moord op ‘n swart sokkerspeler met Afriforum te doen? Hoekom vind hulle dit nodig om spesiale skok en medelye uit te spreek?

En waar was Afriforum se medelye vir die boer wat Woensdag naby Randfontein doodgeskiet is – en die aanrandings op Ockert Lombaard van Lydenburg en die bejaarde Hennie Maree en sy vrou wat naby Potchefstroom aangeval en gemartel is?

As Afriforum dink dat hy met die medelye vir die sokkerspeler vir swartes wil wys hoe daar ook vir hulle omgegee word, maak Afriforum ‘n krater van hulself, want hierdie mense word nie meer deur sulke goed beindruk nie – en hulle verdra nie gatkruipers nie.

Pieter Louw ·

Senzo Meyiwa is die kaptein van ons nasionale sokkerspan, natuurlik gaan daar ‘n ophef gemaak word, net soos daar ‘n ophef daarvan gemaak word as Jean de Villiers sou vermoor word. ‘n Bietjie perspektief help gewoonlik met vrae soos joune.

jakoos ·

Indien ‘n wit rugbykaptein so vermoor word, sal dit net so onvanpas wees vir Afriforum om allerlei medelye uit te spreek – tensy dit natuurlik ‘n duidelik geval van swart op wit misdaad sou wees – soos veral in plaasaanvalle voorkom.

Leeutjie ·

Weet julle, dit gaan rerig nie vir my oor ras of kleur nie. Dit gaan oor ALMAL se lewens. Kom ons los die rassekaart en he medelye met die agterblewenis! Wit of swart of wat ookal!

tso ·

jy ganie verstanie omdat j nie in di sokker industry isi van jle weet niks wat rondom sokker aan ganie so was x jy so x maar jo bek ghou ht ….. N was dt nu maybe a rugby speler dan ht jle ni so aangegaan ht ni so wats jo fout dar meer???????………… So if i was you i would’ve shut up and never make such a noise

Babs ·

Omdat Meyiwa swart is word daar ‘n perskonferensie gehou. Wat van al die blankes wat vermoor word. Daar is ander meer belangrike sake waaraan die kommissaris moet aandag skenk. Soos plaasaanvalle op onskuldige blankes.

Francois ·

Vra ek ook..hoekom noem ons nou nie maar soveel swart mense word vermoor en soveel BLANKES word vermoor nie…kom ons kry ‘n persentasie op dit!!

Retha ·

So word daar nou ophef van sy moord gemaak, maar my kollega se vader is 2 weke gelede in sy huis vermoor, dit het nie eens die koerante gehaal nie.
Waarom is ‘n sokker speler se lewe meer werd?

Babs ·

Nou skud ek net my kop. Hier stem ek nie saam. Afriforum tree toe – hoekom? Sou gedink het die kommissaris se hulp is genoeg. Hy wys mos nou aan watter kant sy is.

franklin ·

Met n moordsyfer van 17000 in 2013 teen 47 moorde per dag hierdie Regering het verlede week R143miljoen weggevat van Polisie + aan die regering se ministers + sekuriiteit bestee 1000 speurders het SAPD verlaat want hulle het 150 dossiere per persoon.

Johan ·

Wil almal wat so graag op die rassekar spring as iets soos hierdie gebeur nie tog maar kyk of hulle nie maar hulle energie eerder positief kan gebruik en eerder ‘n oplossing vir die sinnelose moorde te bewerkstellig nie. Die moorde word nie net deur wit of swart gepleeg nie maar wel deur kriminele wat nie die naam mens werd is nie.

jakoos ·

Die storie het ‘n stertjie bygekry – soos te wagte was. Dit was nie sy “vriendin” by wie hy was nie – dit was sy skelmpie! Hy was getroud! Nuwe lig op die voorval. Dalk nie gewone misdaad nie, of hoe Johan? Nes die plaasmoorde – nie gewone misdaad nie – nie met marteling en wreedaardige moorde nie, of hoe Johan?

Petrus Swanepoel ·

en wat doen jy om misdaad te beveg, of is dit ook maar net ‘n kwessie van sit op die kantlyn en gooi met klippe, of hoe jakoos.

Leeutjie ·

Jakoos. Ons woon in ‘n redelike woonbuurt en aan die een kant van ons woon Indiers en oorkant ons swartmense. Hulle is ongelooflike hulpvaardige bure. Is daar van hulle in jou plaaslike buurtwag ook? Indien wel, gaan jy hulle beskerm of ook die rassekaart gooi?

jakoos ·

O, nou speel ek die rassekaart omdat ek – en andere – beswaar maak dat belonings uitgegee word vir moord op swart sokkerspelers, maar nie op wit boere nie?

A nee a, Leeutjie, dis nie ek wat die rassekaart speel nie – dis die polisiehoof en handlangers.
Maar dis mense soos jy wat haar laat dink sy het die reg om dit te doen. Skaam jou!

Leeutjie ·

Jy het nie my vraag beantwoord nie.

Mense soos ek is vir alle rasse en moenie woorde in my mond le as ek net aan jou ‘n doodeenvoudige vraag gevra het nie. Hoe ek oor die polisiehoof en handlangers voel sal jy geensins lees dat ek enigsins geskryf het dat ek dit goedkeur nie. Nee Jakoos, ek hoef my nie te skaam nie. Ek lees die besprekings en was nie aanvallend met jou nie.

Ek het jou ‘n doodeenvoudige vraag gevra, met respek. ‘n Eenvoudige antwoord van jou af Jakoos. Sal jy jou bure wat anderskleurig is ignoreer?

Grassie ·

Dit is seker Afriforum se goeie reg om hul skok uit te spreek oor hierdie man se moord maar ek het hulle baie, baie lank laas enigiets hoor sê oor die skokkende moorde of aanvalle op blanke boere of bejaardes. Ek kan ook nie onthou of hulle ooit hul meegevoel uitgespreek het teenoor naasbestaandes van blanke slagoffers nie, soos wat hulle nou in hierdie berig gedoen het. Ek is nie Afriforum se vyand nie, ek is ‘n ingeskrewe lid, maar ek begin nou wonder presies waar hul lojaliteite lê en of ek hulle nog moet ondersteun.

charmaine ·

En hoekom die R150 000 beloning?? Hoeveel belonings is uitgereik vir al die blankes wat vermoor,verkrag of gekaap is? En wie gaan die beloning betaal?

HEVW ·

Afriforum jou onderrokkie hang uit. Wanneer blanke boere vermoor word, word daar nie naastenby so n ophef gemaak nie. Man, kom lieg vir ons en se die ophef gaan nie oor die swart persoon nie dit is omdat julle so lief is vir sokker. n Perskonferensie en n taakspan.Phiyega moet vas oortuig wees dat die rowers en moordenaars blankes is.

HEVW ·

Maroela waarom plaas julle nie my kommentaar nie. ek gee dit weer .
Afriforum jou onderrokkie hang uit. Waarom die ophef oor n swart persoon wat vermoor is. Man, kom lieg vir ons en se dit gaan nie oor die persoon nie, dit is omdat julle so lief is vir sokker. Perskonferensie, taakspan, R150,000. Piyega moet vas oortuig wees dat die rowers en moordenaars blankes is.

Francois ·

Siestog…hoe dink julle NOU eers so! Wat van al die ander wat vermoor is, insluitend my neef! En nadat sy moordernaars op ‘n uitkennings parade uitgeken is, is die saak “skielik” net laat gaan…Yeah right hoor!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.