Senzo Meyiwa-moord: Só lyk verdagtes

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Die polisie in Gauteng het identikits vrygestel van twee verdagtes in die moordsaak van Senzo Meyiwa.

Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, is Sondagaand tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet. Genl. Riah Phiyega het Maandag tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat ’n spesiale taakspan aangestel is om die moord op Meyiwa te ondersoek.

Die polisie het vroeër gesê twee verdagtes het die huis in Vosloorus binnegegaan terwyl ʼn derde verdagte buite wag gehou het. ʼn Skoot is afgevuur en Meyiwa is in die bolyf getref. Hy is na ʼn hospitaal gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

Die polisie het intussen identikits van twee van die verdagtes uitgereik. Albei verdagtes is vermoedelik in hul 20’s. Die een verdagte is vermoedelik tussen 25 en 29 jaar oud, sowat 1,68m lank en is skraal gebou. Hy het ʼn bruin baadjie met ʼn wolkraag aangehad. Hy het ook ʼn hoed met ʼn ruitpatroon aangehad en rastalokke wat onder die hoed uitgehang het. Die verdagte het glo eerste die huis binnegegaan. Hy het selfone en geld geëis en was met ʼn rewolwer gewapen. Hy was glo baie aggressief.

10644810_975741145786161_3345442878112779505_n

Die tweede verdagte is vermoedelik 25 jaar oud, 1,8m lank en is skraal gebou. Hy het ʼn baadjie met ʼn kappie aangehad. Hy het ook rastalokke. Die verdagte het vermoedelik buite die huis wag gehou.

10431574_975741229119486_5820529742665661729_n

ʼn Beloning van tot R250 000 is uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van die oortreders. Enigiemand met inligting kan Crime Stop skakel by 08600 10111 of ʼn SMS stuur aan Crime Lime by 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Deur wie is Senzo geskiet???
Wie is hierdie jong mannetjies van in hul 20’s???
Antwoord ======= ANC
Jul koester mos misdaad, kyk wat word van jul kinders. Hul word rowers en misdadegers.
Want hul wil ook in weelde leef soos “Nkandla”

Anon ·

Dis nou net jammer hulle skop nie so n bohaai op as die blankes vermoor word nie. Daar word nie n beloning van R250 000.00 uitgeloof nie. Ja dit is sad, maar wat van blankes wat elke liewe dag uitgemoor word? Daar word nie n bohaai op geskop nie. Nee regtig ons swart regering is rassisties en ons blankes is al keelvol vir al die hierdie dinge. Ek lees vandag al die berigte, en besef net weereens, ons ou volkie het nie meer n kans nie. Ons gesin trek een van die dae, en wens eerder ek kon se ons trek land uit, maar ongelukkig trek ons net na n ander dorp toe. Nerens is ons veilig nie. Dit help nie ons se ons volkie moet saam staan nie, want aan die anderkant is ons nie so opgevoed nie en ons sal nooit saam staan nie want ons ou volkie het te veel respek.

SNEL ·

Ja, vir wat kry hy voorkeur deur n beloning uit te loof vir sy moordenaars? Wie betaal die belonging, waar kom die geld vandaan? Dis nonsies daai, die polisie moet net hulle werk doen, wat van al die ander moorde, geen mens is belangriker as n ander een nie. Watse beeld dra dit uit, n hengse beloning vir een se moord, maar n ander plaasboer se moordenaar kan maar vrygelaat word. Dubbel standaarde, hoe bou mens n land met sulke sienings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.