Senzo-twiet veroorsaak opskudding

Gareth Cliff

Gareth Cliff

Die radiopersoonlikheid Gareth Cliff het Twitter steeds behoorlik aan die gons oor ʼn twiet waarin hy gevra het wie vir Senzo Meyiwa se begrafnisdiens betaal het.

Cliff het getwiet:

Who’s paying for this massive funeral for #SenzoMeyiwa?

Sy twiet het baie gebruikers woedend gemaak en hy is onder meer daarvan beskuldig dat hy onsensitief en ʼn rassis is. Ander gebruikers was egter van mening dat Cliff die reg het om dit te vra, aangesien die belastingbetaler waarskynlik daarvoor betaal het.

Cliff se twiet het ook reaksie gelok van Fikile Mbalula, minister van sport, wat getwiet het:

It was an official funeral,official funerals are payed for by the state. Question that if you want y compare Senzo to Messi silly staff.

Mbalula het ook getwiet:

Who payed for Verwoerd funeral?And who payed for PWBotha’s funeral?It is the state did they deserve it we never asked bcos we respect the DD

Volgens Mbalula was Meyiwo se begrafnis ʼn semi-staatsbegrafnis. Hy het gesê enige provinsie kan versoek en motiveer hoekom “hulle helde semi-staatsbegrafnisse moet ontvang”.

Cliff het ʼn inskrywing op sy webtuiste gemaak na aanleiding van die reaksie wat sy twiet uitgelok het. “Senzo Meyiwa is net meer as ʼn week gelede onder tragiese omstandighede dood. Die omstandighede rakende sy dood was nie vir my ʼn kwessie nie: Misdaad diskrimineer nie en ons het ʼn talentvolle ster verloor. Toe ek die televisie Saterdag aangeskakel het, het ek die buitengewone (want dit was nie gewoon nie) begrafnis gesien met polisiebeamptes wat marsjeer, ministers wat toesprake maak, vlae, baniere, kos en ʼn gesing en dans in die stadion.”

Volgens Cliff het hy nie ʼn probleem hiermee nie, maar hy kan onthou dat sulke begrafnisse slegs vir politici beskore was. Volgens hom was dit ʼn goeie vraag om te vra en een wat ons almal moet vra, veral omdat politici “lief daarvoor is om die hoofpawiljoen as ʼn seepkis te gebruik om emosionele mense te manipuleer”.

“Ek gee nie om as ons vir Senzo se begrafnis betaal het nie, maar ek gee om dat ek die slegte ou is omdat ek die vraag gevra het. Ek gee baie om. Ek is elke soort vulgêre ding genoem deur ‘n horde van mense wat die minste welsprekend is, woedendste is, plunderende kranksinniges wat ek nie ken nie en wat ook nie almal vir Senzo kon geken het nie,” het Cliff geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Marlin ·

Senzo was nie ‘n staatsman nie en verdien nie die opheweling wat daar aan hom gegee is nie. Wat van onskuldige mense wat ook daagliks doodgeskiet word? Net omdat ons nie sport sterre is nie, is ons lewens net so belangrik ongeag van ras of kleur. Gaan hulle vir Joost ook ‘n semi staat begrafnis geen as hy die dag sy kop neerle of enige ander speler? Hy het tenminste groot hoogtes in sport bereik.

VRA NET ·

Hy het die reg om dit te vra? Baie wil weet! Verwoerd en Botha was staatsmanne en nie sportsterre nie! Wha, word wakker!!!!!

Wil weet ·

Gareth, daar is baie wat ook daardie vraag gevra het! Botha en Verwoerd was staatmanne, nie sportmanne nie!!. Kan nie onthou of Burry Stander, onder andere, so n begrafnis gehad het nie?

pop ·

En wat van Corrie Stander???? Die belaglikhede in die land hou nie op nie. Daardie selfde dag wat Senzo vermoor is is 28 waarvan net ek kennis dra ook vermoor. Een lewe is nie verhewe bo n ander nie. So die staat moet nou maar n begroting uitwerk vir begrafnisse sodat elkeen in ons land wat sterf begrawe kan word deur hulle.

mariska ·

Comparing apples with pears….being in the posision as the minister of sport, one would think that he would make a more eloquent comparison using common sense rather than his power to make a point.

My common sense would make me compare Nelson Mandela to Verwoerd and PW Botha. And Hansie Cronje to Senzo Meyiwa!!

Common Sense!!!

And when comparing apples with apples the minister would be enlightened to find that no one asked any questions with regards to the millions of rands spent on Nelson Mandela’s funural…he would also find that no one paid for Hansie Cronje’s funural, even though they only had the best things to say about him after his death!

Apples and Pears mr minister……Apples and Pears….

Lize ·

Ons eie politici is ook maar verdomp stupid, kan nie onderskei tussen sport en politici nie, al waarin die idioot hom staan en vas staar het is dat Vervoerd wit was en die stomme Zenzo swart…….nie een van hulle het vir Hansie, Corrie, Burry ‘n sent gegee om on die grond te kom nie, maak nie saak hoe groot die ambassadeurs was nie!!!!!!

CAV ·

Ek dink Gareth en Steve moet bietjie saam sit. Ek is bly om te sien bekendes hou by hulle standpunte

rienie ·

Jobson en so was daar baie voor hom, wat dit ook verdien het, maar die belasting betalers se geld is nie daarvoor gebruik nie. Maar ek glo daar is nou deure oopgemaak vir diesulke sport sterre vorentoe. Of dit nou wit, swart of pink is. Die wit, swart en apartheid is nou al so hol gery. Wil hul nie uitkom met meer aanvaarbare troefkaart nie. Dankie Gareth, iemand moet die vrae vra.

charmaine ·

My vorige kommentaar is nie geplaas nie, want my vraag was as hulle nie van ons hou nie hoekom wil hulle soos ons lyk? lang hare, french manicures,rooi lippe, baie hoe hakke,ons werk,slap karre,dasse, pakke klere.
Maar dan is ons rassisties op n dood gewone oop en eerlike vraag? skuldig gewete!!

Lisa ·

Asb. tog Mbalula bou’n brug dan kom jy oor hom okay???
Soos die mense sê jy kan nie ‘n staatsman met ‘n SOCCER man vergelyk nie hoor…..!!!!!!

Owhhhh nee wat!!! Tyd om groot te word hoor Mbalula…!!!!!!

JB ·

Ons grondwet praat pertinent van gelykheid. Gelykheid as landsburger, gelykheid voor die reg ens. Nou is my vraag: hoekom is sommige mense meer gelyk as ander? Hoekom moet ek die spoedgrens eerbiedig, anders staar ek boetes en selfs arrestasie in die gesig. Maar Meneer/Mevrou Burgermeester of lede van die parelement mag in blou-lig konvooie teen 180km/h jaag, onder begeleiding van die Metro Polisie??!. Nou word elke tweede “comrade” as ‘n “struggle”-held beskou en word die 6 gang maaltye en massiewe en uitspattige bagrafnisse op die belastingbetaler se geld gehou! Dis een ding om mense te bedrieg, maar om dit te doen en jouself nog dom te hou as jy uitgevang/bevraagteken word, is pleinweg krimineel en skokkend. As ek vra waar my belasting geld voor aangewend word, maak dit my nie ‘n rassis nie Mr Mbalula, ek is ‘n landsburger in die bitter klein minderheid wat wel belasting betaal wat deur die oorgrote van jou meerderheid misbruik word vir eie gewin, luukshede en pret en plesier. Absoluut skokkend.

Theresa ·

Het ek ook oopmond gewonder – van waar die vreeslike Staatsbegrafnis. Intussen word daar niks aan al die misdaad in ons land gedoen nie. Onskuldige mense loop elke dag deur en word daar nogsteeds elke dag ‘n boer vermoor.

frikkie botes ·

Onthou nou wanneer Bakkies Botha of enige Springbok speler sterf moet ANC regering betaal daarvoor, dan is hulle mos nie rassisties nie. Die ANC moet eintlik vir elke boere moord ook betaal want hulle is regstreeks daarvoor verantwoordelik omrede hulle die boere ontwapen het deur kommandos af te stel

Elka ·

Jy het die reg om vrae te vra Gareth! Daardie sportman was immers nie ons staatshoof nie! Of dink Fakile Dr Verwoerd en PW Botha was sportsterre?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.