Sepie-akteur in hospitaal ná motorongeluk

Die ongelukstoneel op die N14 naby Diepsloot op 14 Februarie 2016 Foto: ER24

Die ongelukstoneel op die N14 naby Diepsloot op 14 Februarie 2016 Foto: ER24

ʼn Bekende sepie-akteur is in die Milpark-hospitaal opgeneem ná ʼn ongeluk op die N14 naby Diepsloot, in die noorde van Johannesburg, waartydens twee mans gesterf het.

Rapulana Seiphemo, beter bekend as Tau Mogale in die gewilde Generations-sepie, se woordvoerder, Gaaratwe Mokhethi, het bevestig Seiphemo is in die ongeluk beseer.

Volgens paramedici het die twee motors mekaar Sondagaand reg van voor getref. “Daar was drie persone in elke motor. Twee persone, een in elke motor, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Vier persone is in die ongeluk beseer, waarvan twee persone kritieke beserings opgedoen het.”

Die twee persone wat kritieke beserings opgedoen het, is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die ander twee persone wat beseer is, is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Mokhethi het gesê hulle wil graag ruimte aan die familie bied om die trauma te verwerk. “Rapulana is ʼn vegter. Hy sal dit definitief maak.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
DPJ

Bog ‘n kop aan kop botsing.
Een van die bestuurder moet tog skuldig wees.

Wat-ek-lees

Reg van voor-, kop teen kop-, trompop-botsings is so algemeen dat ‘n nuwe verkeersregulasie ingebring kan word nl.: “Wanneer daar teen aankomende verkeer verbygesteek word moet die oortreder verder regs uitswaai om sodoende ‘n ongeluk te vermy. Dit moet gedoen word sonder in agneming van eie persoonlike skade veroorsaak deur bome, mure, slote, afgronde, walle ens. want dié gedeelte van die pad se baan behoort aan die aankomende voertuig wat net moet rem en sy reg behou op daardie gedeelte van die pad.” Dit raak nou al só astrant dat daar vir jou ligte geflits word om aan re dui… Lees meer »

DPJ

Vir wat ek lees moet ek sê N14 is ‘n dubbel pad.

Ken

Hoe op dees aarde kan daar ‘n kop-aan-kop botsing wees?? Die N14 het beide kante ‘n dubbelbaan met ‘n massiewe middelman wat die bane skei…. Al hoe dit kon gebeur is as daar baie spoed en baie drank betrokke was!! Om op daai stuk van die N14 so te verongeluk moes een van daai twee karre groot opgemors het.

Elizabeth

Was laasweek amper self in kop aan kop bitsing betrokke. Het my huishulp gaan aflaai en toe ek ry kom hierdie swart man van voor in ‘n eenrigting straat wat in my guns is. Hy woon seker in die omgewing en was te lui om die regte pad te ry. My geluk ek kon betyds stop!