Sepie-akteur in hospitaal ná motorongeluk

Die ongelukstoneel op die N14 naby Diepsloot op 14 Februarie 2016 Foto: ER24

Die ongelukstoneel op die N14 naby Diepsloot op 14 Februarie 2016 Foto: ER24

ʼn Bekende sepie-akteur is in die Milpark-hospitaal opgeneem ná ʼn ongeluk op die N14 naby Diepsloot, in die noorde van Johannesburg, waartydens twee mans gesterf het.

Rapulana Seiphemo, beter bekend as Tau Mogale in die gewilde Generations-sepie, se woordvoerder, Gaaratwe Mokhethi, het bevestig Seiphemo is in die ongeluk beseer.

Volgens paramedici het die twee motors mekaar Sondagaand reg van voor getref. “Daar was drie persone in elke motor. Twee persone, een in elke motor, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Vier persone is in die ongeluk beseer, waarvan twee persone kritieke beserings opgedoen het.”

Die twee persone wat kritieke beserings opgedoen het, is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die ander twee persone wat beseer is, is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Mokhethi het gesê hulle wil graag ruimte aan die familie bied om die trauma te verwerk. “Rapulana is ʼn vegter. Hy sal dit definitief maak.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

DPJ ·

Bog ‘n kop aan kop botsing.
Een van die bestuurder moet tog skuldig wees.

Wat-ek-lees ·

Reg van voor-, kop teen kop-, trompop-botsings is so algemeen dat ‘n nuwe verkeersregulasie ingebring kan word nl.: “Wanneer daar teen aankomende verkeer verbygesteek word moet die oortreder verder regs uitswaai om sodoende ‘n ongeluk te vermy. Dit moet gedoen word sonder in agneming van eie persoonlike skade veroorsaak deur bome, mure, slote, afgronde, walle ens. want dié gedeelte van die pad se baan behoort aan die aankomende voertuig wat net moet rem en sy reg behou op daardie gedeelte van die pad.”
Dit raak nou al só astrant dat daar vir jou ligte geflits word om aan re dui dat die padvark besig is om sy ‘regte’ uit te oefen en basta met jou wat aankom.

MM ·

Die N14 is die Krugerdorp snelweg en dis ‘n dubbel pad. Ek ry die pad elke oggend Roodepoort toe en die wit voertuig het nog steeds vanoggend langs die pad in die veld gele.
Dis omdat spoed geen perke het op die N14 nie!

Wil net weet ·

Ek verwys na die ongeluk op die N14 snelweg die 14de Februarie 2016.Waarin mense oorlede is!Hoe kan die storie nou in n hijacking verander?As daarin die Move tydskrif gese is die mense van die wit audi a4 was vroer die dag in n kuierplek waar hul ge eet en gekuier het en toe n vriend by sy huis gaan af laai het!En toe word hul gehijack!Kom mense gee jul menning asb.

Ken ·

Hoe op dees aarde kan daar ‘n kop-aan-kop botsing wees?? Die N14 het beide kante ‘n dubbelbaan met ‘n massiewe middelman wat die bane skei…. Al hoe dit kon gebeur is as daar baie spoed en baie drank betrokke was!! Om op daai stuk van die N14 so te verongeluk moes een van daai twee karre groot opgemors het.

Renel ·

Die ongeluk op die N14 was volgens my geen kop aan kop botsing nie!Die n 14 is vir almal 2 bane.Die wat van krugersdorp af kom en die wat van die anderkant af kom.En as dit n kop aan kop botsing was sou die wit kar in die veld voor erger gelyk het!So al wat ek kan dink drank en spoed.Mense onthou drank en n stuurwiel gaan nie saam nie!Neem ander pad verbruiker ook in ag.

wonder Maar net ·

N sepie ster wat in hospitaal beland haal die koerant!Maar nou wat van die mense wat sterf en geliefdes na laat?Maar die is iets wat my pla!N pappa wat sterf in n motor ongeluk en sy 3jarige oue seuntjie agter laat!Daai kind hoor pappa is by oupa en oom Riaan en oom jerry by liewe Jesus.Hul bou huissies saam met die engeltjies vir wanneer Jesus,ons kom haal.Rus in vrede Jerry en Donovan jul plekke is leeg jul stemme is stil maar in ons harte leef jul voort

Renel ·

Dis nou al n maand!My,skoonseun Donovan van Zyl is in die ongeluk oorlede!Die 16de Februarie is my ander seun Jerry Coertze in jhb gen oorlede!Ek het nog niks van SAP gehoor nie!Wat gaan nou in die storie gebeer?Gaan die storie doodloop soos met seun Riaan Roets en sy dogtertjie van Brakpan!

Elizabeth ·

Was laasweek amper self in kop aan kop bitsing betrokke. Het my huishulp gaan aflaai en toe ek ry kom hierdie swart man van voor in ‘n eenrigting straat wat in my guns is. Hy woon seker in die omgewing en was te lui om die regte pad te ry. My geluk ek kon betyds stop!

Lynette ·

Ek het Sondagmiddag daardie pad gery en daar is padwerke op n gedeelte van albei kante maar vir die lewe in my kan ek nie sien hoe n kop aan kop botsing kon plaasvind nie. Daar is n hengse stuk grond tussen die twee paaie in die verskillende rigtings!

Wat-ek-lees ·

Hierdie is dieselfde ongeluk waar daar vroeër van melding gemaak is op MM waar dit gebeur het naby die R55-afrit, Centurion. “Naby die R55-afrit” spreek boekdele oor wat moontlik hier kon gebeur het en dit is dat die afrit deur een van die voertuie gebruik is as ‘n oprit en sodoende aan die verkeerde kant van die snelweg beland het in die rigting van aankomende verkeer. Die ongeluk het in die nag gebeur wat ook ‘n bykomende faktor kon wees. Volgens my meting op Google Earth is die twee teenoorgestelde rigtings van die snelweg geskei met ‘n eiland van ongeveer 30m wat ook kan bydra dat jy dink jy is op ‘n enkelpad met gewone tweerigtingverkeer. Natuurlik kan die gebrek aan toepaslike verkeerstekens ook maak dat jy verkeerd ry: Nou waarom sê ek so? Gaan kyk by Vanderbijlpark waar jy uit Ravel-/Beethovenstr’e maklik aan die verkeerde kant van die R57 in die rigting van Sasolburg kan beland a.g.v. ‘n gebrek aan geen GEENtoegangstekens al vir jare by die oprit vanaf Sasolburg.

MM ·

Hulle naby en wat ek sien is 2 verskillende naby. Die ongeluk het omtrent 4 km van die diepsloot ( R55 ) gebeur rigting diepsloot, en die N14 is dag en nag besig. Ek dink een van die voertuie het beheer verloor en oor die eiland beweeg en toe die voertuig getref. Die wit voertuig le nog net so in die veld. Ek kan jou veseker dit is nie “naby die R55” afrit nie. Daar was gistermiddag teen 18:30 mense by die wrak gewees.

christelle ·

Dis my nefie en sy stief-familie wat in die ander kar was…. My nefie was opgeneem in hospitaal met erg kop beserings en is vanoggend 5 uur oorlede. Sy pa en stiefma het met die sap gepraat oor die ongeluk en hulle het gese dat dit toe nie kop-aan-kop botsing was nie. Die kar met sepie ster in het teen 180km per uur gery in die ‘slow lane’ en my nefie se kar getref van agter af. So nou weet ons watse kar die ongeluk veroorsaak het. Punt.

Ken ·

Baie jammer Christelle. Het vanoggend daar verbygery en kon duidelik die remmerke in die pad sien. Mens kan duidelik sien die merke volg mekaar op ‘n stadium menend dat die een kar agter die ander vesgery het…. En ja, die skade aan die voertuie wys duidelik dat baie hoe spoed betrokke was – en laat ek raai – drank ook. Gewoonlik die onskuldiges wat omkom in die soort ongelukke. En dan ry die ou nog in die “slow lane” ook…. Pateties….. Reels geld nie meer op SA se paaie nie.

christelle ·

Dankie ken, ons familie sit almal met seer harte omdat ons 2 wonderlike jong mense verloor het agv ander se nalatige aksies. Ons is gebreek. Almal worry so baie oor die akteur wat in hospitaal is, maar hulle vergeet van die familie van onskuldiges. Dit was so onnodige ongeluk, ons is almal hartseer en gebroke.

Ken ·

Dis wat my die kwaadste maak van ons land, Christelle. So baie mense wat ons verloor agv die nalatige aksies van ander. Dink ek nou aan die 19 jarige motorfietsryer wat verlede week in Centurion deur die bus omgery is. Onnodig. Baie sterkte vir julle. En jammer om te se ek voel niks vir die “sepiester” nie. Genoeg gehad van mense wat reels verbreek in die land…….

E.K. ·

Hoekom is die sepiester se hospitalisasie belangrik? Baie mense beland gereeld in hospitale weens ongelukke en dit haal nie die nuus nie. Wat eerder die nuus moes haal in hierdie geval is wat Christelle van skryf. Hoop Maroela stel ondersoek in

christelle ·

Ek voel baie jammer vir almal wat seer gekry het in die ongeluk, maar hoekom is die sepie ster se toestand topnuus??? Ek weet nie wie in hul kar bestuur het nie, maar hulle was verkeerd en het 3 mense se lewe gekos. Hoop hulle kan met hulself saam leef as hul dit oorleef.

susan ·

R.I.V boeta!!!!! Donnie jy was n goeie Pa,Man, Vriend en Boetie altyd ander eerste gestel ons gaan jou geweldig mis…..jy het n stap voor ons gevat….lief jou….tata tot ons weer ontmoet!!!!!!:(

christelle ·

So jammer vir julle verlies susan!! Die wereld gaan net nie dieselfde wees sonder donovan en jerry nie!! Ek bid vir julle deur hierdie moeilike tyd.

anon ·

soos ek verstaan was dit om di nuus dat die sepi ster oorlede is

vic ·

Spoed maak dood! Nou is oupas oumas veral pappas mammas sussies en ‘n kind en dan nefies ooms en tannies sprakeloos hartseer oor iemand wat reken spoed is nie gevaarlik nie! Hopelik sal die ware toedrag van sake na vore kom. RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.