Sepiester Ramey Short in ongeluk 

Ramey Short se voertuig ná die ongeluk. Foto: Facebook

Ramey Short se voertuig ná die ongeluk. Foto: Facebook

Die akteur Ramey Short, wat bekendheid verwerf het vir sy rol as dr. Quinton Meyer in die sepie Binnelanders, het Woensdag in die vroeë oggendure ʼn noue ontkoming gehad toe hy in die Paarl, Wes-Kaap ʼn trop perde getref het.

Short het later op sy Facebook-blad geskryf hy was op pad huis toe, toe die ongeluk plaasgevind het. “Dit was donker. Die polisie het ʼn trop perde probeer verjaag wat in die aankomende verkeer se kant van die pad gestaan het,” het hy geskryf. “ʼn Trop perde het van my regterkant af voor my motor ingehardloop en ek het vier doodgery.”

Short het gesê die ongeluk kon baie erger gewees het en die perde het, gelukkig vir hom, bo-oor sy motor gegaan en nie deur die voorruit gekom nie.

Hy is vol lof vir die Paarl-polisie wat hom ná die ongeluk bygestaan het.

Ramey Short. Foto: Facebook

Ramey Short. Foto: Facebook

“Ek het gelukkig niks oorgekom nie. Dit is genade van die groot Man daar bo. Die lewe is kort, so maak reg wat verkeerd is en laat weet jou geliefdes en vriende jy is lief vir hulle,” het hy bygevoeg.

Short het almal bedank vir hul boodskappe van bemoediging en ondersteuning.

Kapt. Louise du Plessis, polisiewoordvoerder, het die ongeluk aan Maroela Media bevestig. “Die ongeluk het omstreeks 01:00 op die R44 in die rigting van Wellington plaasgevind,” het Du Plessis gesê. “ʼn Trop van ongeveer sewe perde het op die pad galop. Die perde het voor die bestuurder van ʼn swart BMW X5 in beweeg. Hy het probeer om die perde te vermy, maar het die trop getref en daarna teen ʼn heining gebots.”

Sy het gesê die bestuurder is ongedeerd en niemand anders is tydens die voorval beseer nie. “Dit is in die stadium nog nie bekend aan wie die perde behoort, of hoe hulle in die pad beland het nie. Die polisie ondersoek geen kriminele saak nie,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nina ·

Lees mooi! Hy sê tog duidelik die GROOT MAN het sy lewe gespaar.JOU diere hoort op hok, in ‘n erf. Idioot. En hoe kleinlik kan jy wees? Foeitog. Baie vervelige lewe, nè?

Jaco ·

Ek stem Tiaan. Jy het duidelik n nerve gestrike met die klomp binnelander aanhanger tannies. Ek neem aan julle verwys alweer na die onregverdige ou wat op die wit wolkie bly wat almal se lot besluit…wat n joke!

Iris ·

Tiaan waar was jy toe Jou perde in die straat was? Hoekom is hulle nie op jou erf gewees nie? Het jy ooit gaan kyk of jou diere reg toe is vir die nag? Al daai vrae tel Tiaan. Iemand KON dood gewees het oor Jou perde wat rondgeloop het in die pad, maar Dank God erder dat niemand dood of erenstig seer gekry het nie. Sjoe jy dink net aan jouself lyk dit my Tiaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.