Septisemie eis bekende akteur

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Bekende akteur, vervaardiger en regisseur Christo Gerlach is vroeg vanoggend aan septisemie oorlede nadat hy ʼn mantelvliesbreuk-operasie ondergaan het. Gerlach (57) is sowat drie weke gelede in ʼn hospitaal in eMalahleni (Witbank), Mpumalanga, opgeneem nadat hy glo ʼn hartaanval gehad het.

Hy was bekend vir sy rolle in Transkaroo, Vyfster, Sterretjie en Skooldae. Hy was ook die vervaardiger van televisiereekse soos Idols, Glitterati en Tonge Los.

Gerlach het in 2012 ʼn boek, Agter die skerms, gepubliseer – ’n ware verhaal wat die skokkende werklikheid van die vermaaklikheidsbedryf onthul. In hierdie boek was hy ook baie eerlik oor sy kokaïen-verslawing.

Verskeie mense het op die Facebookblad Vriende van Christo Gerlach hul medelye betoon. “Rus in vrede, liewe Christo!! Innige simpatie aan familie en vriende! Jesus het een van sy mooiste rose kom pluk!! Nou is jy pynvry en in die heel mooiste plek waar ons almal hoop om ook eendag te wees.”

Dié blad het vanoggend gevra dat sy familie se privaatheid gerespekteer moet word: “Ons liewe vriend het gaan rus. Respekteer asb sy familie en naaste in hierdie ongelooflike seer tyd. Mag ek vra dat ons sal wag met oproepe totdat sy familie uitreik en die ergste seer en skok verwerk. Christo – ons was en is almal lief vir jou. Rus sag, my vriend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

petra van vuuren ·

Ek het Christo persoonlik geken. Ek sal hom verseker baie mis.

lenie du venage ·

As ek mag vra wat se rol het hy is Vyfster gespeel. Ek kan hom nie plaas nie…. RIP

Leeutjie ·

Lenie, ek kon hom ook nie plaas nie tot ek gisteraand op nuus ‘n uittreksel gesien het uit ‘n storie waarin hy gespeel het. ‘n Pragtige mens….so jammer dat hy gesterf het!

Colene ·

So jammer om dit te hoor! My ma op 56 ook aan septisemie oorlede na ‘n mantelvliesbreuk-operasie! Dit is so onnodig! Alle simpatie met die familie

Elfie ·

Sterkte aan die familie, hy sal onthou word as ‘n besonderse mens

Ansie Geldenhuys ·

Bitter jammer en vrede en berusting vir Gerlach se familie. setisemie is vir my onbekend, maar is skrikwekkend. Houvas aan die hand van Bo!

Retha ·

Nie eerste persoon wat ek van hoor wat sterf van die operasie nie. Wat is dit so gevaarlik? Baie sterkte aan familie. Mens is nie eers ‘siek’ voor die operasie nie en dan skielik weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.