Serebraal gestremde 8-jarige sterf

Liane Jacobs (Foto: Verskaf)

Liané Jacobs, die serebraal gestremde agtjarige dogtertjie van Klerksdorp, Noordwes, wat aan nierversaking gely het, is Dinsdag oorlede.

Corrie Jacobs, Liané se ma, het die tragiese nuus aan Maroela Media bevestig. Die ouerpaar het egter nie kans gesien om in hierdie stadium oor haar dood te praat nie.

Liané is met geen anus, geen tragea, een nier, ’n vernoude slukderm en skoliose gebore.

Ondanks Liané se talle abnormaliteite het die gesin se pad met hul blondekop dogtertjie egter eers in November verlede jaar werklik ’n opdraande stryd geword toe Liané ewe skielik begin siek voel het waarna hulle ontdek het dat haar nier besig is om in te gee.

Sy moes noodgedwonge dialise ontvang en ’n onderwyseres het aangebied om Liané op haar mediese fonds te sit. Die behandeling kon egter nie gedek word nie aangesien sy in haar eerste jaar by die mediese fonds is en dekking nié gedurende hierdie tydperk toegestaan word nie.

Liané is einde verlede jaar in ’n staatshospitaal opgeneem vir dialise. Dit was in dié hospitaal waar sy een aand nie asem kon kry nie en vir ’n ruk lank sonder suurstof was voordat dokters by haar uitgekom het. Liané is daarna ook serebraal gestrem gelaat.

Kort daarna het Liané inwendige bloeding opgedoen en dokters moes spook om ’n plek aan haar lyf te kry waar die dialise sal werk as gevolg van bloedklonte, het Danie Jacobs, Liané se pa, toe gesê.

Maroela Media het daarna berig dat Liané se tyd begin uitloop het weens haar gestremdheid en omdat dié soort pasiënte glo nié dialise in ʼn staatshospitaal mag ontvang nie. Haar ouers het gevolglik begin om geld in te samel sodat sy in ʼn private hospitaal opneem kan word waar sy wel dialise mag ontvang.

Op Maroela Media se vraag destyds oor wat sy wens vir sy dogtertjie is, het ’n emosionele Danie geantwoord: “Ek weet die Here het ’n plan en ’n doel hiermee. Ek bid nié dat alles doodnormaal moet wees nie, maar ek bid vir die moed en geduld om dit vir haar so gemaklik as moontlik te maak. Ek wil haar net so graag nie verloor nie.”

Lees alle berigte oor Liané op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hannah ·

My hart gaan so uit na julle as ouers. Mag die HERE vir julle onmeetbare vrede gee na alles. Julle het so ‘n moeilike pad gestap. Voorspoed, seën, goedheid & guns vir julle. xx

TRACY ·

Se tog ek verstaan verkeerd >>>>sy is serebraal verlam gelaat deur hospitaal se nalatigheid…… dan gee hulle ni dialise nie weens sy serebraal verlam is …
oooo Here help ons volk ….. wees U ons genadig …. laat U wil geskied….
Vrede vir die ouers …
Amen

Sandy ·

Amen, want dis al Persoon wat hierdie mal wereld, waar niemand omgee vir mekaar, en waar geregtigheid nooit geskied nie, en wat nie verantwoording neem vir hulle aksies, kan help. Here, hou asseblief U hand oor die gesin wat hulle ou dogtertjie verloor het deur nalatigheid. Laat U wil geskied.

Donderstorm ·

Daars baie nalatigheid in hospitale maar hul kom niks oor nie hoe baie mense sterf deesdae van ” komplikasies” in hospitale en infeksies as mens hoor doen mense infeksies op hospitale moet meer verantwoordelikheid aanvaar.

TN ·

Skryf ook bietjie oor die honderde duisende wat gered word deur mense wat feitlik deurentyd oorwerk is en wie se werk verder bemoeilik word deur massas wat op die ANC se soustrein aangestel word maar daar is glo nie geld om noodsaaklike poste te vul nie !

Zettie ·

Goeie genade………ek weet nie wat om te sê nie…….alle sterkte aan die ouers en geliefdes. Nes ek dink ek het als gehoor dan gebeur so iets soos dié???? ♥

Lizelda ·

Dankie TN, ek stem saam met jou. My seun was kritiek in Steve Bhiko nadat n spinnekop hom gebyt het, hierdie mense het so goed na hom gekyk ten spyte van hulle dubbel skofte en min personeel. Hulle het my seun se lewe gered en vra jy vandag al het ons medies sal hy se hy sal WEER Steve Bhiko toe gaan. My pa was ook daar en het daar gesterf maar hulle het hom so gemaklik moontlik gehou en hom werklik met my liefde en omgee versorg. Carte Blanche het n episode oor dokters in staatshospitale gehad en die ure en omstandighede waaronder hulle werk is werklik onmenlik, maar nog doen hulle dit. Staatshospitale is nie net sleg nie. BAIE STERKTE AAN DIE FAMILIE EN OUERS VD KLEIN MENSIE.

Cornelius ·

Dit is vir my so hartseer, ek het ook ń serebraal gesê dogtertjie. Finansies is jou nommer een stryd, as mense hulle harte oop gemaak het, kon hierdie dalk baie anders uitgedraai het. As jy nie bereid is om ouers se fondsinsamelings te ondersteun nie moet eerder niks sleg sê oor staats hospitale nie, want jy kan ń verskil maak. Selfs R10 kan ń verskil maak.

Angry ·

I did not want so say anything about this, but I am so angry…To all these directors of these medical aids and Hospitals, for you, I hope there is a God you will have to answer to.

Skroef ·

Even if you do have medical aid, med insurance, gap cover, very little gets done and everything comes with a hell of a levy. But miv/aids sufferers gets everything, even night diapers and vitamins with absolutely no levy, shortfall or short payment. Not even on the lowest option.

Helena. ·

Die dood is so finaal. Ons bid vir die ouers wat n kindjie verloor het..daars altyd plek in die hemel vir nog n engeltjie en ek glo in my hart, dis waar sy is. God seën julle.?

GM ·

Dis vir my altyd so hartseer as kinders behandeling geweier word net omdat hul ouers dit nie kan bekostig nie. Dis belaglik. Die staatshospitaal moes opgedok het vir haar kostes na hul nalatigheid.
Daar is party wat opkom vir staatshospitale – Daar is wel ‘n paar wat wil werk. Daar is ‘n paar wat hul werk goed doen, maar die meerderheid sit op hul boude en klets, en is so ongeskik as hulle ‘n pasiënt moet help. Min doen die werk uit omgee uit.

Elvira ·

Sterkte. Mag julle vertroosting vind in hierdie baie moeilike tyd.

Skroef ·

Jammer om dit te sê, maar dis weer n geval van DEMOGRAFIESE AANSTELLINGS.
Alle simpatie aan die ouers en almal wat lief was vir haar. Rus in vrede dapper vegtertjie.

Diefie ·

Mag die Vader julle saggies en teer in Sy hand van liefde en vertroosting hou.

Db ·

Ek het my kinders laat belowe die dag as ek nie meer ‘n medies het nie moet ek by my huis sterf maar net nie in ‘n staatshospitaal nie. Ek sal uitkruip as ek moet want in daardie hole is jy verseker om dood te gaan van iets anders as waarvoor jy daar in is. Hulle wat daar werk is die ongeskikste ongemanierde wesens wat op twee bene rondloop. Eet al die kos op en is geen beddegoed beskikbaar want dit is by hulle huise. Het in die beroep ingegaan oor die vergrype wat gedoen kan word en weet hulle sal niks oorkom nie. Die grootste geluk wat jou kan tref is om Aids te kry sodat alle behandeling verniet deur die staat geborg kan word.

Elize van Rooyen ·

Ek kyk na haar vernielde handjie met al die merke van die naalde en ek besef sy is op ‘n baie beter plek as ons almal. Sy het nou rus en vrede.
Sterkte aan die ouers.

Liz

Foxi ·

Wat ek so graag wil sê MAG EK NIE. Maar ek kan net vir die ouers sê my innige simpatie.

Naamloos ·

Jy het jou engel vlerkies verdien, soveel seer en stryd. Rus sag liewe kindjie Jesus sal nou na jou kyk tot in alle ewigheid. My innige simpatie met haar ouers en geliefdes.

Riëtte ·

Rus in Vrede Kleinding, baie sterkte aan die ouers mag God julle styf vashou in hierdie hartseer tyd.

Jax ·

Sterkte aan haar ouers en familie! Dit is vreeslik hard om n kind aan die dood te moet afstaan. Rus in vrede poplap!
Die volgende is aan mediese fondse: julle is die een so gulsig en treurig soos die ander een! Jy betaal jou dinges af aan mediese fondse maar dan dek hulle die absolute minimum! Julle is n skande vir mensdom!
Dit is nie die eerste geval wat ek van weet wat n kind toegevoeg word tot n mediese fonds en dan sluit die fonds die kind uit vir 12 maande! Flippen groot skande! Hoe slaap daai mense snags? Ek sou nie n oog kon toemaak nie.
Skokkend! Ongelooflik skokkend! Dis mense se lewens waarmee julle speel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.